| boekwinkel |
|
|
|
Oor 'kaffers' en karre
"Hoewel die swart werknemers van Ou Mutual dus nie die woord “kaffer” gehoor het nie, is dit tog deur die wind of, in dié geval die geruis van die lugreëling, aan hulle gefluister." _____________________________________________________________________ Die
spreekwoordelike besoekende antropoloog vanaf Mars sou Suid-Afrika ‘n uiters
vreemde samelewing vind. Dit geld veral die taboes, aldan nie, wat daar op ons
taalgebruik bestaan. Twee
onlangse gevalle staan regstreeks teenoor mekaar. In die eerste geval het die
groep Fokofpolisiekar blykbaar ‘n godslasterlike spreuk op iemand se beursie
geskryf. Hierna het ‘n kerklike drukgroep op Oudtshoorn gepoog om die
musikante se optrede by die KKNK gekanselleer te kry, maar nie daarin geslaag
nie. Die bekende
teoloog van UNISA, prof. Christina Landman, het intussen ‘n rubriek
in Beeld geskryf waarin sy
beweer dat die Polisiekargroep bloot ‘n “sekulêre vorm van spiritualiteit
beoefen”. Elders het Landman beweer dat die Polisiekarre eerder “pro-cool
as anti-godsdiens is”. Ek is nie
seker of ek haar logika verstaan nie, maar ek dink wat sy sê is dat
godslastering eintlik ‘n vorm van godsdiensbeoefening is. Bid jou dit
aan! wil mens byvoeg. In die Ou
Testament word godsdienstige waardes sterk aan wette of gebooie gekoppel. In
die agtste gebod byvoorbeeld, word diefstal verbied. As ek nou Christina
Landman was, sou ek kon argumenteer dat iemand wat steel juis besig is om die
agtste gebod te vereer deur dit te oortree! Terloops, hierdie idee van “bevestiging deur oortreding” is deur enkele Franse filosowe in die twintiger- en dertigjare van die vorige eeu voorgestaan, maar daar het dit gegaan oor ‘n poging om die filosofie van Hegel met die surrealistiese kuns te versoen. Christina Landman, daarenteen, is ernstig besig om die oortreding van die derde gebod oor die ydele gebruik van die Here se naam as ‘n teologiese argument oor spiritualiteit aan te bied. Dan koppel sy dit boonop aan
“Afrikawaardes” deur te sê: “Want in Afrika lyk sekulêre
spiritualiteit anders as in die Weste… Die Afrikane in Suid-Afrika gee
uiting aan hul spirituele waardes as 'n groep en deur hul liggame. Hulle neem
aan optogte deel, hulle dans en betoog vir hoër salarisse en die regte van
werkers en vroue. Want menseregte is vir hulle 'n spirituele waarde.” Dis net jammer dat Afrikane
elders op ons vasteland in Liberië, Rwanda en die Kongo hul
“spiritualiteit” uitleef deur hul medemens met pangas dood te kap of vroue
en kinders met AK-47s af te maai. Ongelukkig bly hierdie “spiritualiteit”
daarom nie tot dans beperk nie, of dan gaan die dans so dikwels oor in ‘n Totentanz,
‘n dodedans waarin wreedheid en vernietiging gevier word. Die Franse praat
ook van ‘n danse macabre. Sigmund Freud het ‘n boek
met die mooi titel Totem en taboe
geskryf. Die subtitel is minder polities korrek, te wete: “Ooreenstemminge
in die sielelewe van barbare en neurotiese mense”. As ons eerlik is, bestaan
daar deesdae in Suid-Afrika maar min taboes: godslastering, gay huwelike,
vloek in die openbaar of oor die radio en TV, pornografie, prostitusie,
selfverryking deur korrupsie, dit alles is min of meer sosiaal aanvaarbaar. So
byna-byna het die Grondwethof die gebruik van “sagte dwelms” soos dagga
gewettig. Net verlede week neem ek my
tienjarige seuntjie hospitaal toe ná hy laataand erge oorpyn ontwikkel het.
