Moleste
by Mediespark
Dit is tien-uur
op ‘n Dinsdagoggend by Mediespark. Hierdie inrigting word gehuisves in ‘n
aantreklike moderne gebou wat in ‘n klassieke wit hospitaalkleur geverf is.
Saans skyn daar blou ligte op die gebou, en binne is dit gemeubileer in sagte
pastelkleure wat ‘n rustige uitwerking op die pasiënte het.
Benewens die
naam Mediespark, het iemand buite die hek van die inrigting in Koningswegstraat
op ‘n pilaar “24-uur-ongevalle, geestesongesteldhede” geverf maar omdat
dit vermoedelik een van die pasiënte en boonop ‘n verstandelik gestremde was,
staan daar nou bloot: “Medies 24”.
Omdat dit
moontlik die verwer sou ontstig indien iemand sy handewerk sou korrigeer, het
die personeel dit maar so gelaat. ‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig,
soos hulle sê, en almal in Johannesburg weet waar die beroemde wit inrigting
geleë is en wat alles binne sy mure gebeur.
In Johannesburg
se strate word daar ‘n Engelstalige koerantjie deur daklose mense onder
beskerming van die Metodistekerk uitgegee onder die titel, Homeless Talk.
Eendag toe Suster van Niekerk in haar Volkswagen Golf by die verkeerslig stilhou
en ‘n man op krukke buite haar venster sien wat sy Homeless Talk
vasklou, het sy skielik ‘n briljante ingewing gekry. As daklose mense ‘n
koerantjie kan uitgee, waarom nie ook die pasiënte by Mediespark nie!
Met dié
plotselinge idee voor oë het sy amper die daklose op krukke van ‘n permanente
tuiste ses voet onder die grond voorsien, want hy het half voor haar motor
inbeweeg en sy het met ‘n vaart weggetrek toe die verkeerslig groen slaan.
Gelukkig was hy bedrewe op sy krukke en het hy vinnig uit die pad gespring.
Sy het voor haar
siel geweet dat die res van die verpleegpersoneel, asook die psigiaters en
terapeute, onmiddellik by haar idee sou inval. Maar wat sou ‘n mens so ‘n
publikasie kon noem? Dit sou natuurlik ‘n Engelse naam moes wees, want vele
van die pasiënte by Mediespark, selfs die Afrikaanssprekendes was erg anglofiel
deesdae en Engels is mos die amptelike taal van Staatsgesondheid onder daardie
oulike vroueminister, dr. Manto Banto. Sy was ‘n mens-mens, vandaar haar van,
wat “mense” beteken. Deeltyds was sy ook wetenskaplike en mikrobioloog, en
van haar teorieë, onder andere oor die virologie, het groot aanhang by die pasiënte
van Mediespark geniet.
En toe kry
Suster van Niekerk haar tweede blink gedagte van die dag. Sy had ‘n pragtige
naam. Die koerantjie sou Pity Press heet. Dit sou onmiddellik die
simpatie van sy lesers gaande maak, want alhoewel geproduseer deur sielsiekes
(met tegniese bystand van die verpleegpersoneel) sou dit moontlik ook buite
Mediespark gelees word en vanweë die vele vooroordele teen geestesongesteldhede
in die bose samelewing daarbuite, moes die leser van meet af aan verstaan dat hy
die inhoud van die koerant met mededoë en jammerhartigheid moes benader.
En so het dit dan gekom dat daar ‘n weekblad genaamd
PITY PRESS
vanagter die wit
mure van Mediespark verskyn het, en hier en daar as mens gelukkig is kon ‘n
mens selfs hierdie baie spesiale koerantjie in Johannesburgse winkels raakloop.
Van die stories daarin was ewe spesiaal en het getuig van die rare
verbeeldingskrag waartoe pasiënte in inrigtings soos Mediespark dikwels in
staat is.
Op hierdie
Dinsdagoggend het Suster van Niekerk, bygestaan deur twee fris manlike verpleërs
wat blitsnel kon optree indien sake handuit ruk, ‘n tiental pasiënte
byeengeroep rondom ‘n lang tafel. Op die tafel was ‘n hele aantal gekleurde
penne en potlode, velle papier, gom en les bes, plastiekskêre soos dié vir
kleuters waarmee mens jouself nie kon beseer nie, gerangskik.
“Kom, kom,
mense,” sê Suster van Niekerk in haar gewone ongeduldige stem ná jare se
arbeid agter die mure van Mediespark, “Ons het nie heeldag tyd nie. Volgende
Sondag moet Pity Press verskyn, anders het julle niks om vir julle familie te
wys tydens besoektyd nie. Ons sal moet stories uitdink om te skryf, bladuitleg
moet doen, die koerant moet opmaak. Wie is dié week redakteur?”
