| boekwinkel |
|
|
|
China en Verwoerd se cordon
sanitaire
"Die groteske strategiese foute wat die Weste in Suider-Afrika begaan het, is vandag daar vir almal om te sien: 'n chaotiese Zimbabwe en 'n Afrosentriese Suid-Afrika." _____________________________________________________________________ Die feit dat Suid-Afrika in die kloue van die ANC/SAKP beland het, is in geen geringe mate te wyte aan die manier waarop die Koue Oorlog hom in Afrika uitgespeel het nie. Suid-Afrika het byvoorbeeld op Amerikaanse aandrang in die Angolese oorlog betrokke geraak. Soos Talleyrand en Smuts egter oor die politiek gesê het, word diegene wat ander 'n guns bewys gewoonlik eerste in die rug gesteek. Ná Reagan en Thatcher het die Westerse lande Suid-Afrika behoorlik verwerp en vandag is een van die mees anti-Westerse bewinde ter wêreld in Pretoria gesete. Die groteske strategiese foute wat die Weste in Suider-Afrika begaan het, is vandag daar vir almal om te sien: 'n chaotiese Zimbabwe en 'n Afrosentriese Suid-Afrika. Maar ook: die groeiende belangstelling van die twee opkomende demografiese reuse in Asië, China en Indié in ons land en in ons streek. Soos ek reeds voorheen in dié rubriek geargumenteer het, het die Afrikaner vandag meer as ooit internasionale bondgenote nodig om teen die felle aanslag van die huidige bewind staande te bly. Dit ly geen twyfel dat die Xhosa-Indiërmag wat ons tans regeer, se uiteindelike mikpunt is om ons geheel en al uit die land te verdryf nie. Een van die lande wat ek reeds voorheen as een van ons potensiële bondgenote geïdeintifiseer het, is natuurlik Japan. Nie net het Japan nooit enige noemenswaardige sanksies teen die ou Suid-Afrika toegepas nie, maar dié land is toenemend in 'n nuwe Koue Oorlog teen sy tradisionele vyand, China, gewikkel. Net soos wat Suider-Afrika tot onlangs een van die gevegsteaters van die Oos-Wesstryd was, mag ons streek betrek word by die Sino-Japannese wedywering. Oor die afgelope week het die leiers van beide lande uitgebreide Afrikabesoeke onderneem: mnr. Joenitsjiro Koizoemi het in Addis Abeba begin waar Japan hulpprojekte bedryf, terwyl mnr. Hu Jintaon van China langsaan in Kenia doenig was. Soos ons weet, het Japan die destydse aanval op Pearl Harbour geloods in 'n desperate poging om 'n dreigende energietekort tuis af te weer. Die geskiedenis is besig om homself te herhaal. Want indien Sjina en Japan in die afsienbare toekoms handgemeen raak, sal dit insgelyks te wyte wees aan albei se vrese rondom 'n dreigende energietekort. Iets wat min mense waarskynlik weet, is dat die twee lande steeds tegnies in 'n staat van oorlog verkeer. Onder andere betwis China en Japan steeds eienaarskap van die groep eilande wat die Chinese Diaojoe noem en in Japannees as die Senkakoe bekend staan. Dit gaan egter verder, want daar bestaan geen ooreengekome seegrens tussen die twee lande nie. China maak aanspraak op 'n ekskluwiewe handelsone van 200 seemyl, wat sy "grens" tot digby die Okinawa-eiland van Japan sou neem. Hierteenoor beskou Japan die gasneerslae in die Suid-Chinese See as deel van sy eie maritieme hulpbronne. 'n Kompromievoorstel deur Japan dat dié hulpbronne gesamentlik deur die twee lande ontwikkel word, is deur China van die hand gewys. Aan die einde van verlede jaar is die Japannese vloot en weermag op 'n gereedsheidsgrondslag geplaas toe 'n Chinese kernduikboot die Japannese gebiedswaters rondom Okinawa binngedring het. Ook Amerika, wat sedert die Tweede Wêreldoorlog Japan as sy vernaamste Asiatiese bondgenoot beskou, het onlangs aangekondig dat 'n kernaangedrewe vliegdekskip van die Nimitzklas in die gebied ontplooi gaan word, oënskynlik om as afskrikmiddel teen Chinese aggressie te dien. Verskeie vergaderings tussen die twee lande kon tot dusver nie die seegrensgeskil ontlont nie. Trouens, aan weerskante kan 'n oplaaiende gevoel van nasionalisme bespeur word wat na herinneringe aan die Tweede Wêreldoorlog teruggevoer kan word. Twee onlangse insidente het hierdie historiese vyandigheid op die spits gedryf: in die eerste plaas het anti-Japannese gevoelens 'n jaar gelede in verskeie Chinese stede in betogings oorgekook waartydens Japannese motors soos Hondas en Toyotas op straat aan die brand gesteek is. Die feit dat daar kwalik teen betogers opgetree is, was vir Japan 'n teken van China se amptelike goedkeuring hiervoor. Ten tweede is China erg bewus van die nasionalistiese herontwaking in Japan, met Koizoemi wat besoek afgelê het by die Jasoekoeni-gedenkteken waar 14 Japannese oorlogshelde gevier word. China beskou dié stap van die Japannese eerste minister as hulde aan oorlogsmisdadigers en het geëis dat sulke besoeke gestaak word terwille van voorgesette betrekkinge tussen die twee lande. Japan is op sy beurt erg deur so 'n inmenging in sy huishoudelike sake ontstel. China het binne 'n kort tydjie groot invloed in Afrika en veral Suider-Afrika verkry deur twee miljard dollar aan Angola vir infrastruktuur te leen. Blykbaar is daar al twee miljoen Chinese in Angola saamgetrek, die helfte soveel soos blankes in Suid-Afrika. Ná Engeland Zimbabwe versaak het, het China begin om die Mugabe-bewind geldelik en andersins te ondersteun. Verwoerd se groot strategiese nalatenskap aan die Suid-Afrika van destyds was die cordon sanitaire van vriendelik gesinde lande waarmee hy ons omring het, te wete Angola, Rhodesië en Mosambiek. Toe daardie lande eers kommunistiese bevrydingsbewegings ten prooi geval het, het dit slegs tien jaar geneem voordat die ANC Suid-Afrika oorgeneem het. Wie dus die huidige Angola, Zimbabwe en Mosambiek beheer, staan 'n goeie kans om op die duur Suid-Afrika met sy minerale rykdomme te beheer. China is tans die naasgrootste energieverbruiker ter wêreld, ná die VSA. Maar om sy 10% ekonomiese groei per jaar te handhaaf, het hy ook ander grondstowwe nodig. Angola het olie om te bied; vandaar dus die Chinese belangstelling in dié land. Suid-Afrika verteenwoordig egter die ekonomiese reus van Afrika en moet daarom reeds op die Chinese spyskaart vir magsuitbreiding figureer, noudat die Weste grotendeels sy rug op ons gekeer het. Gegewe die nuwe Koue Oorlog tussen die twee Asiatiese grootmoondhede, wonder mens hoe Japan op Chinese ambisies in Suider-Afrika gaan reageer. Indien Afrikaners nie so hopeloos onder mekaar verdeeld was en sommige so gretig was om by die Xhosa-Indiërmag te kruip nie, sou bekwame Afrikanerleierskap gepoog het om dié situasie in ons guns uit te buit. Een ding is egter seker: China se betrokkenheid in Angola en Zimbabwe geskied nie om dowe neute nie…
|