boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Gregan se argumente nie bevorderlik vir Afrikanersaak

_____________________________________________________________________

Vlad du Plessis

Lees ook die voorafgaande debat:

Dan Roodt: 'n Afrikaanse utopie 1

Dan Roodt: 'n Afrikaanse utopie 2

Dan Roodt: Padkaart na vryheid

Dan Roodt: Kan Suid-Afrika weer 'n Afrikanerstaat word?

Dan Roodt: Tussen Vryheidsfront en HNP is middelgrond

Reinhardt Buys: Afrikaners is onplesierig
Tien vrae aan Dan Roodt, Deel I — Reinhardt Buys
Tien vrae aan Dan Roodt, Deel II — Reinhardt Buys
Tien vrae aan Dan Roodt, Deel III — Reinhardt Buys

Dan Roodt: Kan ANC Afrikanerselfbeskikking verhoed?

Dan Roodt: Padkaart na vryheid 2

Sydney Gregan: 'n Volkstaat of die Republiek?

Anton Barnard: Nooit weer apartheid nie!

Dan Roodt: Volkstaat, volkstaat, maar hoe groot?

 

Sydney Gregan se argumente is die soort wat veroorsaak dat volksnasionaliste as kranksinnig gebrandmerk word. Die Engelse woord 'crackpot' kom goed te pas hier.

Die absurde argument dat die blanke demografiese minderheid 'n tydelike Suid Afrikaanse realiteit is laat mens steier van verslae verbasing. Dat 'n sg. intelligente persoon so kan redeneer is verbysterend.

Gregan glo dat Afrikasiektes en -konflikte soveel swart mense gaan uitwis dat ons binne 'n afsienbare tyd 'n meerderheid gaan raak.Vanuit 'n morele oogpunt het ek 'n ernstige probleem met enige argument waarmee ons ons hoop op voortuitgang afhanklik van ander se pyn en lyding maak. Wannneer ons op sulke argumente begin vertrou om ons doel te bereik, het ons die morele hoë grond van 'n strewe om volksbevryding verlaat en 'n moeras van onlogiese en fanatiese denke terwille van selfgelding betree. Sulke argumente is 'n bemarkingsfiasko wat die nasionalis vir seker aan 'n Nazi gelykstel, sowel in die publieke oog as in die praktyk. Indien hierdie siektes en oorloë dan nie die swart mense sou uitwis nie, gaan ons dan teleurgesteld wees? Gaan ons dan maniere bedink hoe ons miskien self sulke massale sterftes kan meebring? Miskien sal ons met 'n tipe Mengele-verbeelding die laboratorium invaar om 'n rassistiese virus te konstrueer? Hoe is dit moontlik dat mens so deur jou eie gekheid verstar is dat jy nie kan sien hoe jy jouself tot die uiterste marginaliseer nie?

Vir die praktiese onthalwe, sal Gregan se 'crackpot'-argumente ook geen water hou nie. Eerstens toon die swartbevolking 'n snelle bevolkingsgroei ten spyte van 'Afrika-siektes'. Beide die enorme natuurlike aanwas, sowel as die massale instroming van onwettige immigrante oortref sulke sterftes by verre. Hierdie siektes het dus nie so 'n geweldige impak dat dit die bevolking gaan 'uitdun' nie. Sterftes a.g.v. byvoorbeeld vigs is veel laer as wat aanvanklik verwag is.

Gregan se vergelyking tussen die enorme swart meerderheid in SA en die Baltiese Russe is totaal irrelevant. Die Russe was 'n minderheid in daardie lande. Toe die Sowjet-beheer in duie gestort het, was daardie onwelkome Russiese minderheid maar al te bly om terug te keer na die vriendeliker Moskou en Leningrad. Ek glo nie die enorme swart meerderheid van florerende Gauteng, Kaapstad of Durban gaan eendag besluit dat die lewe in Umtata of Ulundi hulle meer aanstaan nie.

Sy argument dat Afrikakonflik dan ook die bevolking sou verminder is die ergste voorbeeld van omgekeerde logika wat ek in 'n lang tyd gesien het. Dit is juis hierdie einste konflikte wat die massale instroming hierheen, vanuit die Noorde, meegebring het. 'n Toename van hierdie konflikte sal ons nog verder die wal af stuur. As Gregan met 'Afrikakonflik' bedoel dat die plaaslike stamme mekaar gaan gryp en dat dit ons gaan bevoordeel, dan verskil ek weer. So 'n situasie kan baie vinnig 'n spiraal vorm wat ons intrek. Hierdie sal nie die Natal-konflik van die tagtigerjare wees waar ons die staat se veiligheidsapparaat beheer nie. As daar etniese geweld hier gaan ontstaan, sal ons na alle waarskynlikheid heel bo aan die lys van slagoffers verkeer.