
'n
Gedig aan Marthinus
Joiner 2004
Dis koud hier langs die
monument
en Boerekrygers van weleer
kyk stip en steenoog af na my
waar ek te velde mediteer.
In konkelkamers na April
moes ek as leier sonder gravitas
al reeds my groot ambisies in
my al hoe kleiner geldsak pas:
Die kleurblind broers in Naspers moet
vir Blaspers nou opsystaan,
en ek moet dink waarom die virus
nog glad nie in die ANC bestaan.
Die volk moet nog oortuig word
dat hy illusie is, saamtraan
met Griekwas, Moslems, Khoisan X,
oor Boerekinders sonder naam.
Die volk. Hoe durf hul dink ek sal
met tuinwerkers my drang laat vier?
Ek was wel na Soweto maar
nie om te woon maar vir die bier.
Hul sien my swarte skoentjies nie,
het dalk my hele styl gemis;
ek is al lankal herverpak
as daslose klassis.
Al glimlag ek voorstedelik,
n Boerseun sal ek altyd bly;
geen kortbroek hoerseun sal jy hier
of in Tuynhuis te siene kry.
Ek lus alleen die een groot nasie
van die Nonquase van die dag,
en ignoreer maar die koerasie,
wat bees en boere af laat slag;
die breindrein en miljoene plakkers
wat vir die hongersnood kom wag;
en mense wat al minder oor
hul erfnis of hul toekoms lag.
Die grypsug en geweld tref Zim,
maar ek moet aanhou bid en glo;
daars net een pad, ons sal moet buig,
dis alles maar n plan van Bo.
Al is daar Berber, Afrikaner,
Arabier as Afrikaan;
ons mag net onder Xhosa Nostra
vir Afrika weer op laat staan.
Die ruimtes het ons siel gevoed,
ons kan geen slawe wees,
ek moet minstens n hoofslaaf wees
van n Ubuntu-vadergees.
Ek lus alleen die een groot nasie
van die Nonquase van die dag
en smeek mos nie vir penetrasie
en weet ek moet my geld afwag.
Ek soek dus nou die pyperoker,
wat bietjies-bietjies alles vra;
ja hy, die kale Xhosa-koning,
die grynsprofeet van Afrika.
Sy staat se skadu sprei en sprei
ook danksy my en my party,
oor ou slagvelde en oor nuwes
in Sonkant waar Kekana ry.
Sy teenprestasie sal moet wees
my vrede en my eie roem;
my mense kan gemergel word
mits hy my naam in Engels noem.
Ek vra dus net dat hy my duld,
maar Afrikaners wat nie kruip,
wat my laat sleg lyk deur verwaand
hul volkeregte te gebruik,
oor hulle sal ek als verklap
en alles wat hul doen sterk keer;
ek het nou uit die laer getrek,
die kraal verlaat ek nooit nie weer.
En as die bendes of die koning
ons grond gryp en my eie vrou,
gaan ek met plompe handjies bid
en stywer aan my silwer klou.
Heinrich Matthee
16 Augustus 2004