In die wagkamer van die Olivedale-kliniek in Johannesburg is die TV op Mnet
gestel wat besig is om pornografie uit te saai. Daar was nog ander kinders in
die wagkamer ook. Selfs in Frankryk wat
gedurende die twintigste eeu op die voorpunt van die seksuele revolusie was,
is laataandpornografie op TV enkele jare gelede verbied omdat soveel kinders
daarna gekyk het. In Suid-Afrika word dit egter aan jou kinders in
hospitaalwagkamers opgedring. Volgens Freud is “taboe”
‘n Polinesiese woord waarvan “die betekenis…
twee rigtings inslaan: enersyds, ‘heilig’, ‘vereer’ en
andersyds ‘vreemd’, ‘gevaarlik’, ‘verbode’, ‘onrein’”. Dit mag ons dalk help om die
een oorblywende taboe in Suid-Afrika te verstaan, dié rondom die selfstandige
naamwoord “kaffer”. So pas het die Arbeidshof die versekeringsreus Ou
Mutual daaraan skuldig bevind dat hy diskriminerend teenoor ‘n aantal swart
werknemers opgetree het deur nie ‘n blanke werknemer af te dank wat blykbaar
gevra het waarom sy “tussen die hele Khayalitsha moet sit” nie. Dis nie duidelik of die
taboewoord “kaffer” wel deur mev. Jenny Burger, die betrokke blanke
werknemer, gebruik is nie, maar dit het (by wyse van spreke) “hol in die
agtergrond weergalm” soos by een of ander bonatuurlike byeenkoms waar daar
rondom totems gedans word. Soos ons almal weet is Khayalitsha ‘n
mono-etniese woonbuurt wat hoofsaaklik deur swartes met Xhosa as moedertaal
bewoon word. Hoewel die swart werknemers
van Ou Mutual dus nie die woord “kaffer” gehoor het nie, is dit tog deur
die wind of, in dié geval die geruis van die lugreëling, aan hulle
gefluister. Hierop het die Johannesburgse
dagblad Beeld waarin Christina
Landman juis so gereeld oor spirituele (of dalk spiritistiese) kwessies skryf,
ewe vroom opgemerk: “die uitspraak van die arbeidshof (word) verwelkom
waarin Ou Mutual verantwoordelik gehou is vir die skade wat 'n swart werker
gely het nadat 'n wit kollega na hom en ander gekleurdes as k****** verwys
het.” Let op dat Beeld
wat gereeld gekruide en selfs godslasterlike taal van allerlei aard in sy
blaaie publiseer, terugdeins voor die taboe rondom die woord “kaffer” wat
in vele Afrikaanse romans en woordeboeke reeds male sonder tal gebruik is. Watter “skade” het die
swart werker gely wat in die versamelnaam “die hele Khayalitsha” deur mev.
Jenny Burger ingesluit is? Hoe kwantifiseer ‘n hof so iets? As ek sê dat
“ek nie saam met die hele Garsfontein in Menlyn wil inkopies doen nie” mag
dit betrekking hê op my snobisme, maar ook my weersin in
Saterdagoggendverkeer. Hoe op aarde kan die uitdrukking “die hele
Khayalitsha” sonder meer “rassisties” en daarom skadelik wees? Myns insiens moet twee dinge
gebeur: slagoffers van die nuwe kultus met sy taboes moet ondersteun word.
Myns insiens behoort mev. Jenny Burger en Ou Mutual na die Appèlhof of
Grondwethof te appelleer. Dit gaan immers hier oor vryheid van spraak, onder
andere. Maar in die tweede instansie
behoort ons skrywers en kunstenaars ‘n blaadjie uit die Dadaïstiese en
surrealistiese bewegings van die twintigste eeu te neem en al die nuwe taboes
in satiriese romans, films en skilderye te begin oortree. Waar is al ons dapper
kunstenaars wat so hard teen apartheid geveg het nou en waarom word hierdie
totalitêre toestand nie in hul werke aangespreek nie?
|