
Nuwe
rugbyreëls en -etiket vir die gebruik van hotelkamers, badkamers,
toilette en ander geriewe
TOEVOEGING
57 BY DIE 400-BLADSYHANDLEIDING OOR DIE RASSETRANSFORMASIE VAN S.A.
RUGBY
Onderstaande
is ‘n vertaling van die Engelse weergawe wat wetlike gesag het,
soos onderteken deur die Minister van Sport en opgestel deur mnr.
Rina Oberholseer, Besturende Gek van SARFOE (die Suid-Afrikaanse
Rugby-Foeter-Op-Unie).
Inleiding
Dit
het vandeesweek aan die lig gekom dat die bestaande Handleiding
oor die Rassetransformasie van S.A. Rugby, wat aan alle skole
en klubs versprei is, nie deur die Springbokrugbyspan gebruik word
nie. Elke rugbyspelende persoon sal hom- of haarself binne 48 uur
vertroud maak met die inhoud van ons Rugbybybel oor
rassetransformasie, en enigiemand wat nie genoemde reëls oor
rassetransformasie van buite kan opsê nie, sal onmiddellik met
‘n fatwa getref word deur myself, Rina Oberholseer, asook die
geagte Minister, koerante in die Nazionale Persstal en dosyne
LP’s van die ANC en DA. So ‘n persoon sal uiteraard nooit weer
mag rugby speel nie. Wees dus gewaarsku!
Die
onderstaande toevoeging 57 oor die gebruik van hotelkamers,
badkamers, toilette en ander geriewe moet as ‘n integrale deel
van die Handleiding oor die Rassetransformasie van S.A. Rugby
beskou word, en dit is dus ewe seer verpligtend vir enige
rugbyspelende persoon om dit uit haar of sy kop te leer in die
belang van nie-rassige, nie-seksistiese rugby in Suid-Afrika.
Toevoeging
57 tot die Handleiding vir die Rassetransformasie van S.A. Rugby
NUWE
REËLS EN ETIKET VIR DIE GEBRUIK VAN HOTELKAMERS, BADKAMERS,
TOILETTE EN ANDER GERIEWE
Reël
1: rassegroep
Elke
rugbyspeler moet bekend wees met sy eie rassegroep. Indien enige
onsekerheid bestaan, behoort ‘n DNS-toets onverwyld by die
spandokter aangevra te word. Geen rugbyspeler sal toegelaat word om in
‘n hotel, koshuis, rondawel, privaatwoning, karavaan of enige
ander vorm van verblyf tuis te gaan sonder dat hy vooraf vasgestel
het tot watter rassegroep hy of sy behoort nie.
Reël
2: Deel van geriewe
Geen
twee rugbyspelers van dieselfde rassegroep sal toegelaat word om
dieselfde kamer, woonstel, rondawel, karavaan, ens., te deel nie,
mits daar bo alle redelike twyfel vasgestel is dat geen gekleurde
speler beskikbaar is om geriewe te deel nie.
Reël
3: Deel van ablusiegeriewe
Elke
speler sal, in die belang van spanbou en rassetransformasie,
dieselfde toilet, stort, bad, jacuzzi, borrelbad, handdoek, koekie
seep, toiletrol, tandeborsel, tandepasta, tandevlos, rugborsel,
loefa, handeroom, voetpoeier, hangkas, ens., gebruik.
Reël
4: Verpligting om gekleurde spelers wakker te maak
Elke
blanke rugbyspeler verkeer onder ‘n onherroepelike verpligting
om gekleurde spelers wakker te maak. Enige afwyking van hierdie reël
sal beskou word as ‘n daad van rassisme en sal onderhewig wees
aan ‘n fatwa van SARFOE.
Reël
5: Sodra u wakkerword
Sodra
u wakkerword, gaan onmiddellik na of die gekleurde speler in u
kamer self reeds wakker is. Indien wel, slaak ‘n sug van
verligting, want besef dat u so pas ‘n delikate situasie met die
gepaardgaande bedreiging van ‘n fatwa wat soos Damokles se
swaard bokant u kop hang, vrygespring het.
