chronologie

 menings

 opstelle

 poësie

 satire

 aksies

 skrywers

 abba

 skakels

 briewe

 uit-BEELD

 uit-RAPPORT

 tuis

 

Pavane van die Afrikaanses (4)

Rolverdeling

Mak ge Skree, ‘n gewese vuurvreter televisie-joernalis, tans vryskut-korrespondent vir intellektuele mensgerigte lewenstyl-tydskrifte

Kiem die Plassie, voorheen adjunk-hoofpropagandis van die suidelike Afrikaanse Koerantmonopolie (sKAM), tans redakteur van Newmarket Today, die geloofwaardigste perdeblad in die land, opgerig met belastingbetalersgeld in die stryd teen die Totale Aanslag

Willie Nesuitgeveertehuyze, Stellenbosse akademikus wat nooit toegelaat het dat Nietszche sy denke besoedel nie, maar in 1972 ‘n dramatiese Damaskus-ervaring beleef het met André P Brink se Kennis van die aand

Met kamee-verskynings deur Eenoog Sit-of-lê, ‘n onwettige Mosambiekse immigrant wat die Suid-Afrikaanse joernalistiek ‘n tyd lank verryk het met praktiese insette oor die herverspreiding van rykdom; Ha!Hoe? Mbwana, charismatiese hoof van ‘n nasionale radio- en TV-stasie; Philemon Tweespoorelefe, ‘n vooraanstaande televisie-baas; en Galjoentjie Swim-a-gala, nuusman en politieke kommissaar by die ANC-BC, die elektroniese nuustak van die Regerende Party

Toneel 6

(Tafereel: Mak ge Skree alleen by ‘n tafel in die Full Stop in Melville. ‘n Leë wynbottel (Rust en Vreugd) voor hom. Hy hamer sy ronde voorkop.)

Mak ge Skree (sugtend): Ek onthou dit asof dit gister was… (Kyk op, wilde uitdrukking in oë, stem driftig) Toe ek daar by die sitkamer instap… (Bulder – ‘n kelner spring verskrik opsy) Die stilte… (Sag) Dit was die heel ergste…

(Kiem die Plassie kom die restaurant binnegstap. Onder sy arm het hy ‘n kopie van die Afrikaner-weergawe van die Sun-Tzi (The Art of War): Willem Beserk se seminale Afrikaners: Kroeskop, Krasgat, Bliksoldaat.)

Kiem die Plassie: Mad Max! Wat maak jy?

MgS (met waansinnige oë): Ek is nie fokken mal nie!

KdP: Ag, sorry, man. Jy weet hoe moeilik dit is om ou gewoontes af te skud. Kyk net hoe sukkel ek nou nog om my verlede af te skud. En ek onthou jou nog van die dae toe jy in opstand teen die establishment was. Oom Pieter Willem het jou mos destyds ‘n lunsriem genoem.

MgS (Lakonies): Jy kan nie eens jou eie voël afskud nie. Anyway, ek onthou jou ook van daardie dae… Ou gatlekker.

KdP: Wys jou net, né? The more things change… Maar wat sit jy hier so met jouself en praat?

MgS: Jis, man, ek is eintlik skaam om dit te sê. Maar ek dink aan seker die mees monumentale oomblik in my lewe – die oomblik toe alles verander het. My most defining moment. Maar nee, dis te privaat, ek kan nie vir jou sê nie.

KdP: Jy bedoel, die dag toe Verwoerd dood is? Die middag toe jou pa en ma vasgenael voor die radio gesit het in julle huis in Kroongat? Die eerste keer dat jy jou pa sien huil het? Daardie leegheid, die stilte in jou gemoed… Die dominee wat swaarmoedig oor die drumpel tree: "Stil, Broeders, daar gaan ‘n man verby…"

MgS (verwilderd): Hoe weet jy dit alles, Kiem? My fokken privaatste geheime? Moenie vir my sê jy was ook een van daardie spies wat jou lyf joernalis gehou het nie!

KdP: Nee, man, relax. Jy vertel dan self die storie in elke artikel wat jy skryf! En met permissie gesê, jy skryf darem fokken baie… Daar is selfs mense wat meen jy skryf meer as wat jy te sê het.

