chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Redaksievergadering van 'n Afrikaanse koerant

Anton Barnard

Piet (Redakteur): Koos-Koos, praat gou met my oor hierdie berig.

Koos-Koos: Ja, meneer.

Piet: Wat het gebeur?

Koos-Koos: Meneer, drie verdagtes het 'n plaas aangeval, die boer se honde vergiftig, sy vrou verkrag, die boer met 'n strykyster gebrand, albei vermoor en toe met die boer se bakkie weggejaag. Hulle het slagspreuke op die mure van die opstal geverf wat dreig om nóg boere te vermoor. Die polisie soek nog na die drie swartes.

Piet: Koos-Koos, ons sal hierdie storie van jou heeltemal moet aanpas. Jy sal 'n kantberig moet skryf oor armoede, asook verdrukking onder die apartheidsregime. Maak seker jy haal 'n minister aan oor die stadige pas van grondhervorming. Kry Grafika om vir jou 'n foto van 'n vet boer te kombineer met een van brandmaer mense in Niger, sodat dit lyk of dit een foto is. Ons wil simpatie wek vir die verdagtes.

Koos-Koos: Jy bedoel seker die slagoffers, meneer.

Piet: Nee, die verdagtes. Die voorval is die slagoffers se eie skuld.

Koos-Koos: Haai, meneer...

Piet: Gert in Navorsing vertel my daar was 'n grondeis teen hulle plaas. Op 31 Junie 1908 het een van die plaaslike bevolking se voorouers water op die plaas afgeslaan. Die gemeenskap voel hulle het 'n reg om die plaas oor te neem omdat hulle voorouer dit met sy water-afslanery afgebaken het. Hulle het tot die klam grond as 'n bewys by die Grondeise-kommissaris ingedien. Die boer en sy vrou, die ou korrelkoppe, wou nie trek nie.

Koos-Koos: Ek dag die afsnypunt vir grondhervorming was ná 1908, Junie het net dertig dae, en hoe lank kan grond klam bly?

Piet: Moet nou nie die publiek met die feite deurmekaar wil maak nie, man! Ons is nie hier om die waarheid links en regs ydellik te wil gebruik nie! Het jy ons koerant se leuse vergeet?

Koos-Koos: Uh...

Piet: Laat ek jou herinner: "Vir goeie Broeders is gatkruip baas". Die boer en sy vrou het daarna gesoek. Hulle was slegte Nuwe Suid-Afrikaners, dinosourusse. O, ja, hierdie koerant praat nie van "swartes" nie, of het jy vergeet? Dis "mense".

Koos-Koos: Maar, meneer, hoe gaan die publiek nou weet vir wie om uit te kyk? Drie "mense" in 'n bakkie kan ook drie plaasboere wees. Netnou het ons nog boere se bloed op ons hande.

Piet: Nog 'n plaasmoord hier en daar gaan niemand skade doen nie, en sal ook sommer nog 'n paar plase vir hervorming beskikbaar maak. Dit is veel belangriker dat ons nie op die verkeerde tone trap deur die ou SA-terminologie te gebruik nie.

Koos-Koos: Goed, meneer.

Piet: Ek hou ook nie van die "huisbraak en roof" in jou berig nie. Kom ons noem dit eerder 'n "regstellende huisbesoek". Die bakkie is nie gesteel nie, dit is "eienaarskap-getransformeer."

Koos-Koos: En die verkragting, Meneer?

Piet: Het jy dan niks geleer by daai kulturele sensitiwiteitsopleiding waarvoor ek so duur betaal het nie? Verkragting is so 'n Eurosentriese begrip. Dis seker oor jou vrou so op jou kop sit. Kry bietjie respek vir inheemse kulture, man. Sannie!!!

Sannie (uitasem, knoop haar bloes toe): Ja, meneer?

Piet: Skryf jy bietjie vir ons 'n in-dieptestuk oor die skuld wat apartheid aan verkragtings dra.

Sannie: Ek maak so. Ek sal sommer 'n spotprent van HF Verwoerd by die artikel sit, met die onderskrif: "Is hý die oorsaak?"

Piet (stralend van trots): Wanneer laas het ons na jou salaris gekyk, Sannie?

Sannie: (giggel en bloos net)

Koos-Koos: Wat dink meneer moet die opskrif wees?

Piet: Kom ons probeer: "Suksesverhaal met blits-grondhervorming".

29 September 2005 03:09 AM

Boontoe