|
Pavane van
die Afrikaanses (5)
"Vergeet van kopkrap, dis
nou klipkrap"
Rolverdeling:
Baba Mboeti, President van Azanië
Willie
Nesuitgeveertehuyze, ‘n professor van die Skelmbosse
Universiteit
Mak
ge Skree, ‘n gewese vuurvreter televisie-joernalis, tans
vryskut-korrespondent vir intellektuele mensgerigte
lewenstyl-tydskrifte
Die
toneel: Groote
Schuur (wat deesdae onder ‘n ander naam bekend staan wat egter
nie bekend is aan die skrywer van dese nie) met ‘n effense
skemer wat aandoem oor Tafelberg.
Willie Nesuitgeveertehuyze en Baba Mboeti sit in
rookbaadjies rondom ‘n kaarttafel in een van die ontvangskamers
van die woning. Nesuitgeveertehuyze
probeer sy bes om nie na Mboeti se
Afrika-renaissancerookbaadjiestrikdas te kyk nie, wat uit
grasspriete gevleg is en agterna met spuitverf in Ndebele-kleure
geverf is. Mboeti is
daarvoor bekend dat die lelikste dasse in die suidelike halfrond
en op die kontinent van Afrika dra, en hy is tans besig met ‘n
marathonpoging om alle wêreldrekords vir dasaakligheid te oortref. Die
Afrika-renaissancerookbaadjiestrikdas maak ‘n indruk van
uitspattige multikulturaliteit te midde van die Kaaps-koloniale
ambience van Groote Schuur.
Willie
Nesuitgeveertehuyze: Baba,
my ou vriend, om te dink ons sit nou hier in Rhodes se heiligdom
wat hy met sy diamantgeld van Kimberley gebou het.
Ek voel so bevry as ek om my kyk...uhm (kyk noodgedwonge na
Mboeti se strikdas), veral jou besonder...uhm... smaakvolle das.
Werklik, Baba, my ou vriend, ek bewonder jou smaak...(soek
na woorde), jou uitmuntende Afrikasmaak.
Mboeti
(glimlaggend): Ag
dankie, Willie, my ou handlanger, ek bedoel vriend.
Man, ek was darem beïndruk met julle studie daar uit
Skelmbos wat sê ek en my regering doen so ‘n goeie job, jy weet. Baie goed te
pas gekom, moet ek sê. Jy
weet, hierdie vreeslike koloniale, rassistiese en apartheidspers
van ons wil alewing my regering afkraak.
Vigs en misdaad, vigs en misdaad.
Jy sou sweer daar is niks anders in die wêreld om oor aan
te gaan nie. Hulle is toksies, sê ek jou, toksies! (Raak nou ergerlik.) Maar
gelukkig het jy en jou professore nou bewys dat ons amper die
beste regering in die wêreld het.
Wetenskaplik bewys. Miskien
moet ek vir julle ‘n honderdmiljoen skenk uit die staatskas om
‘n Instituut vir Afrika-sosiale wetenskappe te begin.
Iets om te bewys dat Afrikaregering die beste ter wêreld
is.
Willie:
Ek is altyd bly as ek van hulp kan wees, Baba, my ou
vriend. En ons mense
van Skelmbos sê ook nooit nee vir geld nie.
Geld wat stom is maak reg wat krom is, of wat sê hulle nou
weer.
Baba:
Jy moenie so baie Afrikaanse spreekwoorde in my
teenwoordigheid gebruik nie, asseblief Willie, my ou handlanger.
Willie:
Ekskuus, Baba, ekskuus.
Ek weet jy beskou Afrikaans as ‘n ekslusiewe taal, ek
moes liewer gesê het “Money makes the world go round.” Is dit
beter, “Money makes the world go round, money makes the world go
round!” (Begin sing in falsetto.)
Baba:
Baie beter, Willie, baie beter.
Wat anders kan julle daar in Skelmbos uitdink om my
regering beter te laat lyk? Ek
sien Tony Neonlig daai vieslike Jood van Houghton wat lankal in
‘n Palestynse selfmoordbom geëlimineer moes gewees het, sê dat
daar 175 000 mense in Suid-Afrika vermoor is sedert 1994.
