Dié spotprent deur Zapiro het in die
Mail & Guardian verskyn. Daar was ook uitstekende spotprente
in Beeld en ander koerante. Maar PRAAG loof nou 'n boekpakkie
ter waarde van R500 uit aan die skrywer van die beste satire, met of
sonder illustrasies, wat ons vóór 31 Augustus bereik. Alle
verdienstelike bydraes sal op die webwerf geplaas word, dus sal
nie-wenners ook die genoegdoening smaak om hul
Marthinus-spotstukke in al hul glorie op die webwerf te sien
pryk! Doop daai penne in gif en laat waai...
Stuur alle bydraes aan inlig@praag.org
Hier volg nog 'n spotprent wat in
Die Afrikaner verskyn het:
klik om te vergroot