| boekwinkel |
|
|
|
Die dilemma met loopbaangerigtes
_____________________________________________________________________ Vlad du Plessis ‘n Honderd jaar gelede sou hulle as ‘joiners’ beskryf word. Hiermee dan meer oor beroepspolitici. Ek verkies egter die Engelse term careerists waarvoor ons blykbaar nie ‘n voldoende gelyke term het nie. Ek vind die term beroepspolitici onvoldoende om twee redes. Eerstens wil ek eintlik oor al diesulkes skryf wat openbare poste beklee. Dit sluit dus dominante kultuurverenigingsleiers, vakbondleiers ens. in, wat dus nie politici per se is nie. Tweedens vind ek die Engelse term meer gepas omdat dit op die agtervoegsel ‘ist’ eindig wat dus in engels op ‘n ‘ism’ of in Afrikaans op ‘n ‘isme’ dui. Dit is dus ‘n verabsolutering van beroepsbewustheid sodat dit eerder dui op beroepsbeheptheid. Veral in verband met die ou Sowjetunie het die term careerists of loopbaangerigtes betekenis gekry waar dit gesien is as diegene wat die sisteem gebruik om hulle eie beroepe en dus materiële voordeel te bevorder. Die careerists is ook gesien as mense wat nie die ‘altruďstiese’ doeleindes van die revolusie dien nie maar bloot hulself bevoordeel. By careerists het dus die ideologiese vuur van die revolusionęr ontbreek. I.t.v. sy bydrae waag die careerist niks noemenswaardig nie, doen niks werklik revolusionęr nie, en neem geen werklike leiding nie. Mens sou kon sę dat selfs op-die-oog-af kritici van ‘n regime careerists kan wees. Sulke opposisie-careerists sou natuurlik nie in die Sowjet-bestel geduld word nie. Aanvanklik het Stalin hordes loopbaangerigtes selfs binne die KPSU laat uitmoor. In ‘n skyn-demokrasie* soos Suid Afrika is daar sg. parlementęre opposisie. Die lede daarvan staan eintlik magteloos teenoor die regime en trek in der waarheid voordeel uit die situasie. Hier sou mens werklik van opposisie-careerists kon praat. Hierdie mense vertoon dan in teenstelling met die regime-careerists al die gedrag wat van opposisiepartye binne ‘n werklike demokrasie verwag sou word, tog in die skyn-demokrasie, beteken hul politieke opposisie bittermin tot niks. (In die ekstreme geval sal die opposisie-careerist homself volkome aansluit by die regime, soos Marthinus van Schalkwyk, indien hy nie meer ‘n oortuigende ‘opposisie’-rol vir homself raaksien nie.) Die enigste bevoordeeldes van opposisie-careerists se simulasie van ‘n opposisierol, is hulself en die regime. Parlemtęre salarisse, mediese- en pensioenskemas en natuurlik hul egos, is hul werklike ‘saak’. Hulle het dus ‘n belang by die sisteem en kan nie die ineenstorting daarvan bekostig nie. Hulle verskaf dus ‘samewerkende opposisie’ soos die VF+ of die tipe liefdehaat-opposisie van die DA wat die ANC haat maar die veelrassige NSA onverbiddelik verdedig, asof dit van die ANC-orde onderskei kan word. In der waarheid kan die ‘opposisie’-careerist nie die einde van die NSA bekostig nie. Die ‘opposisie’-careerist is ‘n skyn-opponent van die ANC. Selfs wanneer hy ‘n sg. leier is, is hy ‘n verbeeldinglose (Tony Leon), skynkreatiewe (Pieter Mulder) valse opponent wat in werklikheid ‘n egoďstiese en siniese meeloper van die establishment en dus by uitbreiding van die ANC is. Deur sy deelname aan die statutęre politiek help hy die ANC om die illusie te skep dat daar ‘n demokrasie bestaan. Wanneer enige kritikus die ANC van ‘n diktatuur beskuldig lig die heersende party bloot die gordyn om hierde poppekas van mikro- en nanopartye ten toon te stel. Die ppposisie-careerist verdiep homself soos ‘n sado-masochis in die kastyding wat