“Ek wil
adjunk-redakteur wees!” skree een beteuterde figuur met ‘n bril op sy neus.
“Is jy seker
jy wil nie redakteur wees nie?” vra Suster van Niekerk geamuseerd.
“Nee, nee,
adjunk-redakteur. Dis beter. Ek wil nie Baas genoem word nie.” Al die pasiënte
skater van die lag, en oomblikke lank is Suster van Niekerk uit die veld
geslaan, totdat sy besef die bebrilde man kyk benoud na die swart pasiënt langs
hom.
“Ha-ha,
Aambei,” lag Suster van Niekerk, “nou verstaan ek. Dis ‘n goeie een.”
Die betrokke pasiënt se naam was Aambei Lerouge. Voordat hy in die inrigting
beland het, het hy hom verbeel hy is ‘n beroemde Russiese revolusionêr wat
‘n dapper stryd teen die fascisme stry. Hy het maar eers onlangs begin Engels
leer en was heeldag met sy neus in ‘n Engelse woordeboek, besig om woordjies
op te kyk, terwyl hy kort-kort met sy wysvinger sy bril opskuif.
“Goed Aambei,
hierdie week is jy dan adjunk-redakteur. Kom ons dink nou aan ‘n paar stories
wat julle kan skryf...”
Aan die
onderpunt van die tafel sit een van die vrouepasiënte, Marietjie Waldesel.
“Ek wil die cover girl wees,” sê Marietjie.
“Shut up you
white bitch. This a transformated newspaper. All cover girls is black,” kom
dit woedend van ‘n ander swart pasiënt.
“Sorry, Sipho,
sorry,” sê Marietjie tranerig terwyl haar onderlip bewe. Hierna spring sy van
haar stoel af op en probeer by die vertrek uitloop terwyl sy huilend prewel,
“Ek wens so ek was swart, ek wil ôk die cover girl van Pity Press
wees...” Gelukkig bring een van die verpleërs haar tot bedaring met
trooswoorde en sy kom sit weer by die tafel.
Met ‘n kombinasie van streng bevele, begripvolle taal en ‘n paar grepe uit die handboek vir abnormale sielkunde, kry Suster van Niekerk uiteindelik die pasiënte van Mediespark aan die werk.
Marietjie
Waldesel ruk-ruk aan haar hare, want sy het skielik die bejaarde Duitse pasiënt
onthou wat eens op ‘n tyd hier was en altyd vir haar gelag het terwyl hy sê,
“Scheissen wie ein Waldesel”. Gelukkig is die swernoot nou dood.
Skielik raak
Marietjie kinderlik opgewonde, en sy spring op en af terwyl haar hare nog meer
deurmekaar raak. “Ek weet! Ek weet! Ek wil oor Pretoria skryf!”
“Tshwane, you
fucking white bitch,” korrigeer Sipho haar. Hy was ‘n Bantoetaalspreker met
‘n voorliefde vir Engelse kragwoorde met ‘n rassestrekking.
“Sorry, Sipho,
sorry,” sê Marietjie weereens en begin weer saggies huil.
“Toemaar,
Marietjie,” troos Suster van Niekerk en wink vir een van die verpleërs wat
vir haar ‘n Prozac en ‘n glas water gaan haal. Ná die medikasie is sy heel
bedaard en begin verbete met ‘n pienk viltpen aan haar storie skryf oor
Pretoria, oftewel Tshwane.
“Help jy vir
Marietjie, Aambei,” sê Suster van Niekerk. “Jy kan vir haar woordjies opkyk
in jou woordeboek.” Aambei voel heel gevlei deur dié aandag en gaan neem
gretiglik plaas langs Marietjie wat nou veel rustiger begin droom oor ‘n nuwe
Pretoria sonder wittes, ‘n regte Tshwane.
Van die meer
geleerde psigiaters by Mediespark het al tydskrifartikels gepubliseer oor die
pasiënte van Mediespark se obsessie met die kleur wit. Sommige het dit
toegeskryf aan die kleur van hul inrigting, ander weer het beweer dat dit iets
te make het met die vele jeugtraumas wat hulle deurgemaak het, maar niemand kon
‘n toereikende verklaring hiervoor vind nie. Trouens, buitelandse navorsers
het soms kom ondersoek instel na die toestand van blankofobie wat binne die mure
van Mediespark gewoed het, by feitlik alle pasiënte, die Afrikaanssprekendes,
die Bantoetaalsprekers, asook enkele Engelstaliges wat almal daar versamel was.
Terwyl Aambei
‘n kranige student van die Engelse taal was, het Marietjie weer intens belang
gestel in Xhosa. “Aambei, vir my storie oor Pretoria, ag ek bedoel Tshwane,
wil ek tog so graag oor die Xhosamonumente en –argitektuur skryf. Is ‘n
gepantserde BMW ‘n voorbeeld van Xhosa-skulptuur?”
