boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Is Rwanda ons voorland?

___________________________________________________________

Joseph Secreve

Thabo Mbeki het in die Mail & Guardian 'n belangrike les aan ons geleer oor Afrika en die antieke Egiptiese beskawing. Volgens hom was die vroeë Egiptenare swart Afrikane, en hulle was kwansuis die uitvinders van skrif en hoë beskawings wat later via Griekeland na Europa oorgewaai het. Die rede waarom Afrika vandag so arm, gewelddadig, bygelowig en korrup is, is die skuld van die Europeërs, wat verlede eeu deur die 'kanker van rassisme' oorweldig was, aldus Mbeki.

Ofskoon die datum van hierdie toespraak van Mbeki 1 April is, is hy blykbaar baie ernstig hieroor.

Hierdie onsin oor Egiptenare wat swart was, is 'n versinsel wat in Amerika ontstaan het om swart Amerikaners 'n gevoel van trots te gee, en is al meerdere kere geloënstraf deur Egiptekenners, soos ene Hassan Saadallah beaam. Mbeki bly egter obsessief die gedagte aanhou dat die blanke beskawing benede die swart beskawingspeil verkeer.

Die rede waarom Mbeki en ander se uitlatings belangrik is, is omdat hulle 'n bepaalde verhouding tussen bevolkingsgroepe weergee. Sulke emosioneel belaaide taal is nie nugter en ewewigtig nie. Die implikasies van sulke taal is vir almal duidelik. 'n Mens hoef nie op 'n metakommunikatiewe vlak te dink om die boodskap te begryp nie. Agterdog, jaloesie en die historiese rol van koloniale 'slagoffer' wat gevoelens van wraak oproep, is die onderliggende boodskap. Plaas dit in konteks met die onbetrokkenheid (of selfs goedkeuring) van die res van die wêreld, die plaasmoorde, georkestreerde hongersnood en selfverryking - wat aktiewe strategieë is om etniese spanninge teen blankes verder op te laat loop - en 'n Rwanda-agtige situasie is binne bereik. Mbeki is reg: Dit is vanwee sy strategiese beplande ruimhartigheid dat blankes (nog?) nie heeltemaal onder die voet geloop is nie. Dis net 'n kwessie van tyd, of liewer tydsberekening voordat die bom bars, en hy sy vermeende "vyande van demokrasie" wat almal toevallig 'n wit velkleur het, gaan uitmoor of deporteer.

Die slagting in Rwanda in 1994 het 'n soortgelyke verloop gehad. Die Hutu's is in die meerderheid en is meer negroïede tipe mense. Die Tutsi's is die minderheidsgroep en het Somaliese en Noebiese gelaatstrekke, soos skerper neuse en 'n ietwat ligter velkleur. Die Belge het destyds die Tutsi's as 'beskaafder' beskou en op 'n hoër voetstuk geplaas wat gepaard gegaan het met meer mag en politieke gewig as die Hutu's. Hierdie verskil tussen die twee etniese groepe is deur middel van 'n soort dompassisteem vergroot wat die Belge ingevoer het. Daar is egter nog meer verskille. Die Tutsi's se guerillataktieke is beter ontwikkel. Hulle kan beter organiseer en skerper aanval. Die Hutu's daarenteen is minder gesofistikeerd in hul oorlogstaktieke, lagwekkend selfs, maar boesem die meeste vrees in vanweë hul onbeskroomde en barbaarse styl van oorlogvoering.

'n Mens is geneig om te dink dat die slagting in Rwanda op impuls gebeur het. Een dag was dit stil en die volgende dag was daar oral 'n groot bloedbad. Niks is minder waar nie. Dit was 'n weloorwoë stap gewees van Hutu-leiers om die Tutsi's omver te werp. Die slagting was die resultaat gewees van jarelange sluimerende konflikte. Deur te speel op mense se haat en angsgevoelens het die maghebbers hulself sodoende in die saal gehou. Hiermee gepaardgaande het die bevolking van die Hutu's in die laaste twee dekades behoorlik gegroei, en 'n grondkrisis het begin dreig. Meer mense moes met minder voedsel leef, wat die situasie nog nypender gemaak het. In 1989 het die prys van koffie en tee skerp gedaal, wat Rwanda se belangrikste uitvoerprodukte was en die Wêreldbank se streng maatreels en droogte in die suide het verder gehelp om die situasie haglik te maak.

