|
Pavane
van die Afrikaanses (3)
Toneel 4
Ammelee Miesies, vermaarde
joernalis
Baba Mboeti, president van Azanië
Cinzano, president van Mosambiek
Tee by Tuynhuis, terwyl ‘n
koerantonderhoud gevoer word.
Ammelee Miesies: Oe! Ek is
verskriklik geëerd om ‘n onderhoud te mag voer met u, menere
die Presidente.
Mboeti en Cinzano: Ja, ja, Ammelee.
Wat wil jy nou alweer vra? Jy weet, ons is baie besig.
Mboeti (sotto voce aan Cinzano):
Cinzano, ou vriend, sy was jare lank ‘n getroue ondersteuner
van die NP, en is nou ‘n pasbekeerde tot die ANC. Ek tel haar
onder my groepie mak Afrikaners; hulle eet almal uit my hand, ek
sê jou...
Miesies: Haai, wat sê u daar? Ek
hoop dis vleiend (vat aan haar hare), want ek verstaan nie
Portugees nie.
Cinzano: Eintlik het ons Engels
gepraat. Die wêreldtaal, jy weet. Ek hoor daar is ‘n paar
frankofiele filosowe by julle wat weier om te aanvaar dat
Afrikaans ‘n mindere dialek is?
Miesies: Ag nee wat, meneer
Cinzano, ons het alles onder beheer. Hulle is ‘n klein groepie
ou wit mans wat binnekort gaan uitsterf saam met die taal. Ek sê
altyd: Afrikaans is ‘n miniskule kwessie.
Mboeti: Mooi so, Ammelee. So lank
hulle onder die besef van hul miniskuulheid bly, sal ons hulle
belastings teen hulle kan aanwend. Jy doen goeie werk.
Cinzano: So gepraat van belastings,
maskas, maar die Mosambiekse ekonomie groei nou weer teen ‘n
tempo. Ons moet nog net ‘n internasionale biddag vir reën hou,
dan styg ons groeikoers nog ‘n paar persent.
Miesies: Dit klink goed, meneer
Cinzano, ons is nou by die belangrike kwessies, soos die fyndruk
van Gear. Maar ek dag julle het soveel vloedskade gehad? Het die
ekonomie so gou herstel onder u bekwame leiding?
Cinzano: Nee, die ekonomie is nog
steeds in sy peetjie. Jy weet ons probeer nog maar hard om in
die Guinness Book of Records te bly as die wêreld se armste
land. Maar toe die spul skenkings nou instroom van al daai ou
wit mans in die Weste, toe sê ek vir myself: hier is ‘n
geleentheid.
Miesies: Fassinerend, u bedoel
selfs al is daar ‘n vloedramp, maak u ‘n plan?
Cinzano: Net so. Hier kom toe mos
miljoene dollar se skenkings in Maputo aan, voedsel, medisyne en
noodvoorrade, en toe dink ek by myself: maar ons kan mos nie al
die goed gratis laat invoer Mosambiek toe nie. En toe slaat ons
hulle met doeanebelastings vir nog miljoene dollar. Aan harde
kontant. Hulle was so desperaat om die mense te help dat ons nog
so ‘n paar ekstra persentasies kon hef vir vinnige
prosessering.
Miesies: Maggies, President, maar
dis briljant! Ek stem saam: dit sou darem afskuwelik wees, amper
rassisties, as ‘n spul Amerikaners en Duitsers en Franse hulle
noodvoorrade gratis op julle aflaai sonder dat hulle doeane en
aksyns betaal. En toe is die Mosambiekse staatskas seker vol?
Cinzano: Nou nie heeltemal nie.
Maar jy sien, as ons net nog reën en ‘n tropiese storm of wat
kan kry, dan verdien ons dalk genoeg buitelandse valuta sodat ek
vir my ook ‘n vliegtuig kan koop soos my ou vriend Baba s’n.
Ek sien julle sit Pastoor Vry McAalie so graag op die voorblad
van julle koerant?
Miesies: O ja, hy is ons
gunsteling Afrikaanse, al praat hy nou net Amerikaans. Maar as
nuwe Afrikaanses is ons nie puntenerig oor taal nie. As hy so
"Lord Jesus!" in die mikrofoon skree, is dit soos poësie
in my ore. Baie beter as Van Wyk Louw en al daai ander regse
Afrikanerdigters. Maar hoekom vra u?