MgS (sug): Ja, fok. Jy weet nie hoe moeilik dit is om van vryskut aan die lewe te bly nie. Die voorste Afrikaanse mensgerigte lewenstyl-tydskrifte betaal ook maar bekak. Dis hoekom ‘n persoon ‘n resep moet hê. Dis soos ‘n Huisgenoot-storie, jy weet, of soos ‘n hygroman. As ‘n ou dan eers ‘n lekker staaltjie het wat wys dat jy eens ‘n Boer was – dat jy nou ‘n bekeerde Boer is, een met geloofwaardigheid vir die Engelse koerante…. Dan’s jou kop deur. Minstens betaal hulle darem so ‘n bietjie beter, en ‘n man moet kan eet, né?

KdP; Ja, wiens brood men eet…

MgS: Fok jou!

KdP: Sorry, sorry… ‘n Freudiaanse glipsie. Maar ek moet toegee, dis ‘n slim set daai van jou. Vertel hoe jy gehuil het die dag toe Verwoerd dood is, dan bevestig jy jou credentials by jou Engelse lesers – en dan looi jy alles wat Afrikaans is. En sommer die nuwe regses ook.

MgS: Jirre, dan kry ou John Papbatteries van die Independent so lekker, sy soutkoppie krul eintlik om oor die Atlantic. En einde van die maand is die tjekkie ook sommer vetter. En die beste is: hoe commoner jy die Boere maak, hoe beter werk die Boere Magic.

KdP: Hulle sê nie verniet ‘n Boer maak ‘n plan nie.

MgS: En watter plan! Jy vertel van jou droefheid destyds met Verwoerd se dood, belei jou trots op die Africans wat die Zimbabwe ruins eiehandig gemaak het, wys hoe bekeer en verengels en African jy is… En die beste is, jy kry nie net jou pennie horribles verkoop nie, jy kan jou resep op enige situasie van toepassing maak… Begin by Verwoerd, maak ‘n draai by Hansie Cronjé se knoeiery, Bles Bridges se dood, ou ET se tronk-eskapades, die lys het nie einde nie! En dit raak net plesieriger, veral noudat ek ‘n swartman is.

KdP: ‘n Swartman?

MgS: Ja, man, swart is mos nie meer ‘n rassekonsep nie, dis mos ‘n analitiese konsep. Dr Hyg Wilnetsê het hierdie unieke skuiwergat vir gewetensbelaste witmense verteoretiseer. Dis wonderlik. Jy voltooi net ‘n vraelys, en as jy kan aantoon jy’t genoeg ge-suffer onder apartheid, het dr. Wilnetsê nou die teoretiese tools om jou analities tot swart te konseptualiseer.

KdP: Jy speel!

MgS: Nee, dis die reine waarheid. Het jy nog nie gehoor van die Teorie van Analitiese Konseptuele Bokspronge nie? Hierdie week is daar juis drie Chinese analities swart gekonseptualiseer. Ses Jode, drie Portugese, sewe Afrikaners en selfs ‘n Engelsman van die Natalse Middellande het ook almal analities van kategorie verander. Agt Xhosas en sewe bruinmense het weer nie die paal gehaal nie. Hulle is almal in terme van dr. Wilnetsê se grensoorskreidende teorie analities tot nie-swart gekonseptualiseer. Die armsalige bliksems het in die ou bedeling vir die staat gewerk.

KdP: Magtag, né? Die moontlikhede is onbeperk.. En ek dag die heeltyd ‘n Afrikaanse kan net swart word deur gatkruip.

MgS: Ons kan die hele bevolkingsprobleem in Suid-Afrika oplos, ou maat. Dink net: die ou staatsdiens het vir 60 persent uit swartmense bestaan. As hulle nou almal analities wit gekonseptualiseer word, sit ons hier in Suid-Afrika met 'n swart minderheid. En ek kan jou nie vertel wat dit vir my eie selfbeeld gedoen het nie… Van Verwoerdman tot swartman in ‘n enkele leeftyd. En die heel beste is, ek kan my swartheid vir my familie wegsteek – die bokkers weet nie eens ek is swart nie. Ook nie die Engelse koerantredakteurs nie. Ek kan my nog altyd as bekeerde Boer voordoen en uit die loopgrawe op Afrikaners en nuwe regses aanlê!