In dieselfde periode het die 'gematigde' Hutu-leier Habyarimana vanuit Oeganda 'n nuwe poging aangewend om die Hutu-dissidente en Tutsi's uit Rwanda te verdryf, om sodoende Rwanda verder in sy greep te kry. Die voortdurende konflikte het jong mans wanhopig gemaak en hulle was gevolglik maklik rekruteerbaar vir gewapende aksies. In 1993 is in Arusha 'n soort vredesooreenkoms onderteken waarin die mag meer gelyk verdeel sou word tussen die verskillende groepe, maar Afrika sou nie Afrika gewees het as die leiers ernstig gehoor gegee het aan hierdie ooreenkoms nie. Habyarimana het meer as 'n half miljoen kapmesse aan die Hutu's uitgedeel om Tutsi's mee te vermoor. Aangesien kapmesse goedkoper is as gewere, was dit die beste opsie. Die spreekwoordelike bom het gebars toe Habyarimana se vliegtuig uit die lug geskiet is wat hom en die volledige bemanning aan boord gedood het.

Die Hutu-ekstremiste het sowel Tutsi-leiers as gematigde Hutu-leiers vermoor, en deur die RTLM radiostasie te kaap, kon hulle gemaklik die Hutu-bevolking aanhits om die "kakkerlakke"(Tutsi's) uit te wis. Vanweë die goed georganiseerde verowering van strategiese teikens so kort na Habyarimana se dood, kan 'n mens net konkludeer dat dit vooraf grondig beplan is. Geluide soos 'vermoor Dallaire' het ook oor die luidsprekers weergalm. Generaal Roméo Dallaire was die VN-vredesmagbevelvoerder wat die konflikte tussen hierdie groepe moes bedwing, en hy sou later die persoon van die hoogste rang ooit word wat ernstige posttraumatiese stres opgedoen het. Slegs toe die wêreld aandag begin gee het aan Rwanda, het die Hutu-ekstremiste op RTLM-radio 'n 'toontjie laer gesing' om die Nederlandse spreekwoord te leen. In plaas van die gewone offensiewe taal, het hulle defensiewe taal begin gebruik waarin hulle die bevolking opgeroep het om hulself teen die "vyande van Rwanda" te beskerm. Dit herinner 'n mens nogal sterk aan Mbeki se "vyande van demokrasie".

Die raaiselagtigste deel van hierdie etniese konflik moes nog gebeur. Die konflik het heeltemaal onverklaarbaar begin word, in die sin dat dit naderhand nie etnies afgebaken was nie. Toe daar te min Tutsis oor was om te vermoor het Hutu's mekaar te lyf gegaan en die Pigmeë, wat ongeveer 1% van die bevolking uitmaak, is ook as teiken gebrandmerk. In sommige gevalle het Hutu's die Tutsi's beskerm, dokters het pasiënte begin vermoor, onderwysers hul leerlinge en andersom. Om te sê dit was een groot chaos, is nog baie gering gestel.

Die inmiddels wêreldberoemde geograaf Jared Diamond het 'n goeie verklaring gebied vir die raaiselagtige slagting van die Hutu's onder mekaar. In sy boek Collapse beskryf hy hoe oorbevolking een van die vernaamste oorsake hiervan was. Rwanda is die digste bevolkte land ter wêreld, en is hoog geleë. Vanwee vroeë vulkaniese aktiwiteit is die grond baie vrugbaar. Baie jong Hutus, wat eintlik al getroud moes gewees het en hul eie boerderye moes gehad het, moes nog by die huis bly omdat daar nie genoeg grond was nie. Die kombinasie van tuisbly en oorbevolking per gesin, tesame met sommige boere wat op die mees onmoontlike plekke hul plase gevestig het, soos teen heuwels of langs wispelturige riviere het 'n noodwendige verskil in rykdom teweeg gebring. 'n Situasie het ontstaan waardeur arm boere met ryker boere vir voedsel moes onderhandel, terwyl hulle eie plase deur gronderosie weggespoel het. 'n Krisis, soos voorspel deur die Britse ekonoom Thomas Malthus, het ontstaan, waarby die bevolking logaritmies toegeneem het, en die voedsel slegs rekeningkundig.

