wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

Lees Beeld, die koerant vir die kruipende geslag!

Welkom by Uit-Beeld, ons bewonderaarsklub vir diegene wat soms die grootste Afrikaanse dagblad in die Transvaal, pardon, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes, te lese kry.

boontoe
 

Dan Roodt aan Peet Kruger van Beeld: Eerder nie?

Beste Peet,

 
Omdat ek weet dat Beeld nie my brief sal publiseer nie, rig ek dié maar aan die Business Day. Hoe ironies dat ek as Afrikaanse skrywer en denker nie toegelaat word om in my eie taal in jou koerant te skryf nie. Maar Broederbondsensuur het nog geen jota of tittel in dertig jaar verander nie, nie waar nie?
 
Ek sien jy skryf in jou gewone onderdanige en selfs kruiperige styl in vandag se Beeld dat die ANC "eerder nie" moet begin om plase te onteien en aan afsnydatums moet torring nie.
 
My vraag is nou: waarom op aarde nie? Gegewe jou verwronge waardestelsel van "elkeen vir homself in 'n globale wêreld" en die verguising van ons mense en ons geskiedenis wat so dikwels in jou koerant gepleeg word, kan jy sekerlik nie omgee indien elke boer sy plaas soos in Zimbabwe aan kunsmatig opgesweepte grondbesetters moet afstaan nie.
 
En gestel nou die ANC gaan voort met onteiening, wat dan? Dan kan ek nou al jou volgende geteem in die hoofartikel sien: "Dis besonder jammer dat ons geëerde regering nie op ons smeekbedes ag geslaan het nie, maar aan die ander kant: gee aan die keiser wat hom toekom. En natuurlik is dit goed en reg dat ons vir apartheid moet betaal, bla-bla-bla."
 
Aan die ander kant het jou "eerder nie" van vanoggend seker besonder baie moed geverg. Dalk selfs 'n slapelose nag of twee?
 
Maar ek weet sommer jy gaan môre weer - ter wille van balans - 'n loflied aan ons wonderlike regering aanhef, dus sal jou "eerder nie" gou-gou in die vergetelheid versink. Sekerlik sal Minister Thoko Didiza na dese jou nog steeds as haar oogappel en haar witbroodjie sien.
 
Tot volgende keer.
 
Groete,
 
Dan Roodt
 
-----Original Message-----
From: PRAAG [mailto:dan@praag.org]
Sent: 29 Julie 2005 09:01
To: 'busday@bdfm.co.za'
Subject: Letter to the editor

The ANC is about to cross the Rubicon in abandoning the notion that private property should be sacrosanct under our admittedly flawed constitution. Farms will be expropriated in the name of "land reform" whereas the real reason is that many of those farms belong to Afrikaners, an unwanted ethnic group in a Xhosa-dominated South Africa.
 
If the Stock Exchange or the leafy suburbs of Sandton had to be "reformed", there would be an outcry. Yet criticism against so-called land reform remains muted. We are going to rue the day when the Pandora's box of state intervention in private ownership patterns was opened.
 
In an extraordinary statement on 28 July, President Mbeki declared that Zimbabwe "delayed its land-reform programme (in the early nineties) so that negotiations for South Africa's liberation succeeded". Otherwise the "apartheid government would have been frightened". So the ANC and ZANU (PF) have been in cahoots all these years after all.
 
Fortunately we do not have an apartheid government to get "frightened" anymore and we can all just hurtle along the Zimbabwean roller coaster ride to our merry end! South Africa has already had previous "land reforms", first under JBM Hertzog's government that transferred millions of hectares to blacks and secondly under the homeland consolidation policy which constituted another land bonanza for blacks.
 
Foreign newspapers over the past few days have again been carrying the lie that "whites own 87% of South African land". The truth is that, with the exception of the Karoo which is not arable, and including the ex-homelands and traditional areas, blacks already own 50% of our land. Parts of the Transkei and the former Republic of Venda contain the best soil in the country. Yet production on such land is minimal and has been so for years, ever since the apartheid agricultural specialists departed.
 
A recent widely publicised survey showed that only 9% of South African blacks had any desire for land. The rest preferred a job in the city. This entire issue has nothing to do with land or agriculture but with the disastrous African penchant for exhibiting political muscle. Amin, Mobutu and Mugabe have all done it.
 
When Minister Thoko Didiza bandies about her famous 30%, she is not talking about arable land, but 30% of white Afrikaner-owned farms. Being second-class citizens, Afrikaners should not be allowed to own land, like Jews in nineteenth-century Europe or in Nazi Germany.
 
Four years ago I write in my subsequently discontinued column in Rapport that we were heading for a Zimbabwe. My only surprise is that it is happening sooner than even my most pessimistic thoughts were willing to allow.
 
