|
|
Karin Kortjé en die betekenis
van transformasie
___________________________________________________________
Anton
Barnard
Ek is half geamuseerd deur die skynheilige veroordeling op die webwerf
Litnet (http://www.litnet.
co.za/senet/
senet.asp?
id=1930) van die
Suid-Afrikaanse "Idol", Karen Kortjé, ná haar voormalige kęrel se
misdaad. Ten eerste moet mens verstaan dat selfs voorheen-smettelose
musieksterre 'n buitensporige geneigdheid tot swak oordeel toon. Eens-rasionele
mense word gou beneweld deur te veel musiek en
roem, en verander hul verstande in blitshysbakke na die buitenste ruimte met
eksotiese chemikalieë, vyftigjariges verander in pedofiele, of hulle verwoes
hotelkamers omdat die "minibar" te gou leeggeloop het.
'n Veel belangriker verskynsel is egter dat onder die klaers oor die
nuutste skandaal ook diegene tel wat hoog en laag sweer presies hoe verbind
hulle sou wees tot die Suid-Afrikaanse dogma, religie en oppergesag bekend as
transformasie. Transformasie beteken seker maar verandering, of hoe? Ons
transformeer dít wat voorheen gegeld het en aanvaar was, na iets anders. Onthou
dat Kortjé die Idol volledig 'n maaksel van transformasie was. Anders as in
alle ander lande waar Idols plaasvind, het die plaaslike beoordelaars 'n enorme
seggenskap gehad in haar verheffing tot 'n Idol. Het laasgenoemde nie gebeur nie,
het die publiek weer 'n Heinz of 'n Anke gekies: skoongesig blanke kinders wat
die kat hoogstens stilletjies geknyp het, maar met transformasie niks uit te
waai het nie. More of the same, soos die Engelse sę. Die beoordelaars se
seggenskap het egter transformasie op die Idols-publiek afgedwing, gereed of nie.
Kortjé versinnebeeld transformasie in baie opsigte baie goed. Dink daaroor: sy
is presies die teenoorgestelde van wat baie van die geskokte klaers verwag. Die
hoogheilige klaers verwag 'n Idol wat 'n maagd is (soos Britney Spears, wonder
ek?) Kortjé is egter 'n ongehude tienermoeder in 'n land waar tiener- en
ongehude swangerskappe enorme proporsies aanneem. Juis daarom is Kortjé meer
verteenwoordigend, meer getransformeerd. Dit is die klaers wat die kopskuif sal
moet maak, wat sal moet verstaan dat die verwekking van kinders buite die eg 'n
heel aanvaarbare manier van voortplanting is in Afrika. Transformeer dus jul
sedes, pas aan by die nuwemanier van doen.
Selfs Kortjé se getrouste aanhanger sou erken dat sy minder fotogenies is as
haar voorgangers. Is dit nie egter die essensie van transformasie nie? Wat help
dit ons kies keer op keer Europese, blonde Lebensborn-kinders as Idols, terwyl
die meerderheid inwoners van die land veel meer op Kortjé trek? Nee, dit is die
klaers wat moet verander, wat hul eie idee van skoonheid moet transformeer.
As Kortjé se voormalige vriend se gedrag die skynheiliges teen die bors
stuit, moet mens onthou dat Suid-Afrika die węreldleier is in gewelddadige
misdaad. Sy manier van optrede mag baie mense skok, maar dit is kwalik
onverteenwoordigend van die gedrag van 'n enorme persentasie van sy landgenote
(in die VSA beland helfte van alle jong, gekleurde mans in die moeilikheid met
die gereg). Weereens is die fout by die klaers. Hoekom dwing julle jul
ongetransformeerde, Westerse sienings oor reg en geregtigheid, jul uitgediende
verwagtings van wetsgehoorsaamheid op Kortjé se vriend af, en waarom veroordeel
julle haar vir haar keuses van vriende?
Nee, wat. Hou maar gerus op kla oor Karen Kortjé. Sy is 'n kreatuur van die
Frankensteins van transformasie. As julle oor Kortjé kla, tas julle die
afgod van transformasie se waardigheid aan, en dit is immers in Suid-Afrika die
hoogste gesag.
Boontoe
|