KdP: Steek jou swartheid weg, maak die Afrikaners se naam gat en maak geld! Ou Mak, jou ondernemendheid is net wat vandag nodig is. Jy moet kom help, man. Ons het mos ‘n strategie by Newmarket Today om van die Boere volwaardige Nuwe Suid-Afrikaners te maak. En jy weet self, jy kan nie deesdae diversiteit toelaat nie. Dit ondermyn die hele visie van One beer, One Nation, One Language.

(In die hoek kom Eenoog Sit-of-lê stadig agter ‘n tafel orent.)

Eenoog Sit-of-lê: One nation? Nou praat jy. Sommer one nation vir die hele suidelike Afrika, man, Mozambique included. But the fuckers didn’t want to believe me. I told them my tenure at the ANC-BC as news chief was part of a broader vision. Dis deel van die African Renaissance, ek sê! And us Mozambicans are entitled to our slice of the Renaissance. Toe fire hulle my, nog voor ek die kans gehad het om die nuusbestuur heeltemal te transformeer. Ek het klaar ‘n lesbiese Ethiopiër en ‘n homoseksuele Ugandese dwerg geïdentifiseer as radio- en TV-hoof onderskeidelik. Maar die bleddie Philemon Tweespoorelefe het my lelik befok. Voor ek my planne in plek kon kry, het hy al klaar al die fokken wit, middeljarige, manlike Afrikaners uit die bestuursposte getransformeer. Hoe de fok kon ek nou transformeer as daar nie meer witmense oor was wat getransformeer kon word nie?

Philemon Tweespoorelefe (loer met leepoë van die tafelblad af op. In gepoogde Britse aksent): And ash I always shay… Let it fly, let it fly! Like a butterfly!… or was it Pope?

Ha!Hoe? Mbwana (Kom vertrek binne, Bybel onder die arm vasgeknyp): Phil, you don’t know it, but you are a poet!

ES-o-l: Ag, fuck you, dominee.

PT: No, he’s got a point, Eenoog-Brother. The dominee really is an original thinker. Just analyse his wisdom, Eenoog-Brother… Me, Philemon Tweespoorelefe, a poet. (Kom wankelend orent, swaai sy arm teatraal na die dak) A poet! You are a true blue English poet, Philemon, but you do not realize it! Let it fly! (Sloeg neer.)

HHM: Now, that was poetry in motion.

ES-o-L: Shaddup, jou poesh.

(Galjoentjie Swim-a-gala kom kiertsregop by die deur ingemarsjeer)

Galjoentjie Swim-a-gala: Did I hear my name mentioned?

HHM: Oh, Caesar! Not a moment too soon did thou make thy presence felt!

GS: Fuck you, Broer. Ek het ‘n brief hier van Thabo. Ons moet die African Renaissance laat herleef. Nie vandag nie, nie môre nie – gister! Uncle Bob en sy war veterans is hier anderkant die grens besig om die inisiatief vir die Renaissance te steel.

PT ( hou sy kop vas): How, my Chief, how?

GS: There is only one way: We must sink the BBC and CNN. We must invade the continent with our crack troops of hacks. We must become the best broadcaster in the universe! En daar’s only one way: It must be done in English! Djulle het mos gehoor Gouda Landvrou se Engels is die hemel se taal. Already we are reinventing the English language on our TV screens on a daily basis!

HHM: Brother Galjoentjie, nou praat djy. Djy’s a poet, man. A poet, and you don’t know it!

GS (trek oë op skrefies): There are very few things that MK is not aware of, Chief dominee. Be very careful with that mouth of yours.

KdP (steek sy hand op): Met u toestemming, Comrade Galjoentjie. Ek is beskikbaar. Ons durf nie toelaat dat die nuwe orde ondermyn word nie. My hele lewe is geskoei op die instandhou van die heersende orde. Ek het die trek-record. Ek kan dit doen.

ES-o-l (sluwe trek op gesig): Yes! I say, appoint this man in the position of Chief: African Renaissance Resurrection! (Tersyde) A white man, ‘n Afrikaner… gee hom ‘n posisie, dan kan ons weer begin transformeer! En dan’s ek terug in my job, transformed back into power! (Kekkellaggie)

KdP: Dankie! Dankie! (Soen Galjoentjie se skoene) Hulle noem my nie verniet Kripvreter nie! Die baas se soutvoete, hy smaak lekker!

