boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Gebalanseerde denke vir die postmoderne Afrikaner

_____________________________________________________________________

Vlad du Plessis

In die moderne era het die liberalisme tot groot mate gehandel oor die onvervreembare reg van die individu. Die individu het die tipe beskerming geniet wat die mens deur al die eeue van slawerny, onderdrukking en verskeie vergrype van onmenslike aard nooit ontvang het nie. Dit het die menswaardigheid van alle mense herstel. Of ten minste dit was die doel daarvan. 

Die beklemtoning van die reg van die individu het egter gelei tot die onderbeklemtoning van die reg van die groep. Dit is ook te verstane aangesien die liberalsme se klem op die reg van die individu as die absolute aanbod van vryheid beskou is, sodat dit nie nodig of selfs wenslik was om groepsregte te bevorder nie. Hoewel dit in die moderne era in heelwat gemeenskappe suksesvol toegepas is, het die koms van die postmoderne tydvak dinge verander. 

In die postmoderne tydvak word eerstewêreldse gemeenskappe geleidelik  deur die minder beskaafde hordes van die derde wêreld verswelg. Hierdie hordes het nie dieselfde begrip van die reg van die individu nie en respekteer ook nie die meer beskaafde Westerse lewenswyse nie. Teen die negatiewe bevolkingsgroei van heelwat Europese lande en die positiewe groei van immigrantebevolkings, raak dit nou geheel en al moontlik dat daardie gemeenskappe mettertyd deur die minder beskaafde hordes oorheers sal word. In Suid Afrika is ons hierdie ganse wêreldontwikkeling so ver vooruit dat ons nou reeds as Westerlinge ‘n totale minderheid is.

Tydens apartheid was daar ‘n oormatige, amper gevaarlike, beklemtoning van groepsregte. Juis hierdie beklemtoning het die wittes in beheer van ‘n stelsel van afsonderlike ontwikkeling gehou, waarin ons in ‘n rol van voogdyskap moes sorg dat elke groep tot sy reg kom. Ongelukkig het ons nie daardie bestel konsekwent toegepas nie. Ons het dit al meer en meer gekorrupteer om hoofsaaklik onsself te bevoordeel. (Boonop was ons onder enorme internasionale druk om daardie orde te laat vaar.) Die gevolg was dat die ander groepe nooit werklik selfstandige entiteite geraak het nie sodat die hele bestel uiteindelik in duie gestort het.

Met die koms van die NSA is groepsregte, weens apartheid, so gediskrediteer, dat die reg van die individu soos in die moderne era die begin en die einde is. Die moderne tydsgees, wat grotendeels die sg ‘struggle’ geïnspireer het, is natuurlik ook verantwoordelik vir hierdie toedrag van sake. Ongelukkig verkeer die Afrikaner reeds waar die Europeër in die toekoms mag wees, nl. in ‘n posisie van totale demografiese en politieke oorheersing deur die minder beskaafde hordes. In die afwesigheid van die beoefening van die reg van die groep is die Afrikaner dus weerloos en uitgelewer aan die politieke, ekonomiese en fisieke geweld van die hordes.

Om onsself dus te red van hierdie situasie moet ons ons groepsreg herstel. Heelwat van die voorstanders van hierdie herstel kom egter uit ‘n baie verouderde en somtyds selfs ‘n sektariese geloofsagtergrond. Deurdat hulle identifiseer met die Joodse volk van die Ou Testament en deur die romantisering van apartheid en ook die ou Boererepublieke oorbeklemtoon hul die reg van die groep in so ‘n mate dat hul die reg van die individu verwerp. Weereens sou daar in so ‘n bedeling geen balans tussen die reg van die individu en die reg van die groep bestaan nie. Weereens sal dit tot vergrype ly en weereens sal so ‘n staat misluk.