Cinzano: Wel, miskien kan u vir
die Pastoor vra om ‘n biddag vir reën in Maputo te kom lei.
Hy bring mos ‘n ramp oral waar hy gaan.
Miesies: O, ek sien. Natuurlik, ek
sal sommer sorg dat ons Sondagkoerant die maksimum publisiteit
daaraan verleen.
Mboeti: Ammelee, jy en jou pastoor
beter ‘n bydrae maak vir Cinzano, want jy weet hy het nie ‘n
klomp Afrikaanse belastingbetalers wat vir hom vliegtuie kan
koop nie. Die arme man moet met ‘n ou vliegtuig rondvlieg. Dis
‘n skande!
Miesies: Heeltemal reg, President.
Hoe kan ‘n mens respek hê vir jou leier as hy nie ‘n mooi
vliegtuig het nie? Hoe gaan dit nou met u vliegtuigkopery? Is
die R300 miljoen darem genoeg? Of sal u nie al die ekstras kan
bekostig nie?
Mboeti: Ek meen ek sal kan uitkom.
Anders sal ons maar iewers in ‘n begroting moet diep. Jy weet,
ou Manual Automatic druk nou weer die klein besighede vir
belastingontduikings, ek is seker ons gaan dié jaar ver oor die
200 miljard rand inkry en dan is daar geld vir vliegtuie en
karre en de lot. Ek is net jammer ek het net een vrou, want as
ek nou meer as een gehad het kon ek ‘n hele vloot karre op
staatsonkoste gekoop het. Laat ek sien: een Ferrari, een Rolls,
een Lamborghini Diablo. Maar my adjunk het my bietjie
voorgespring daar, die bogger. Hy ry seker elke dag met ‘n
ander kar, dis deel van die pret van ‘n uitgebreide familie.
Met al sy byvoordele, sal ek moet seker maak hy het nie ‘n
groter pakket as myne nie. Aan die ander kant, solank myne
groter as ou Bul s’n van Amerika bly, kan ek seker ook nie kla
nie.
Miesies: Meneer Mboeti, u is
bekend daarvoor dat u die middeweg volg. Nie sosialisme, maar
ook nie kapitalisme nie. Ek is self ‘n middewegmens,
intellektueel en andersins. Ek kan dit nie verdra as mense sê
iets is heeltemal reg of verkeerd nie. ‘n Mens kan mos sê
iets wat heeltemal verkeerd is, is amper reg.
Mboetie aan Cinzano: Kan jy sien,
Cinzano, hoekom ek so baie van my mak Afrikaanses hou? Hulle kan
maar enige tyd kom teedrink by Tuynhuis. Ja, Ammelee, soos
gewoonlik is jy amper reg. ‘n Mens moet die ander kant van die
saak hoor, soos ons nou gaan doen met die Vigskwessie.
Ammelee: Meneer Mboeti, vertel ons
meer daarvan. U weet, ek stel so belang in die wetenskap. Maar
ek hoor daar is frankofiele wetenskaplikes wat u kritiseer?
Mboeti: Ag Ammelee, jy moet jou
nie daaraan steur nie. Daai ou spul paddas by die Pasteur-instituut
gee net voor dat hulle die Vigsvirus ontdek het. En daar is ‘n
paar Amerikaners wat ook dink dat ‘n mens vigs kry van ‘n
virus. Maar dit klink vir my te veel na apartheidwetenskap. Ek
hou meer van die idee dat armoede en ondervoeding vigs
veroorsaak. En, Ammelee, dis te verskriklik dat die alternatiewe
wetenskaplikes nie hul stem gehoor kan kry nie. Dis middeleeus,
dis soos om mense op die brandstapel te verbrand vir heksery net
omdat hulle nie in die vigsvirus glo nie! ‘n Mens hoef mos nie
daaraan te glo net omdat ‘n spul eurosentriese wetenskaplikes
daaraan glo nie!
Miesies: U is amper reg,
President. Maar wat van al die mense wat so doodgaan? Sal u
wetenskaplikes iets vir hulle kan doen?
