wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

________________________________________________________

Anton Barnard

Anton Barnard het 'n Meestersgraad aan Tukkies behaal. Hy werk as 'n demografiese statistikus en rekenaarkonsultant in Johannesburg, maar woon in Centurion. Van sy bydraes verskyn ook gereeld op LitNet.

Piet Kotzé

Piet Kotzé het sy LLB aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Daarna het hy sy doktorsgraad in die regte aan die Rijiksuniversiteit van Leiden verwerf. By sy terugkeer na Suid-Afrika het hy vanaf 1953 -1955 ‘n pos as senior lektor in die regte aan die Universiteit van Suid-Afrika beklee. Daarna het hy homself as prokureur bekwaam en sedertdien praktiseer hy as prokureur in Pretoria . Hy is jare lank reeds aktief in die politiek en kultuurorganisasies.

Dan Roodt

Dan Roodt het aan Wits en aan die Universiteit van Parys gestudeer, onderskeidelik in die letterkunde en die filosofie. Hy is die stigter van PRAAG en die skrywer van, o.a. Om die waarheidskommissie te vergeet, Moltrein en Scourge of the ANC. Sy rubriek verskyn ook weekliks in gedrukte vorm in Die Afrikaner.

Karin Roodt

Karin Roodt het aan Wits in die beeldende kuns gestudeer. In die tagtigerjare is sy gemoeid met die Johanneseburgse avant-garde beweging in die kuns en letterkunde. Deesdae volg sy die internasionale politiek en lewer gereelde bydraes op die internet.

Joseph Secrčve

Joseph Secrčve is gebore te Roodepoort op 21 November 1973. Hy was op Laerskool Roodepoort-Wes en het gematrikuleer aan Hoërskool die Adelaar in Witpoortjie in 1991.  Daarna is hy RAU toe waar hy 'n B.A.- (Geesteswetenskappe) graad behaal het, met hoofvakke sielkunde en sosiologie in 1995. In 1997 behaal hy die graad B.A. (Honneurs) in sielkunde aan dieselfde universiteit.  Sedert 1998 woon hy in Nederland waar hy 'n rukkie gewerk het en hy is tans 'n paar maande weg van sy doktoraal in sosiale sielkunde aan die Universiteit van Amsterdam. Daarnaas is hy 'n ongeneeslike boekwurm en beywer hy homself vir die taalstryd om die behoud van Afrikaans.

Buks van Rensburg

Buks van Rensburg is 'n Vrystaater van geboorte en tans professor in Wiskunde aan York-universiteit in Kanada.

Lydia van Eeden

Lydia van Eeden is voltyds in die parfuumbedryf werksaam, ná sy 'n tydperk in Parys gewoon het. Sy volg die internasionale politiek, praat vlot Frans en hou haar verder met aktivisme vir die Afrikanersaak besig. Sy is die skryfster van Die verlore saak en het ook Een jaar deur Jean Echenoz in Afrikaans vertaal.

Anna Vier

Anna Vier was die middelste van 3 kinders, en het al die angst van die middelkind-sindroom beleef.  Haar droomwęreld was altyd vir haar 'n veiliger en lekkerder tuiste as die realiteit, waarin sy haarself kon uitleef in 'n sepie-leefstyl, met haarself as die hoofkarakter asook die regisseur.  Tans werk sy as 'n smous oftewel farmaseutiese konsultant in die mediese bedryf en reis die hele Oos-Kaap plat.  In die proses beleef sy daaglikse avonture met haarself, ons land se mense en donkies wat die pad op ongeleë tye wil oorsteek. Sy is 'n opgeleide psigiatriese verpleegster.

Johann Wingard

Johann Wingard is 'n opgeledie ingenieur en woon tans afgetree in Pretoria. Hy is 'n vorige voorsitter van die Volkstaatraad en steeds aktief in selfbeskikkingspolitiek.