Indien
die gekleurde speler steeds balke saag, moontlik so hard dat u
weens sy heelnag se gesnork nie eens mag kamerverlaat het nie,
hoewel die badkamer slegs enkele treë van u bed af is, laat hom
eers rustig slaap tot op die gegewe tyd.
Reël
6: Hoe om ‘n gekleurde speler wakker te maak
Op
die gegewe tyd, en indien dit ‘n kamer met ‘n dubbelbed is (sien
hieropvolgende reël 7), wat u uiteraard móét deel, leun liggies
en nonchalant oor, maak keelskoon en sê:
“My
ou spanmaat, oppiestaan...”
Indien
die verhouding tussen u en die mede-rugbyspelende persoon van so
‘n aard is, en nieteenstaande die feit dat u so pas ‘n
dubbelbed gedeel het, dat u u nie van sulke familiêre taal kan
bedien nie, probeer gerus:
“Uhm,
nommer 7, tyd om te gaan skrum.”
Reël
7: Om vertroud te raak met die kamer
Sodra
u by die hotel ingeboek is, raak vertroud met die kamer. Die
posisie van die toilet, stort, rangskikking van die bed of beddens,
bedkassies, spieëls, ens., mag in u geval loopbaanbepalend wees.
Moet dus nie hierdie belangrike aspek van S.A. Rugby ligtelik
opneem nie.
Indien
daar twee enkelbeddens is, mag die gekleurde speler kies in watter
bed hy wil slaap. Indien dit ‘n dubbelbed is, mag die gekleurde
speler weereens kies aan watter kant van die bed hy wil slaap.
Enige speler wat weier om ‘n dubbelbed met ‘n ander speler te
deel, veral as hy self ‘n nie-gekleurde speler is, sal
onmiddellik met ‘n fatwa gestraf word.
Reël
8: In die stort
Indien
‘n speler fluit-fluit op pad stort toe is, maar skielik bewus
raak van die geluid van water wat sou aandui dat sy medespeler
reeds die stort beset, moet hy nie die fout maak om daar en dan in
sy spore om te draai, te maak of hy skielik die inhoud van sy
sportsak wou nagaan of dergelike foefie nie.
Nee,
die regte ding om te doen is om doelgerig aan te hou stap in die
rigting van die stort, sonder seremonie van u klere ontslae te
raak en ongeërg maar op ‘n beleefde toon te vra:
“Ou
grote, ek hoop nie jy gee om nie.”
Waarop
u ‘n antwoord kan verwag in die trant van:
“Nee,
natuurlik nie. Dis mos die reël.”
Waarop
u, in die geval van ‘n stortgordyn, die gordyn sal wegtrek, of
alternatiewelik waar ‘n deursigtige of minder deursigtige
stortdeur aanwesig sou wees, dit sou oopmaak, om saam met u
medespeler onder die water in te skuif.
Waar
spelers saam stort, sal reël 3 hierbo streng van toepassing wees.
Moenie
vergeet om ná afloop met dieselfde handdoek af te droog nie. Die
gebruik van ‘n gemeenskaplike tandeborsel kom in aanmerking vir
bonuspunte en selfs swak spelers sal die span haal indien hulle
konsekwent aandring om hul medespelers se tandeborsels en kamme te
gebruik.
Reël
9: Aan tafel
Die
apartheidsideologie het bepaal dat mens rugby speel om te wen, die
beker huis toe te bring en dergelike onsinnighede. SARFOE het
reeds afgekondig dat die hoofdoel van rugby nie meer is om ‘n
ander span - wat boonop van ‘n vriendelike Engelssprekende land
is waarvandaan ons leerplanne vir ons skole of hoogs besoldigde
konsultante mag invoer – op die veld te klop nie. Nee, die
hoofdoel van nie-rassige, nie-seksistiese rugby is gelukkige
samesyn tussen spelers van verskillende menslike rasse. Hou dit in
gedagte oral waar u kom, en dan sal u geen faux pas begaan
nie.
Dit
spreek vanself dat gewone tafelmaniere moet wyk voor die
belangriker beginsel waarmee ons almal reeds vertroud is, en wat
heet, “geriewe moet gedeel word”. Moet dus nie aarsel om,
indien spanlede om ‘n tafel versamel is vir ontbyt of aandete,
en u sien ‘n medespanlid wat weglê aan sy pap en vleis, sy vurk
te gryp en hom u vurk aan te bied nie.