Kan julle nie ‘n bietjie sy eurosentriese wiskunde
korrigeer nie? Ek
bedoel: moet ‘n
mens net optel, kan jy nie ook partykeer aftrek nie?
Kan ‘n mens nie dié wat vermoor is aftrek van dié wat
nie vermoor is nie, jy weet ‘n Afrika-harmoniebeginsel, en dan
eindig jy op nul nie? Ek
hou tog so van nul, die jaar nul, die nulle op ‘n groot vet tjek...
Willie:
Sekerlik, Baba, my ou vriend.
Ons kan daaraan werk.
Ons het net fondse nodig, jy weet.
Nulle op ‘n tjek maak weer ander nulle, ha-ha, as jy
verstaan wat ek bedoel. Maar
gepraat van nulle, ek was so trots op ons land en op Afrika toe jy
van daai klip gepraat het in jou openingstoespraak nou die dag.
Om te dink, die moderne tyd het hier in Afrika begin 77 000
jaar gelede! Jou
woorde was pragtig... (begin deklameer in ‘n Skelmbosse Engelse
aksent): “the
extraordinary heritage of the evolution of humanity that resides
within our country and which we must preserve. The designs on the
slab were
made deliberately and with symbolic intent. The scientists say
that it is now to Africa that we look for the origins of the human
imagination and human ingenuity and for the genesis of art.”
Baba: Sê dit weer, Willie, sê dit weer!
Willie: (herhaal sy deklamasie)
Baba: Mooi so, Willie. Ek
hou so van julle akkademici.
Julle is sulke lojale mense.
Ons sal hierdie boodskap na die bevolking moet uitdra, na
die mense van ons land. Hoe
kan ons dit vertaal in ‘n handige slagspreuk wat selfs julle
Afrikaners sal verstaan?
Willie: Ek het net die slagspreuk, Baba!
Vergeet van kopkrap, dis nou klipkrap!
Baba: Hmmm (krap sy kop ‘n bietjie)... verduidelik ‘n bietjie.
Willie: Wel, Baba, jou Afrikaklip met sy abstrakte geometriese vorms,
die genese van alle kuns ter wêreld, dit is die “klipkrap”.
Die primitiewe Westerse kultuur met al sy nuttelose
abstraksies, ou Pythagoras en Archimedes en ou Galileo met sy
teleskoop, om nie van Newton en Einstein te praat nie, dit is
alles net “kopkrap”. Mense
kla mos so oor die lae slaagsyfer in wiskunde en wetenskap, maar
dis ‘n eurosentriese probleem, dis alles net nuttelose kopkrap!
Leer die kinders liewer klipkrap op skool, dat hulle
beskaafd kan word. Dis
modern!
Baba: Jy weet, Willie, julle Afrikaners is darem briljant!
Willie: Sê liewer Afrikaanses, Baba, ek hou meer van die vroulike
vorm, jy weet, dit klink meer feministies.
Baba: Natuurlik, Willie, natuurlik.
Julle Afrikaanses is briljant!
‘n Mens hoef julle nie eens te leer afrikaniseer nie,
julle doen dit sommer vanself.
Klipkrap! Ek
hou daarvan. Leer die kinders klipkrap, en vergeet van wiskunde en al daai
vervelige eurosentriese goed.
Willie: En Baba, dink net daaraan.
As jou regering ontslae raak van al die kopkrapvakke op
skool, styg Kader Asmal se slaagsyfer ten hemele.
Dit sal nie meer 43% wees nie, maar 100%! En die telkaart wat ek en my Skelmbosse akkademici aanhou oor
jou regering, sal – uiteraard! – óók styg tot 100%! So gee ons almal vir mekaar 100% en die Kaap is weer Hollands,
uhm, ek bedoel Afrikaans, ag nee, in die sin van Afrika-, jammer, nee, sê
liewer, en die Kaap is weer Xhosa.
