chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Is Yvonne Malan AWB?

 

Dis bekend dat ekstremiste gedurende die twintigste eeu geredelik van rooi na swart, of andersom, oorgeloop het. Die Nazi's se metodes is grotendeels aan die Duitse Kommuniste ontleen en toe Hitler se gewildheid begin styg het, het Rooies in Weimar-Duitsland en masse na die NSDAP oorgeloop.

Verlede jaar het 'n rooi stormtroep by name Yvonne Malan tydens die Braam Fischer-debakel op die Stellenbosch-kampus ontpop. Maar hoe rooi is Malan werklik, en hunker sy nie dalk na swart nie?

Diegene wat haar Woensdagaand meegemaak het op die TV-program "Judge for yourself", het verbaas opgemerk dat Malan rooi praat, maar haarself swart gedra. Ook haar kleredrag was letterlik swart, in nabootsing van die Duitse SS (Schutzstaffeln). Dis bekend dat die SS tydens die Tweede Wêreldoorlog ook van vroulike hulptroepe gebruik gemaak het, en heel moontlik het Malan haar uniform op hulle s'n gemodelleer. Let ook op haar haarstyl, wat 'n sterk militêre inslag toon, indien dit nie slaan op dié van Europese neo-Nazi-kaalkoppe nie.

Malan is tans berug as lid van 'n politieke faksie op Stellenbosch, die "dames van weleer" oftewel DVW, soos hulle in Die Burger deur 'n drietal Afrikaanse skrywers benoem is. Dat sy egter in haar styl en taalgebruik 'n bepaalde hunkering na die politieke kultuur "van weleer", dit is, Duitsland tydens die dertigjare toon, is gewis. Het ons hier met 'n tipiese geval van rooi-swart-identiteitskrisis te make?

In haar huidige (en kortstondige?) rooi fase, besig Malan omtrent geen Afrikaans nie en druk haarself ook in haar politieke geskrifte in Engels uit. Kykers na Woensdagaand se TV-program was dus verbaas om te hoor dat Yvonne Malan met 'n sterk Afrikaanse aksent, baie soortgelyk aan dié van Eugene Terre'Blanche, gepraat het.

Verwysende na Dan Roodt, het sy gesê: "Dis gaai ies frôm unadda plênnit", asook:  "Aai fink hiez jast from de old Soufefrieka". Hoewel sy haarself uitgee vir 'n student in filosofie of politieke wetenskap, is Yvonne Malan se argumente - of eerder haar geskel - pure brandewyn en Coke. Selfs baie min Coke.

Haar lyftaal het ook gespreek van 'n bepaalde bakarm-macho-allure wat insgelyks aan dié van die Führer of sy Suid-Afrikaanse nabootser, Oom Eugene, ontleen is.

Persone na aan Yvonne Malan is bewus van hierdie tweeslagtigheid in haar benadering tot die politiek. "Ek dink Yvonne besluit nog of sy 'n fascis of 'n kommunis wil wees. Sy hou van rooi retoriek, maar verkies swart metodes, soos sensuur, boekverbrandery, en om af en toe 'n skrywer of twee met die vuis by te dam."

Ons hier by Praag-satire is bereid om te wed dat me. Malan binnekort die storm wat in haar binneste woed, gaan oplos deur by die AWB aan te sluit. Hoewel genoemde organisasie eerder bruin uniforms dra, sal Oom Eugene sekerlik 'n swarthempbrigade vir die vroulike hulptroepe kan skep.

Obersturmführer Frau Yvonne Malan rapporteer vir diens, kameraad...

4 Maart 2005

 

Boontoe