Vir ‘n volhoubare gemeenskap, sowel as ‘n volhoubare demokrasie in die postmoderne tydvak is dit dus belangrik dat die reg van die groep en die reg van die individu gebalanseer word. In die postmoderne tydvak kan ons as't ware praat van ‘n ‘gebalanseerde regstaat’ in stede van die ‘regstaat’ van die vorige era. In die gebalanseerde regstaat (wat die enigste suksesvolle volkstaat sal wees), vind die reg van die groep uiting deur die skepping van ‘n etniese staat binne gereduseerde geografiese grense. Die groep (in ons geval die Afrikaner) regeer homself, sonder die oorheersing van die hordes, in ‘n kleiner territorium waar dit die meerderheid uitmaak. Hier skryf die minderheidsvolk sy eie grondwet, hou hy sy eie verkiesings, stel sy eie wetgewende liggaam en regering aan en vind regspleging d.m.v. sy eie regbank en polisie plaas. Dit is die aard van die herstel van sy groepsreg.

Binne bg. riglyne word die reg van die individu toegepas. Dit is net so belangrik soos die reg van die groep, maar is alleen moontlik binne die bestel wat deur die groepreg moontlik gemaak word. Die individu is vry om oor alle persoonlike aangeleenthede te besin en te besluit, solank hy geen ander individu of die groep se regte skaad nie. Die individu besluit dus self oor ‘n magdom van persoonlike sake soos godsdiens, smaak en styl, vir wie hy/sy wil stem, beweging, alle tipes van assosiasie, ens. Anders as met die moderne regstaat ken die postmoderne gebalanseerde regstaat nie hierdie regte toe aan vreemdelinge wat die postmoderne gebalanseerde regstaat onwettiglik binne kom nie. Die enigste reg wat die onwettige immigrant/indringer oor beskik is dié van biologiese oorlewing en onmiddelike repatriasie (indien lg. ‘n reg is). Mens sou selfs kon aanvoer dat daar waar die onwettige immigrant deur herhaaldelike pogings die postmoderne gebalanseerde regstaat deur sy/haar voortgesette pogings van instroming in gevaar stel ook die reg op biologiese oorlewing verbeur word. Geen groep mense wat voortdurend ‘n kleiner groep se voortbestaan in gedrang plaas deur herhaaldelike pogings aan te wend om hul territorium binne te dring, kan aandring op selfs die mees basiese individuele reg, nl. die reg om te lewe nie.

Mens sou dus in die postmoderne gebalanseerde regstaat kon praat van die herstel van die burgery. Volle regte word alleen toegeken aan diegene wat burgerstatus geniet. Besoekers, toeriste en ander wat wettige kuiergaste van die gebalanseerde regstaat is geniet dieselfde regte as wat wettige besoekers in die moderne regstaat geniet. Onderskeid is dus te tref teenoor die indringer/onwettige immigrant. Omdat lg. individu nie burgerstatus het nie, beskik hy (anders as by die moderne regstaat) oor bykans geen regte nie. Selfs die reg op lewe is onderhewig daaraan dat hy nie sy oortreding herhaal nie. Op die oog af lyk dit na ‘n terugkeer na die Middeleeue en in ‘n mate is dit ook so. Dit is nie dat die minderheidsvolk moet probeer terugkeer na die Middeleeue nie, maar eerder dat die minderheidsvolk moet aanvaar dat die Middeleeue teruggekeer het na ons toe. In ‘n see van barbarisme moet ons nie net geografies konsentreer nie, ons moet ook streng maatreëls instel om die barbaarse hordes buite die ‘stadsmure’ te hou.

In ‘n onlangse skrywe vermeld Dan Roodt dat die Afrikaner in so ‘n gevorderde situasie van verswelging deur die hordes is, dat ons as't ware die internasionale leiding kan neem oor hoe om so ‘n situasie te hanteer. Hy meld dan ook dat ons aan die Weste, wat op dieselfde rampspoedige lot as ons afstuur, die pad vorentoe kan wys. Nie net kan ons ‘n oplossing vind nie, maar ons kan selfs ‘n nuwe filosofiese rigting uitlê. Ook Herman Giliomee beklemtoon in ‘n meer onlangse skrywe dat die Afrikaners se situasie hierdie groep in ‘n posisie plaas om ander wat op dieselfde afstuur van rigting te voorsien.

