boekwinkel 

chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

mediaverklarings

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 out-STAR

KRYT

 tuis

                

 

Andries Oliphant se 'plaasmoord' op die Afrikaanse letterkunde

_____________________________________________________________________

Dan Roodt

Die webwerf LitNet het onlangs sy voorkoms verander en het daarmee saam 'n "South African literature mini-seminar" bekend gestel. As iemand wat in die vroeë dae van LitNet gereelde bydraes daartoe gelewer het, moet ek sê dat ek teleurgestel is met die algemene vlak van debat op dié forum wat deesdae al meer Engels geword het en al meer ingestel op stereotipe dogmas van die "nasiebou"-tipe.

Een so 'n bydrae tot die "mini-seminar" is 'n stuk deur die heer Andries Oliphant wat mens as 'n plaasmoord op die Afrikaanse letterkunde sou kon tipeer. Hy bied 'n soort literêre vyfjaarplan à la Josef Stalin aan waarin "South African literature" veronderstel is om in "ons lingua franca", Engels, op te bloei. Laat my nou telegramstyl - ek sou my intellek verkwis indien ek enigiets meer sou skryf - aan die heer Oliphant oordra waarom hy onder 'n totale vergissing verkeer indien Engelstalige South African literature reeds hegemonies tot nasionale letterkunde verhef is:

  • Die Afrikaanse letterkunde is outonoom. Dit word deur die Akademie se pryse, 'n eie literatuurgeskiedenis (wat veel omvangryker as enigiets in die plaaslike Rooitaal is), eie literêre kritiek en as skool- en universiteitsvak gedefinieer. 

  • "South African literature" sluit nie die Afrikaanse letterkunde in nie. Trouens, die meeste mense wat hulle met "South African literature" besig hou, het nog nooit 'n boek in Afrikaans gelees nie en het geen begrip vir die leefwêreld, kultuur, intertekstualiteit en tradisie van die Afrikaanse letterkunde nie. 

  • Die nuwe Suid-Afrika is 'n soort Engelse Kuba. Daarom word "South African literature" as "nuwe nasionale letterkunde" gekenmerk deur 'n obsessie met die politiek en politieke korrektheid, en gaan dit mank aan enige waarlik estetiese bewussyn. Hierteenoor staan die estetiese in Afrikaans voorop. 

  • Gegewe die verwoestende uitwerking wat die ANC-regime op moedertaalonderrig, asook die studie van Afrikatale gehad het, kom dit op wensdenkery neer om te dink dat daar in die toekoms ooit letterkunde in enige ander taal as Engels of Afrikaans in dié land geproduseer gaan word. Afrikatale word kwalik meer op universiteite en skole bestudeer.

'n Vraag wat 'n mens seker ook aan die heer Oliphant kan stel, is hoe Antjie Krog as 'n Engelse skryfster en behorende tot South African literature beskou kan word, as sy nie Engels kan praat nie?

Tree in gesprek met Dan Roodt op die geselsforum.