chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Pavane van die Afrikaanses 7 - 'n nuwe Kaltjarvereniging, die ANCKV
 

Die ANCKV sal voortaan funksioneer onder beskerming van die Kulturele Lessenaar van die ANC. Vandaar ons nuwe naampie, ANCKV. Ons is besig om te transformeer, te angliseer, te sjarmeer en te verkeer. Alles in Soweto.

Ag Thandi, ons is hier om onsself te verlaag. Gésel my nog.

Ons is ook vreeslik teen apartheid. Veral noudat dit verby is. Toe apartheid nog daar was, het ons nie teekoppies met die swartetjies gedeel nie, maar watwou, daar is niks soos 'n nuwe blaadjie omslaan nie, veral 'n Engelse blaadjie. Voortaan sal alle nuwe lede van die ANCKV die Freedom Charter van buite moet ken. Dit spreek vanself dat julle ook Nkosi Sikelel' iVervelig moet kan sing terwyl julle op aandag staan in tradisionele Xhosadrag. Die mans sal assegaaie dra, en die vrouens een van daai soort kopdoeke wat met sulke punte uitstaan. Alle vroue sal ook sulke langsteelpype moet rook soos mens sien op die toeristefoto's.

Ons as bestuur van die ANCKV het lank nagedink daaroor, en het insgelyks besluit dat die letter "K" in ons akroniem nie meer vir "kultuur" staan nie, maar vir "kaltjar". Voortaan sal u organisasie in die wandel en veral in die handel bekend wees as die African National Congress Kaltjar Vereniging. Eintlik behoort dit Kaltjarvereniging te wees, een woord, maar omdat ons spelreëls in meer as een sin van die woord voortaan by Shell House bepaal sal word, en nie by Engelenburghuis nie, sal u maar gewoond moet raak aan 'n meer "kaltjaral" spelling.

Ons kraakvars, nuwe, getransformeerde Kaltjarorganisasie wat nou direk rapporteer aan die hoogste orgaan van kaltjar in die land, die Kaltjaral Desk van die ANC, is opgewonde om deel te wees van die soeningsproses. Ons soen graag die voete van die ANC. Verkieslik in 'n Springbokposisie met ons stêrre wat wys na die sterre. Ons moet nederig wees, want ons nuwe kaltjar vereis dit.

Op 16 Desember by Salvokop in Pretoria waar hulle nou 'n paar goeie bakstene gaan bederf deur hulle opmekaar te sit vir die grootste stuk kitsch op die Afrikakontinent, en dit sluit Oom Bob Moegabe se nuwe paleis in, gaan ons by die ANCKV deelneem aan 'n groot soening. Ons gaan kruip, mense. Hoe laer, hoe beter. Die plek se naam is Vriedim Paark. By Vriedim Paark gaan ons om verskoning vra dat ons voorheen nie meer kaltjar gehad het en besef het Afrikaans is uit die bose nie. Ons gaan om verskoning vra dat ons afstam van die wrede Europeërs wat Afrika kom uitbuit het, verskriklike dinge gedoen het soos om slawerny af te skaf, en vandag nog voedsel- en ekonomiese hulp aan die verhongerde menigtes van ons kontinent verskaf. Hulle noem dit kolonialisme. Dis eenvoudig te vreeslik vir woorde. Dit laat Dingaan na 'n menseregte-aktivis lyk. Maar eintlik wás ou Dingaan 'n menseregte-aktivis. Sy impi's het maar net 'n paar vroue en kinders by Blaauwkrans en Weenen van kant gemaak, om nie te vergeet van die dommerd Piet Retief en sy geselskap nie, maar ons kan hom nie daarvoor blameer nie. Ons moet liewerster onsself blameer. Retief-hulle het nie genoeg kaltjar aan die dag gelê nie. Hulle moes net 'n bietjie meer gesoen het, voete gesoen het, dan is hulle dalk nie ter dood veroordeel nie.

Die ANCKV is 'n organisasie vir almal wat Afrikaans praat, en wat Afrikaanses genoem wil wees. Ons wil landwyd alle skoolkinders daar waar hulle kafoefel of heroïen spuit in die hoerskooltoilette - kultjar bepaal dat jy maar die deelteken mag weglaat - oproep tot soening, boetedoening, verskoning, verlaging, verloëning en aanbidding van ons magtige ANC met sy grootse kaltjar.

Natuurlik gaan al die verrigtinge by Vriedim Paark in Engels plaasvind, meer spesifiek Kaltjaral Iengliesj. Ons hier by die ANCKV leer reeds baie hard aan Kaltjaral Iengliesj. Neem nou byvoobeeld die Engelse woord "gratuitously", waarvoor die Afrikaanse ekwivalente "ongemotiveer" of "ongevraag" bestaan. In die nuwe uitspraak van Kaltjaral Iengliesj, verwys ons daarna as grêtjislie. Woorde met meer as drie lettergrepe stam in elk geval uit die apartheidtyd.

Afrikaanses het baie meer sulke kaltjar nodig. Maar dit is hoekom ons bestaan: om ANC-kaltjar, waar moontlik, te bevorder.

Herr Doktor Frats Bok, onbekook

11/12/2003

Boontoe