Mboeti: Ag, wie weet. In elk geval,
hulle staan net so ‘n goeie kans soos die res met hulle
virusteorie. Maar jy weet, Ammelee, die AZT kan ‘n vreeslike
toksisiteit en geldmors afgee. Ek hou nie daarvan om onnodig
geld uit te gee nie. Kyk nou maar net ons welsynsbegroting. Ons
het net 2% daarvan uitgegee, en die res bespaar! Ons het bewys
dat die armes sonder welsynsdienste kan klaarkom. Nog ‘n
eurosentriese teorie in sy maai! Dis dié dat ek myself met ‘n
nuwe vliegtuig beloon.
Miesies: Meneer die President,
namens al die Afrikaanses kan ek net sê: die land is in goeie
hande. Moet u nie steur aan kritiek van die frankofieles nie.
Ekself kan ook ‘n President met ‘n lelike vliegtuig nie vat
nie!
Mboeti: Ag dankie, Ammelee. Maar
wil julle nie vir my ‘n guns doen en vir Haarolie Pakendrup as
redakteur aanstel nie? Ek hoor julle sirkulasie daal so van al
die steun wat julle my gee, dat hy net sowel die ding kan kom
toemaak. Maar eers die biddag vir Cinzano met Pastoor Vry
McAalie. Hou net uit totdat hy vir hom ‘n vliegtuig kan koop,
want netnou skryf die frankofieles te veel briewe in julle
koerant. Julle Afrikaanses moet liewer die Sunday Indifferent
lees, dit sal julle goed doen. Praat net die taal, moet hom nie
lees nie.
Ammelee: Sekerlik, President. U is
amper reg. Ons koerant is op pad uit en ons het vir Haarolie
broodnodig vir die doodskoot.
Toneel 5
Nadat Mboetie vir Cinzano ‘n
geleentheid gegee het in sy vliegtuig, kom hulle by die
Victoriawaterval aan vir ‘n mini-spitsberaad met hul vriend
Bob Moerdadig.
Die private sitkamer van die
Elephant Frills Hotel, wat uitkyk oor die gelyknamige gholfbaan.
Bob kom by die vertrek ingestap en groet sy vriende gul.
Bob Moerdadig: Hallo, hallo.
Cinzano, Baba, my vriende, hoe gaan dit?
Cinzano en Mboeti: Goed, man, goed
dit kan nie beter nie. Maskas, maar jy dra jou jare goed. Dis
seker al daai jong vrouens van jou.
Bob (laggend): Ja, man, ja. Dit
hou my jonk. Ook so af en toe ‘n bietjie oefening in die
gimnasium. Maar julle lyk ook goed. Hei, dis ‘n handgemaakte
pak van Sulka daai!
Mboeti: Ja, man, ons was nou die
dag heen en weer Parys toe vir inkopies in my vliegtuig. Toe kry
ek so ‘n klein afslaggie op dié een. R45 000 kos hy toe, ‘n
absolute winskoop.
Bob: Mboeti, jy moet my die adres
gee. Ek het juis ‘n paar nuwe pakke nodig. Jy weet,ek is nou
so op die wêreldtoneel, en kan nie my land in die skande steek
as ek op CNN verskyn nie.
Cinzano: Nee, nee, Bob. ‘n Mens
moet op jou beste lyk. Maar sê my, hoe gaan dit daar met julle
oorlog in die Kongo?
Bob: Nie te sleg nie, ons gaan een
van die dae wen. Dit kwel my eintlik gladnie. Bietjie duur, maar
nou ja. Ons sal wel iewers skenkergeld vandaan kry.
Mboeti: Ja, Bob, ek hoor jy het
probleme hier met die opposisie en die Britte wat opgehou het om
geld te skenk?
Bob: Moenie eers praat daarvan nie,
Baba, my ou gabba. Dis alles daai klomp koerante van julle se
skuld. Het Barney hulle nie al toegemaak nie?
Mboeti: Hy probeer, maar toemaar,
dis net ‘n kwessie van tyd dan is hulle onder beheer. Intussen
moet ek om verskoning vra as hulle jou probleme besorg.