En
moenie dat dit daarby bly nie. Deel vurke, messe, lepels, borde,
servette. Eet oor en weer uit mekaar se borde, en glimlag breed
vir ingeval ‘n lid van die media dalk ‘n foto sou neem. U is
besig om vir die hele land, van Messina tot Kaapstad, ‘n
voorbeeld te stel. As die speler langs u klaar geëet het, gryp sy
bord en lek dit demonstratief uit, met lang hale van bo na onder
terwyl u die bord stil voor u hou. Sodanige optrede toon ware
spangees, en sal weereens in aanmerking kom vir bonuspunte.
Reël
10: Gedrag voor die kameras waar ‘n beker gewen word
In
die onwaarskynlike geval waar die Springbokspan enige wedstryd sou
wen, en terwyl ons in gedagte hou dat Springbokrugby nie meer die
apartheidsideologie van wen eerbiedig nie, maar nou die strewe na
nasiebou en samesyn versinnebeeld, mag geen blanke speler alleen
die beker in ontvangs neem nie, al sou hy die kaptein wees.
Indien
geen gekleurde speler op daardie oomblik op of naby die veld sou
wees nie, miskien vanweë beserings, sit u met ‘n probleem wat
SARFOE nie noodwendig vir u gaan oplos nie. Soos hulle sê, ‘n
Boer maak ‘n plan, en dit sou nie ongehoord wees vir ‘n klein
oponthoud om aangekondig te word terwyl ‘n blanke speler vinnig
kleedkamer toe verkas om ‘n blikkie skoenpolitier wat vir
daardie doeleinde, maar ook om sy stewels blink te hou, in sy
sportsak saamgedra word ten einde in noodgevalle homself te
transformeer tot ‘n tydelik gekleurde speler nie.
Tydelik
gekleurde spelers behoort baie breed te glimlag en die beker op en
af te skud, bokant hul kop te hou, en hul algemene gedrag behoort
aan dié van ‘n sirkussjimpansee te herinner wat lus is vir ‘n
piesang van sy temmer.
Vrolikheid
bou spangees.
Onder
normale omstandighede, en ongeag of die gekleurde speler eg is of
nie, sou dit paslik wees vir die spelers om mekaar tydens
bekeroorhandigings of terwyl hulle van die veld afstap, te omhels
en te betas, dog nie so dat dit nie op die TV-nuus om sewe-uur
vertoon mag word nie. Diskrete tongsoene voor die kameras soos
dié tussen Britney Spears en Madonna by die onlangse MTV-toekennings,
is toelaatbaar en mag die indruk van gelukkige samesyn verhoog.
Reël
11: Deel van bierglase
Ná
afloop van enige wedstryd waar slegs bier van die vernaamste borg
se handelsmerk gedrink sal word, sal geen speler meer as ‘n
halwe glas bier drink sonder om aan te bied om sy glas met dié
van ‘n gekleurde speler om te ruil nie.
Die
leuse van die Springbokspan moet wees: ons slaap sáám, ons stort
sáám, ons eet sáám, ons drink sáám. En ons verloor sáám.
Reël
12: Losprys
Enige
afwyking van bogaande reëls, soos gepubliseer deur SARFOE en
opgestel deur Rina Oberholseer, sal nie ongestraf bly nie. Behalwe
skorsing uit die span en ‘n lewenslange verbod daarop om weer
rugby te speel, sal ‘n fatwa afgekondig word met ‘n losprys op
sy kop wat in ooreenstemming met die erns van die oortreding sal
wees.
Enige
lid van die publiek wat agterna so ‘n speler om die lewe bring,
hetsy deur steniging, hetsy deur gebruik van ons
eg-Suid-Afrikaanse halssnoermetode, sal nie net die losprys tydens
‘n presidensiële seremonie ontvang nie, maar gereken word as
‘n nasionale held of heldin. Hy of sy sal ‘n groot bydrae
gelewer het tot transformasie, nasiebou en S.A. rugby. 29/09/05 03:09