Baba: Willie, my ou handlanger, jy het ‘n kop op jou skouers,
nee, ek bedoel ‘n klip op jou skouers.
Ek moet gewoond raak hieraan.
Klipkrap, nie kopkrap nie! Vergeet van kopkrap, dis nou
klipkrap!
(Bars albei uit in ‘n
koor, singend): Vergeet
van kopkrap, dis nou klipkrap!
Vergeet van kopkrap, dis nou klipkrap!
Willie, uitasem:
Maskas, Baba, maar ons sing nou lekker.
Dis amper so lekker soos Nkosi Sikelel’ y Afrika.
Jy kan maar sê ek word elke dag bietjie meer deel van die
Afrika-renaissance. Ek
voel my sommer al klaar deel van die meerderheid.
Baba: Julle Skelmbosmense maak my hart sommer bly, Willie, ons
verstaan mekaar so goed. Wat
kan ons nog sing? Wat
van Bobbejaan klim die berg?
Willie
en Baba: Bobbejaan klim die
berg!
So haastig en so lastig,
Bobbejaan klim die berg
Om die Boere te vererg,
O moenie huil nie, o moenie treur nie,
Die Skelmbosse boys kom weer!
Baba (skielik stil, nadenkend):
Willie, jy weet, julle sal daai liedjie moet verander.
Ek hou nie van die woord “boys” daarin nie. Dit klink vir my te veel na ‘n erfenis van kolonialisme,
apartheid en rassisme.
Willie:
Ek sal dadelik die boodskap uitkry na die Afrikaanses toe,
Baba. Hulle sal dit
sommer gou-gou verander, daarvan is ek seker.
Jy weet tog hoe is ons Afrikaanses, as jy sê spring, dan
vra ons hoe hoog.
Baba:
Kom ons hou dit so, Willie, my ou handlanger.
Willie:
Maar wat van die bobbejane in die liedjie, kan dit nie ook
as rassisties gesien word nie, jy weet, bobbejane klim mos nie
eintlik berge nie, net mense doen dit.
Ek dink ‘n bobbejaan “klouter” eerder teen ‘n berg
uit. Of dink jy ons kan dit maar daar los, want jy is mos ‘n bok
vir evolusie. Ons en
die bobbejane is mos maar almal familie, primate jy weet.
Dink net daaraan, as jy nog twee nulle bysit by jou 77 000
jaar gelede, dan is ons en die bobbejane almal in dieselfde trop,
familie van mekaar, mens en aap verenig in een nasie!
Baba:
Willie, daaraan het ek nou nog nooit gedink nie.
Jy is reg, ons moet spesieïsme beveg net soos rassisme.
Maar is die bobbejane modern?
Willie:
Natuurlik, Baba. Bobbejane en ander hoër primate gebruik ook gereedskap.
Hulle gebruik klippe om neute of vrugte te kraak of fyn te
stamp. En weet jy
wat, Baba, het jy al gehoor van die sjimpansee-en-die-tikmasjien?
Baba:
Nee, regtig, Willie, nou vra jy my vas.
Waar kom jy aan al hierdie goed?
Willie:
Man, Baba, ek lees maar daarvan in ons Afrikaanse
leefstyltydskrifte, as ek dit nie mis het nie.
Baba:
En waaroor gaan die sjimpansee-en-die-tikmasjien?
Willie:
Wel, dit is bekend dat jy ‘n sjimpansee kan leer om te
tik, maar nie om te lees en skryf nie. Maar as jy jou sjimpansee lank genoeg voor die tikmasjien los, gaan hy uiteindelik vir jou die Versamelde Werk van
Shakespeare uittik.
Baba:
Sowaar?
Willie:
Njannies kepela. Dit sal ‘n paar miljoen jaar neem voordat die Versamelde
Werk van Shakespeare verskyn tussen die ander chaotiese
letterkombinasies, maar wiskundig is dit moontlik.
Baba:
So wat jy vir my sê is dat ‘n sjimpansee per ongeluk
‘n Shakespeare kan word.
