daboekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Padkaart na vryheid 2

______________________________________________________________________

Dan Roodt

Twee tipiese reaksies sodra mens 'n oplossing vir ons politieke probleem noem, is die besware van onderskeidelik Coenie K. en C.R. de Wet:

 

1. Afrikaners is apatiese verbruikers wat soos die Commercial Farmers Union van Zimbabwe die politiek aan hul swart landgenote oorlaat en verkies om geld te maak, TV te kyk of andersins te emigreer. Enige poging om hulle dus uit hul apatie op te wek, is by voorbaat tot mislukking gedoem (Coenie K.).

 

2. Enige aansprake op vryheid, selfbeskikking en grondgebied gaan die magtige ANC kwaad maak en hulle gaan begin om mense soos ek of Anton Barnard op sy minste Siberië toe te stuur, AK 47's in ons garages te plant sodat ons agterna van hoogverraad aangekla kan word of selfs begin om ons à la Brett Kebble of Johan Heyns "'n lood-Aspro te gee", soos iemand dit nou die dag gestel het. Dit alles "maak" C.R. de Wet "bang" en hy beweer ek "beweeg verder en verder van die realiteite" af weg.

 

Inteendeel, ek dink ek beweeg nader aan die realiteite, soos: ons is reeds 350 jaar in die land, langer as die Nieu-Seelanders in Nieu-Seeland, dus het ons aansprake op Suid-Afrika of dele daarvan. Aan die ander kant het ons reeds heelwat rede om "bang" te voel, aangesien ongeveer 30 000 van ons mense sedert 1994 vermoor is.

 

Selfbeskikking is die aanvaarde internasionale metode om etniese konflikte, hetsy potensieel of werklik, te besleg en van 1990 af het daar ongeveer veertig nuwe state ontstaan. Hoe kan enigiemand van Afrikaners wat sedert die 1830s in die noorde van die land vry was, verwag om permanent onder vreemde gesag te verkeer? Ek het onlangs in konsepvorm 'n opsomming van ons geskiedenis en aansprake in Engels opgestel wat hier te siene is.

 

Wat sluipmoorde betref, is dit natuurlik so dat dit een van die metodes is waarmee Afrikaregerings hul opponente van die toneel verwyder. Die ANC is 'n gewetenlose organisasie wat die Kerkstraatbom geplant het en teoreties dus nie sal terugdeins vir sluipmoord nie. Maar dink so daaraan: die diktator Robert Mugabe het blykbaar al honderde van sy vyande laat verdwyn, maar nog nie vir Morgan Tsvangirai nie.

 

Myns insiens is Johan Heyns nie deur 'n regse fanatikus gedood nie, maar heel moontlik deur die linkses. Ná Heyns se dood het die NG Kerk na links geswenk omdat iemand soos Heyns oornag martelaarstatus verkry het. Tydens die beplanning van Operasie Vula het Mac Maharaj en Ronnie Kasrils dit oorweeg om een van die ANC se eie hooggeplaastes te laat vermoor sodat hulle die skuld op die sogenaamde apartheidsregering kon pak. Hierna sou die revolusie volg. Gelukkig het Roelf Meyer oorgegee en was dit toe nie nodig nie.

 

Om selfbeskikking te bereik, is dit nie eens nodig om openbare steun te hê nie. Ons het net 100 gemotiveerde mense nodig om aanmekaar briewe te skryf, mure te verf, plakkate op te plak en dergelike meer.

 

Tydens die einste Operasie Vula waaroor Conny Braam, leidster van die Nederlandse Anti-apartheidsbeweging, 'n jaar of wat gelede 'n boek gepubliseer het, het tagtig middelklas-Hollanders na Suid-Afrika gekom om veilige huise vir ANC-guerillas in te rig, wapens in hul voertuie oor die Swazilandgrens te smokkel, ens. Hierdie mense is uit en uit deur ideologie gemotiveer, maar ook beïnvloed deur die Nederlandse media se eensydige berigte.

 

Die ANC en Conny Braam het van geweld gebruik gemaak in hul sogenaamde stryd teen apartheid. In vandag se wêreld waar die media se simpatie altyd by die slagoffer lê, hoef ons bloot ons slagofferstatus aan die groot klok te hang.

 

Die pen is altyd magtiger as die swaard.

Boontoe