die ANC gedurig oor hom uitbraak, terwyl hy dan met vurige pretensie die ANC slegsę in die wete dat solank die ANC-SAKP-Cosatu-alliansie stabiel en aan bewind bly en solank daar politieke stabiliteit heers, die staat hom nog van sy salaris sal kan voorsien. Hy trek alleen voordeel uit die bestel waarin hy hom bevind. Deur somtyds ‘n stadsraad hier of daar (in koalisie met ander mikro- of nanopartye wie se waardes en beleid hemelsbreed van syne verskil) te verower skep hy valse hoop by die Afrikaner dat ons dalk tog ‘n impak op die land se politiek binne die statutęre raamwerk kan hę. Dat hul enkele ‘opposisie’-stadsrade magteloos teenoor RA, SEB, misdaad, plaasmoorde en -onteiening, taaldegradering ens. staan, noem die ‘opposisie’-careerist nie. Die ‘opposisie’-careerist se krag word verder versterk deur die vele nie-politieke loopbaangerigtes wat ook op een of ander wyse op die sisteem parasiteer. Kultuurorganisasies (soos die FAK), vabondleiers (soos Flip Buys), koerantredakteurs (soos Tim du Plessis), akademici (soos Willie Esterhuyse) en die hordes sakemanne en vroue wat die regime se ‘equity’ en ‘diversiteits’-programme najaag skep ‘n totale samelewingsorde met ‘n politiek korrekte kultuur wat met ‘n Orwelliaanse denkpolisiëring in stand gehou word. Elkeen hou sy eie posisie van selfbevoorregting in stand in ‘n oorlewingstryd binne ‘n sisteem wat hom essensieel op die langtermyn probeer uitwerp. Vanaf totale omhelsing van die regime tot kritiek wat slegs binne vooropgestelde grense gelewer mag word, sorg hy dat hy nie slapende honde wakker maak nie. Die kollektiewe krag van hierde meelopende careerists is so kragtig dat dit die gemiddelde persoon magteloos laat. Saam met die regime hou hulle die onverdraagsame politieke korrektheid van die Transformasie-ideologie in plek. Die careerist staan in skrille kontras met die revolusionęr. Die careerists is veeltallig maar moreel pap. Dit is sy gebrek aan morele oortuiging en sy selfdienende aard wat sy onvermydelike ondergang sal beteken. In die toenemende krisis is die careerist van verbygaande aard. Die einste sisteem waaraan sy skynopposisierol legitimiteit verleen sal hom helaas opkou en uitspu. Die revolusionęre is min, maar innerlik brand ‘n vuur van opgewonde afwagting by hulle. Die ware leierskap, die kreatiwiteit en die oplossing kom vanaf die revolusionęr, hulle wat die sisteem in so mate wil verander dat daar ‘n geheel nuwe bestel na vore kom. * Suid-Afrika is ‘n skyndemokrasie aangesien dit al die grondwetlike vereistes van ‘n demokrasie bevat en tog is dit bykans onmoontlik dat daar ‘n regeringsverandering kan plaasvind. Weens die geweldig belangrike rol wat ras speel in die politieke mobilisering en assosiasie by Suid-Afrikaners stem hulle volgens rasverdelings. Elke verkiesing lyk dus soos ‘n sensusopname vandaar die term ‘sensokrasie’ of soos Dan Roodt dit noem, ‘n ‘biologiese demokrasie’. (‘n ‘Biologiese demokrasie’ sou letterlik beteken dat ‘n groep deur biologiese aanteling ‘n magsposie bekom.) So stem die blankes orwegend vir die VF+ en die DA, terwyl die swartes oorwegend vir die ANC stem. A.g.v. die enorme belangeverskille tussen hierdie bevolkingsgroepe, is dit ook nie moontlik dat dieselfde party almal se belange kan dien nie. Weens die blankes (en spesifiek die Afrikaner) se minderheidstatus is dit dus geheel onmoontlik vir hom om ooit ‘n regeringsverandering teweeg te bring. Gaan die Gfrikaner egter in ‘n groter veelrassige party op, beteken dit dat hy moet afstand doen van sy unieke behoeftes en dus identiteit.
|