Willie:
Heeltemal korrek, Baba.
Baba:
Wel, kan jy nou meer.
Sonder om kop te krap, kan die sjimpansee dus ‘n hele
reeks groot kunswerke skep. Wie
het nou nog kopkrap nodig? Geen
wonder ou Shakespeare was so kaalkop en sjimpansees het so baie
hare nie!
Mak ge
Skree (stap in by die salon, lyk moeg en gedaan):
Wat praat julle so baie van bobbejane en sjimpansees?
Willie:
Nee wat, Mak, ek en die President gesels maar sommer ‘n
bietjie oor evolusie, sy gunstelingonderwerp, dis nou afgesien van
alternatiewe vigswetenskap. Maar
hoekom lyk jy so moeg en gedaan?
Mak:
Ek moes nou net Soweto toe trek, sak en pak.
Ná ek in Rapport geskryf het dat al die wittes nou hulle
woonbuurte moet verlaat, moes ek darem ‘n voorbeeld stel, of
hoe?
Baba:
Mak, jy is ‘n nasiebouer soos min.
Ons land is trots op jou.
Sonder jou en Antie Krop, en ou Willie hier, sou ons die
Afrikaners lankal afgeskryf het.
Willie:
Afrikaanses, my President.
Baba:
Ekskuus, Willie, daar maak ek my nou net skuldig aan
seksisme. Om nie te
praat van rassisme, kolonialisme en apartheid nie.
Alle Afrikaners is nie mans nie, daarom is hulle
Afrikaanses. Maar ons
was eintlik besig om oor spesieïsme te praat.
Willie hier vertel my nou net dat ‘n simpansee in staat
sou wees om die Versamelde Werk van Shakespeare uit te tik.
En julle weet ek is mál oor Shakespeare.
Al was hy nou ook ‘n wit manlike Engelsman.
Mak:
Wraggies? ‘n
Sjimpansee? Ek het dít
nog nooit gehoor nie, maar nou ja, hoe meer dae, hoe meer dinge.
Uit Afrika altyd iets nuuts, hé-hé.
Baba:
En ja, ek en Willie hier praat nou net daarvan dat ons dalk
ons primaatidentiteit moet herontdek, ons gemeenskaplike oorsprong
en identiteit wat ons deel met die hoër primate.
Hoe lyk dit, Mak, wil jy nie ‘n rubriek daaroor skryf
nie? Ons
gemeenskaplike geskiedenis van 7 miljoen jaar!
Mak:
Baba, nou gee jy my ‘n idee!
Ek het nog nooit só daaraan gedink nie.
Ek het geweet ons is al saam van australopithecus africanus
af, maar ek het nog nooit daaraan gedink dat dit nog verder
teruggaan as dit nie. Eendrag
maak mag! Weg met
spesieïsme! Bevry
die bobbejane uit die Krugerwildtuin!
Ek sal beslis ‘n rubriek daaroor skryf.
Willie:
Ek voel nou so lekker hier, saam met julle in Groote
Schuur. Ons moet
ontslae raak van al ou Rhodes se klomp boeke hier in die
biblioteek, en hulle met iets moderner, soos klippe met
geometriese vorms, vervang. Dan sal ons almal meer tuis voel hier.
Baba en
Mak: Jy is reg,
Willie. Kom ons wees
almal sáám. Ons en
die mense van 77 000 jaar gelede en die aapmens van driemiljoen
jaar gelede en ons primaatbroers van 7 miljoen jaar gelede, ons is
almal sáám Azaniërs.
Willie:
Ons moet saamwees bevorder, ouens.
Saam-saam kom ons die bult uit.
Of ons hom nou klouter of klim of met ‘n fiets uitry of
met ‘n binnebrandenjin. In
evolusie is ons almal sáám.
Kom ons sing weer die saamweesliedjie.
Laat ons klippe vat. Een,
twee, drie,
Bobbejaan
klim die berg,
Bobbejaan
klim die berg,
Om die
Boere te vererg,
Hoera
vir die jollie bobbejaan! ens.
Boontoe
|