Bob: Jy beter. As ek jy is, sal ek
beslis nie sulke dinge toelaat nie. Jy weet, ek moet ‘n
verkiesing wen en die grondwet verander kry sodat ek makliker
kan plase konfiskeer. Dis eintlik ‘n verskriklike beslommernis
om verkiesings te hou. As dit nie vir ons rasistiese grondwet
was nie, was dit nie eens nodig nie.
Mboeti: Dit klink netelig, Bob.
Wat kan ons doen om dinge vir jou makliker te maak? Jy weet, ons
het nog iewers 120 000 ton se wapens versteek in Angola, wil jy
daarvan hê?
Bob: Nee wat, Baba, vir die
oomblik het ons genoeg. Ons is besig om die boere van hulle
plase af te sit, maar dit veroorsaak soveel publisiteit. Dis
omdat hierdie kommersiële boere van ons net nie wil padgee van
hulle plase af as jy hulle nie eers doodmaak nie. Dis ‘n groot
probleem. En dan indoktrineer hulle nog hulle werkers om vir die
opposisie te stem.
Mboeti: Mmmm, Bob. Dis nogal
vreemd. Daar by ons is daar al oor ‘n duisend boere vermoor,
en mense skryf skaars in die koerante daaroor. Ek dink jy het
net ‘n goeie skakelbeampte nodig.
Bob: Dink jy regtig so? Jy weet,
daai Peter Hain van Engeland sê allerhande lelike dinge oor my.
Mboetie (kry skielike ingewing):
Wag ‘n bietjie, Bob. Kry net vir jou ‘n sondebok.
Bob: Maar ek het! Die wit boere is
my sondebok. My veterane is dan besig om hulle van die plase af
te sit.
Mboeti: Dis alles goed en wel,
maar jy het ‘n sondebok nodig wat kan betáál. Kyk nou maar
vir my. My grootste bron van inkomste is die Afrikaanses, en
hulle is ook my grootste sondebok.
Bob: Wag ek sien nou waaraan jy
dink. Jy reken ek moet Engeland die sondebok maak!
Mboeti: Daar’s hy, Bob. Dis mos
nie jou skuld as daar wanorde in jou land is nie. Blameer daai
spul ryk Engelse in Engeland.
Bob: Jy’s reg, Baba. Maar wie
sal my help om hulle te laat betaal, want hulle lyk my maar
suinig op die oomblik.
Cinzano en Mboeti: Maar ons, Bob!
Het jy nog nie gehoor van die Afrika-renaissance nie? Graça sal
jou ook kom help om hulle skuldgevoelens bietjie op te werk, as
dit daarop aankom. Sy’t pragtig gehelp in Mosambiek met
daardie vloedebesigheid.
Bob: Ek hoor jy’t so geld gemaak
uit die doeane en aksyns, Cinzano?
Cinzano: Ja-nee, ‘n mens kan nie
‘n gegewe perd in die bek kyk nie, jy moet hom rý.
Mboeti: Goed, goed. Cinzano, hou
nou op om te spog oor jou doeane en aksyns. ‘n Mens sou sweer
jý het ‘n nuwe vliegtuig. Nou moet ons net mooi ooreenkom oor
wat ons sê by die perskonferensie... Onthou om darem ten minste
eenkeer na apartheid te verwys, en dan blameer ons Engeland vir
al die ellende in Zimbabwe en, siedaar! hulle sal nie kan weier
nie. Die ponde gaan weer inrol.
Bob: Baba Mboeti, jy’s geniaal.
Ek wonder nou, miskien kan ek met die Engelse geld nog ‘n paar
plase by my versameling voeg...
Mboeti: Hoeveel het jy al?
Bob: Vyftien. Dit staan dan in
julle verpeslike Azaniese koerante.
Mboeti: Ja, maar jy weet ek lees
dit nie. Ek’s te besig om rond te vlieg. Lees is nie een van
my stokperdjies nie. Bob, moet net nie meer as vyftig plase vir
jouself hou nie, anders kom daar alweer kritiek van die rassiste.
Bob: Ja, jy’s reg. Rassisme is
‘n groot probleem.
Mboeti: Nou ja, maak vas julle
ontwerpersbaadjies, en glimlag vir die kameras, hier gaan ons...
Boontoe
|