Al hierdie faktore het veroorsaak dat seuns in opstand begin kom het teen hul welvarender vaders, geskille tussen bure is hardhandig opgelos, oorlede boere se weduwees en kinders het onder mekaar begin baklei, ensovoorts. Dit is nie vreemd om Rwandese te hoor sê dat oorloë noodsaaklik is om die oorskot aan mense uit te dun en die getalle in ooreenstemming te bring met die beskikbare hoeveelheid grond nie. Die Rwandese is dus deeglik bewus van die Malthusiaanse krisis. Hoe minder voedsel en grond, hoe meer moord en doodslag.

Ons kan konkludeer dat sulke hewige konflikte, wat nie vreemd aan Afrika is nie, deur sowel omgewingsfaktore as etniese jaloesie en agterdog veroorsaak word. Hierdie twee faktore is byna onlosmaaklik verwant aan mekaar. Die boodskap vir Suid-Afrika lê ook hierin opgesluit. Suid-Afrika het in wese genoeg vrugbare grond om almal van voedsel te voorsien, mits 'n mens die regte tegnologie gebruik wat helaas nie tot die dampkring van die Afrikane behoort nie. Met die volksmoord op die boere is die ANC doelbewus besig om Suid-Afrika se landbousektor te saboteer om 'n voelselskaarste te veroorsaak. Die gevolg is dat die arm bevolking afhanklik word van voedselpakette wat die plaaslike leiers na willekeur uitreik, en veral arm blankes kwalifiseer nie vir voedselpakette nie omdat hulle tot die "voormalige bevoordeeldes" behoort. Verdere etniese haat word aangewakker deur swartes aan te hits om te veg vir "hul land" wat meestal nie meer bewerk word sodra hulle dit eenmaal oorgeneem het nie. Voeg daarby die sowat miljoen swartes wat jaarliks oor die grens kom en 'n mens kan nie anders as om af te lei dat die ANC doelbewus besig is om 'n Malthusiaanse krisis in Suid-Afrika te skep nie. Deur so af en toe voedselpakette aan armes te verstrek, kan die ANC homself adverteer as 'n party wat "omgee" vir sy mense.

In Rwanda se geval kan 'n mens argumenteer dat die natuurlike bevolkingsaanwas 'n belangrike aanleiding tot die latere ramp was. Dit wil voorkom asof die omstandighede die etniese spanninge in die hand gewerk het, hoewel ek dit baie versigtig stel. In Suid-Afrika is dit duidelik andersom. Etniese haat veroorsaak die agteruitgang van Suid-Afrika se landbousektor. 'n Skaarste aan voedselhulpbronne word kunsmatig veroorsaak, deels vanweë swak en kortsigtige bestuur en grotendeels uit pure moedswilligheid. As dit nie vir Thabo se geslepe kommunistiese raadgewers was om sy rassisme teen blankes net so effens onder die radar te hou nie, sou hy onbeskroomd net soos alle ander Afrika-diktators dieselfde taal teen blankes gebesig het as sy kollegas in Zimbabwe ("Ek sal tien keer 'n Hitler wees om my doel te bereik"), Liberië ("Ek het jou Pa vermoor. Ek het jou Ma vermoor. Stem vir my as jy vrede wil hê!"), Haïti ("Onthoof alle buitelanders!") en natuurlik Rwanda ("Vermoor die kakkerlakke!").

Die grootste tragedie is dat die res van die wêreld dit nie besef nie en onder die indruk verkeer dat die situasie nie so erg is nie, of natuurlik verklaarbaar is vanweë "het gewelddadige apartheidsverleden" soos die Nederlandse Ministerie van Buitelandse Sake meen. Daar is weinig politieke belang in die Weste om die Afrikaners uit hul penarie te help, en interesse in die Afrikaner se sake lyk slegs van verbygaande aard te wees. Benewens die eis vir 'n eie republiek, is dit gebiedend noodsaaklik dat blankes in Suid-Afrika wat nie wil emigreer nie, moet dink aan 'n manier om hulself 'n politieke bate vir die buitewêreld te maak. As die voormalige president Clinton destyds Bosniese Moslems asiel kon gee om die boodskap te versprei dat Amerika nie teen Moslems is nie, wat kan Afrikaners as politieke hefboom gebruik?

Hoe gouer ons 'n antwoord op hierdie vraag kan vind, hoe gouer kan ons 'n bloedbad voorkom.

 

Boontoe