MgS (pink ‘n traan weg): Ek sien al my rubriek in The Empire and Sun: ‘It was not a memorable time. As I came into the room, I saw my parents huddled together in front of the radio. My mother was crying softly in her soup. My father got to his feet. "Son," he said. "Son." There was no need for anything more to be said. I knew then, as I know now: Verwoerd was dead. Stabbed by what we, in our ignorance, regarded as a madman. Now we know, of course, it was not Tsafendas who was the madman…’

KdP: En dan… hoe bring jy die kloutjie by die Galjoentjie?

MgS (glimlag soos ‘n Man wat Weet): Galjoentjie is die vent wat my ge-fire het by die ANC-BC, en dit net omdat ek op my vryheid van spraak bly staan het.

KdP: Wat? Het jy op jou eie middelvinger gestaan toe jy hom moer toe gestuur het? Was dit nie ongemaklik nie?

MgS: Dis ‘n posisie waaraan ons Boere gewoond moet raak, Broer. Jy kan nie gatkruip as jy nie kan buk nie. En die maklikste manier om in ‘n gebukkende posisie te bly, is om jou middelvinger vas te trap. Die Gatkruip-vastrap. Maar dis nie waarop ek nou afstuur nie…

KdP: Wag net, ek neem gou notas vir my hoofartikel more… Gatkruip… Kripvreet… trek jou middelvinger uit jou hol… pasop vir die nuwe regses… raak getransformeer… speak English… word deel van die meerderheid… lid van die Nuwe Suid-Afrika!… Nieu-Seeland, Australie, in die diaspora… die kringloop voltooi.

MgS: Maar laat Ha!Hoe?-hulle my eers mooi verstaan… Ons het nog ‘n appeltjie te skil in ruil vir die pot lensiesop.

HHM: Wat bedoel u, mnr Ge Skree?

MgS (triomfantelik): Ek wil my job terughê! My job as aanbieder van Special Alignment – in Line with Party Policy (trap die Boere sit-sit so).

HHM: In ruil waarvoor nogal, mnr Ge Skree?

MgS (afgemete): In ruil vir transformasie! Ek word getransformeer in ‘n subliminale strategie om Eenoog terug te kry in die ANC-BC. Julle het ‘n witman nodig. Sonder ‘n witman kan julle nie transformeer nie. Ek is daardie witman.

GS: I am beginning to see possibilities…

KdP: Ek het ‘n analities-konseptuele probleem… Dit lyk my dan al wit word hier as rassekonsep aangewend.

MgS (knipoog vir KdP): Boere Magic, Mate. Boere Magic. Never fails.

(Willie Nesuitgeveertehuyze kom by die deur in, lyk selfvoldaan.)

WN: Naand, mense, naand, naand. Jammer ek is weer laat. Net eers gekyk hoe die wind waai. En nou kan ek konstateer, sonder vrees vir teenspraak: Ek stem saam met die meerderheid. Maar dit lyk my julle drankies het warm geword. Oom sal vir die volgende rondte betaal.

(Word vervolg)

Wat gebeur verder in die pavane van die Afrikaanses? Gaan Mak ge Skree sy job terugkry? Nog belangriker: Gaan Eenoog Sit-of-lê syne beredder? Gaan Suid-Afrikaanse burgerskap uitgebrei word na Mosambiek as deel van die Mboeti-bewind se demokratiseringsproses? En vandaar na die res van Afrika? Is daar genoeg middeljarige wit mans oor om die ANC-BC suksesvol verder te transformeer? Gaan Galjoentjie Swim-a-gala die African Renaissance laat herleef? En gaan Ha!Hoe? Mbwana ‘n gebed ingepas kry voor die gordyn vir oulaas sak? Het Kiem die Plassie genoeg stof vir ‘n hoofartikel om die nuwe regses mee by te kom? Gaan Flouis Fluyt sy koerant uitkoop? En wie gaan die gelag betaal? Erger: Gaan Philemon Tweespoorelefe ooit weer op sy voete kom? GAAN DIE DRIE CHIEFS HERENIG SODAT HULLE AFRIKA ONDER DIE VAANDEL VAN ENGELS KAN INNEEM? Staan die BBC en CNN ooit ‘n kans teen die Nuwe Totale Aanslag? Gaan dr. Hyg Wilnetsê vir die Nobelprys genomineer word vir sy revolusionere nuwe teorie? En in watter kategorie – fisika of letterkunde? Hou ons webblad dop…

Boontoe