Ons kan m.a.w. ‘n ligtoring wees sowel as ‘n bloudruk vir diegene wat nie in die oorname deur die Derde Wêreld wil ondergaan nie. Ons kan onsself nie wend tot die geykte moderne regstaat met sy klem op die reg van die individu nie. In die liberale bestel van die moderne regstaat ontvang die individu bykans altyd voorkeur. Daardie selfde bestel is verantwoordelik vir ons verval. Ook die oorbeklemtoning van groepsregte sal ‘n bestel met soveel interne spanning skep dat dit nie sal duur nie. Die Afrikaner kan dus die wêreld se eerste ‘gebalanseerde regstaat’ stig. 

Deur dit tot stand te bring, kan ons die grootste bydrae tot die postmoderne tydvak lewer. In die ‘gebalanseerde regstaat’ is die reg van die individu en die reg van die groep gelyk aan mekaar. Die een is nie verhewe bo die ander nie. Nóg die individu, nóg die groep het hoër regspraak. Justitia se weegskaal weeg dus nie net die verskillende kante van ‘n saak nie, maar sy weeg ook die balans tussen groepsreg en individuele reg.

Vir die kritikus mag dit na ‘n onmoontlikheid lyk. Vir praktiese uitvoering moet die een of die ander voorkeur kry, kan gesê word. Hoe is dit moontlik vir praktiese regspleging dat die een net soveel soos die ander kan weeg? As in ag geneem word dat groepe oor sekere regte beskik (soos die bepaling van lidmaatskap ens.) en dat individuele regte handel oor daardie sake wat die individu ten nouste raak (bv godsdiens, ens.) dan kan daar deur ewewigtige hantering wel ‘n balans bereik word. Die balans lê nie daarin dat elke uitspraak aan beide die groep en die individu in dieselfde saak ewe veel belang gegun word nie. Die balans is eerder daarin geleë dat die wet erken dat in sekere sake die individu voorkeur geniet en in ander geniet die groep voorkeur. Oor die magdom sake van persoonlike belang het die groep geen reg oor die individu nie, terwyl die individu byvoorbeeld nooit homself kan opdwing aan ‘n groep of die groep se voortbestaan of identiteit in gevaar mag stel nie. Hierdie logika is dan nie net van toepassing op die volk (as groep) en die indringer (as individu nie). Dit gaan heelwat verder. Dit geld ook vir groepe en individue binne die volksgemeenskap. ‘n Individu kan dus ‘n buitestander of selfs ‘n lid van ‘n groep wees waarmee dit in konflik verkeer.

Natuurlik sal sg. grysareas ontstaan. Hierdie probleem kan tot ‘n mate bekamp word deur die gedeeltelike kodifisering van individuele en groepsregte. Nog steeds sal moeilike gevalle opduik, veral daar waar min duidelikheid is oor wie se belang die swaarste weeg. Uiteindelik is dit die taak van die regbank, om deur ewewigtige besinning te bepaal wat weeg swaarder in spesifieke gevalle, die groepsreg of die reg van die individu.

Sommiges verwys selfs na die individu wat glad nie oor regte beskik nie, maar alleen oor pligte tenoor God. Die implementering van so ‘n siening sal ons terugplaas in ‘n teokratiese bestel soos wat die Rooms Katolieke kerk honderde jare gelede gevoer het, of soos wat mens vandag in Iran sien. In Suid-Afrika word groepe selfs aan bande gelê met die keuring van lede. Grondwetlik is daar amper geen gronde waarop ‘n groep ‘n voornemende lid kan weier om toe te tree nie.