Die swart pasiënte lyk beïndruk. Marietjie
glimlag skalks.
Aambei merk die
gebaar en frons diep. “Kom ons kyk wat sê die woordeboek.” Hy soek lank met
sy vinger tussen die kolomme en vra dan terloops, “Hoe spel ‘n mens Xhosa in
Engels, met ‘n K of ‘n C?”
“Probeer ‘n
X, Aambei. Ek het al iewers gesien hulle spel dit met ‘n X.”
“Sowaar,
Marietjie. Met ‘n X... o ja, hier is dit. Xhosa. (Member or language) of a
Bantu people of Cape Province, S. Africa. [native name]”
“You fucking
white racist. I’m not a native. I’m English,” laat die sjarmante Sipho van
hom hoor.
Nou steek
Marietjie haar hand op om iets vir Suster van Niekerk te vra. “Suster, is
Pretoria, ag ek bedoel Tshwane, in die Kaapprovinsie?”
“Nee, nee,
Marietjie,” antwoord sy in haar geduldigste stem. “Dis in die Transvaal, ag
ek bedoel Gauteng.”
“Mmm... dis
nou vreemd. Ek dag dis die hoofstad van Xhosaland.”
“Jy’s
heeltemal reg, Marietjie,” sê Aambei. “Ek dink hierdie is ‘n
apartheidswoordeboek. Ek brand dit sommer nou.”
Voor sy opname
was Aambei Lerouge, die revolusionêr wat hom verset het teen die kapitalisme,
kolonialisme en apartheid, ‘n vuurvlooi wat gereeld skole en stasies afgebrand
het. Trouens, ná die Pretoriastasiebrand het twee speurders van die SAP by
Mediespark besoek afgelê, maar gelukkig had hy ‘n alibi want hy was tydens
die voorval onder swaar verdowing.
“Brand hom!
Brand hom!” skree Aambei nou buite homself. Hy skeur bladsye uit die Concise
Oxford-woordeboek en soek naarstiglik rond na vuurhoutjies maar natuurlik sou
die personeel van Mediespark nie so onverantwoordelik wees om so iets naby hul
“joernaliste” te laat rondlê nie. Aambei se lyf begin ruk-ruk van
frustrasie terwyl hy pers in die gesig aanhou skreeu “Brand Tshwane, ag ek
bedoel Pretoria! Brand die stasie! Brand die kapitalistiese apartheidgespuis!
Viva die revolusie! Viva Mediespark!” en diverse ander revolusionêre
slagspreuke.
Met ‘n
subtiele kopknik gee Suster van Niekerk die teken aan die verpleërs en voordat
Aambei hom kon kry, is hy in ‘n dwangbuis toegewikkel terwyl die verpleërs sy
steeds stuiptrekkende lyf by die vertrek uitsleep.
Die res van die “joernaliste” begin onrustig na mekaar kyk, aan hul onderlippe, asook hul veelkleurige penne kou en onsamehangende geluide maak, en daarom ag Suster van Niekerk dit gerade om hier halt te roep.
(Word vervolg)
Moenie die
volgende episode van ons spannende psigologiese riller wat hom agter die
sinistere mure van Mediespark afspeel, misloop nie. Gaan Marietjie Waldesel haar
storie oor Pretoria wat eintlik Tshwane heet, geskryf kry? Gaan haar
gehoorapparaat haar in die steek laat as sy begin onderhoude voer met mense in
die buitewêreld? En Aambei Lerouge, tans adjunk-molesmaker van Pity Press,
gaan hy die Engelse taal bemeester? Watter weldoener gaan aan hom ‘n
woordeboek skenk? Gaan Aambei Lerouge dalk uit Mediespark ontsnap en ‘n tweede
keer in die geskiedenis aan die spits van die revolusionêre gepeupel die
Pretoriastasie, daardie simbool van apartheid en rassisme, afbrand?
En Suster van
Niekerk, gaan sy dit regkry om die landkaart van ‘n heel nuwe Suid-Afrika aan
haar pasiënte te verduidelik, waar Umtata nou noord van Johannesburg geleë is,
en Pretoria of miskien Tshwane heeltemal van die aarde afgeval het?
Bly ingeskakel by die fantasmagoriese wêreld van Mediespark waar die “joernaliste” van Pity Press nog vir baie vermaak gaan sorg. Hulle het nog nie eens begin skryf nie. Wag totdat u die taal en styl van Aambei Lerouge en Marietjie Waldesel van naderby leer ken in die blaaie van Pity Press, jou volkleurkoerant met pienk en rooi en groen en blou en pers letters, om nie te praat van ‘n swart cover girl sonder ‘n bra op die agterblad nie!