boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Dogma en gesag

_____________________________________________________________________

Igmar Rautenbach

Die gesaghebbers is voortdurend in konflik met die onderdane van gesag.

Owerheidsgesag maak van sekere grondreëls, dogmas gebruik om hul aksies te regverdig. Die dogmas verleen legitimiteit en integriteit aan hul posisie. Waar die dogma ontbloot word, verloor hul ook legitimiteit.

Die dogmas word primêr aangewend om die maghebbers te beskerm teen aanvalle, dogmas skep grense waarbinne alle opinies en standpunte moet beweeg.

Politieke aanvalle gemik teen die aksies van die gesagfiguur is maklik om af te weer – hy kan of die aksie regstel/verander, wat dan die gronde vir kritiek wegneem. Of hy kan terugval op die dogma om so die tipe aksie te regverdig.

Tipiese uitsprake van opposisiepartye is in die lyn van: "Ons stem saam met die beginsel van RA, maar ons voel dat dit nie op die regte manier uitgevoer word nie."

Dit is oneffektiewe politiek, die gesagsfiguur gebruik n kombinasie van die twee verwere om hierdie kritiek teen te werk. Die dogma bly egter geld, dit word nie aangeval nie.

Die gesagsfiguur vrees aanvalle teen die dogma, vgl. byvoorbeeld die geval waar Galileo die gesag van die Pous aangetas het. Dit ontneem hom van die basis van sy uitsprake en tas sy bestaansreg as gesag aan.

Verder is dit in onmoontlik vir die gesagsfiguur om van dogma te verander, en sal hy/sy sal die huidige dogma ten alle koste beskerm.

Daar bestaan sekere metodes om hom teen aanvalle te beskerm, bv. Wette teen haatspraak, instellings soos die grondwetlike hof, ens.

Dit volg dus dat aanvalle teen die gesagsfiguur eerder teen die dogma as teen sy meer sigbare aksies gerig moet word. Diskreditering van dogma is baie meer effektief, teenstand is egter sterker as waar aksies of versuim van pligte aangespreek word.

Wanneer n dogma vir n gedeelte van die publiek oopgevlek word, stort dit egter vanself in duie.

Die staatsvriendelike liberale media is n goeie voorbeeld – Daar verskyn gereeld kritiek teen die werkswyse van die staat, teen sy handelinge en versuim van pligte – sodanige kritiek word toegelaat – dit help staat om homself te verweer – hy kan reageer deur n regstellende aksie in te stel of deur motivering daar te stel ondersteun deur n spesifieke dogma.

Daar is egter geen ruimte in die media vir aanvalle teen sy dogma nie – sensuur word hierteen ingestel – as daar van die dogma verskil word, word daar fanaties teen hom opgetree – dink bv. Aan n fiktiewe geval waar blanke man in n swart township uitsprake maak t.g.v. apartheidsteorie en daarom deur 'n horde gestenig word – en die staat se versuim om kragdadig teen die moordenaars op te tree – uitsprake soos "wat soek hy daar" en "mens kan tog nie dit sê nie" sal hierby inpas.

Dogma word ook hierbo ingespan om verantwoordelikheid weg te neem. Die gepeupel in bg. is nie die verantwoordelike party nie. A.g.v. "die sonde van apartheid" is dit eintlik die blanke, Verwoerd, onderdrukkers wat vir sy moord verantwoordelik gehou moet word.

Daar heers ook n sterk afkeer by die staat teenoor radikalisme en fundamentalisme – dit terwyl die staat fanaties is in die onderhoud van sy dogmas.

Tipe dogmas wat in SA aan die orde van die dag is:

Gelykheid in alle vorme – Klas, geslag, kultuur, stemreg

Reënboognasie (Multi-kulturele dogma)

Relativisme t.o.v. geloof, wetenskap

Swart Ekonomimese Bemagtiging

Menseregte

Regstellende aksie

Blanke skuld
Apartheid

Verdeling van rykdom

Ekonomiese voorspoed/groei
Opheffing

Belastingstelsel – Blank betaal vir swart – ryk betaal vir arm

Demokrasie

Blankes verantwoordelik vir opheffing van swart mense