I recently drove through the Free State, Northern Cape and Western Transvaal, past many many well-tended farms with modest dwellings, each farm attesting to perhaps generations of careful management and perseverance. My heart aches for our farmers. And of course for our country, once the last outpost of orderly government in Africa, "the continent of chaos and entropy" as it was called in a recent book.
 
Dan Roodt 

 

 
Wytze de Boer aan Beeld: Misleidende Boereworskompetisie

Geagte Mnr Tys Uys

Soos vanoggend telefonies afgespreek stuur ek die brief vir u briewekolom hier weer.

Omdat u gesê het: "Professor Willy Esterhuyse sal die storie ook geniet", stuur ek 'n kopie van hierdie epos na hom toe.

Ek het ook geprobeer om Checkers se bestuurder in hande te kry vir 'n antwoord, maar hulle hoofkantoor se telefoon bly aanhoudend lui.
As u die brief plaas, sal hulle seker (moet) reageer.

Groete,

Wytze de Boer


Die worskoningin, Me Munyambo, wat volgens haarself 'n "groentjie" is (Beeld, 29 Oktober 2003),  het natuurlik "vriend en vyand" verras.

Dit is egter hoogswaarskynlik dat Checkers met sy Nasionale Boereworskompetisie na dese minder vriende en meer vyande sal hê.

Lood se juigende opmerking, "daar val nog 'n bolwerk, nê" en aanhaling "Maria takes the Boer out of boerewors", sou 'n mens die indruk kan gee dat ons hier met 'n transformasie-pryswenner te doen het. Indien wel, is dit slegs gedeeltelik waar.

Shoprite Checkers het met hierdie kompetisie alle perke van sake-etiek oorskry: Hy het aan sy eie wors  die prys toegeken!! En saam daarmee 'n "groentjie" uit sy eie personeel die 4 x 4 geskenk.

Enige koerant, bank of ander maatskappy, wat 'n kompetisie of prysvraag of wat ook maar, vir die publiek organiseer, sal eksplisiet of by implikasie sy eie personeel deelname ontsê. Nie Checkers nie.

Dit sal interessant wees om te verneem, wat spesialiste in die nuwe vakgebied "sake-etiek", soos professor Willy Esterhuysen, oor hierdie bemarkings-kompetisie te sê het.

Ek het die gevoel, dat in die komende jaar baie mense, as hulle Checkers se "Championship Boerewors" reeds sien, al 'n slegte smaak in die mond kry.

Wytze de Boer,
Die Wilgers

PRAAG-Tuks aan Beeld, 11/08/2002:  Studente gee om

Geagte redakteur,

Die indruk wat Eugene Ras skep dat Tukkie-studente nie omgee nie, en selfs verkies om in Engels klas te loop (Beeld 10 Augustus), is baie ver van die waarheid af.  Ons wil nie net liedjies in Afrikaans sing nie, maar ook in ons taal studeer en werk.

Die meerderheid Afrikaanse studente op die kampus wil graag hul taalregte erken sien, en daarom bestaan daar twee organisasies op kampus, Tuks-Afrikaanse Studente (TAS) en PRAAG-Tuks wat poog om die toenemende verengelsing van lesings en studiemateriaal teen te werk.

Eerskomende Woensdag 14 Augustus (G.R.A.-dag) om 12:00 hou ons 'n optog vir Afrikaans op die kampus om protes aan te teken teen taaldiskriminasie.

Afrikaans is ook jongmense se erns, en die konstante geteem in die pers om die teendeel te bewys, is blote propaganda teen die taalstryd deur 'n paar politiek korrekte joernaliste.

Op voetsoolvlak is ons reg vir die stryd.

Wimpie Weideman, Voorsitter Tuks-Afrikaanse Studente (TAS)
Henko van den Bergh, Voorsitter PRAAG-Tuks

Asteria
Pretoriusstraat 629
Arcadia 0080


boontoe

Rentia Landman, 02/08/2002:  Afrikaanse universiteite en skole en  ....... nie 'n piep van Afrikaanse vroue nie

 
Met ontroering lees ek weer onlangs hoe 4000 Afrikaner vroue in 1915 teen die tronkstraf van gnl De Wet en sy mede-rebelle, betoog het. Van oor die hele land het hulle per trein Pretoria toe gekom, twee afgevaardiges per dorp plus vroue van Pretoria en Johannesburg, om in doodse stilte met swart klere vanaf Kerkplein na die Uniegebou te stap om 'n petisie aan die
Goewerneur-Generaal, Lord Buxton te oorhandig. In byna elke dorp of stad is vroue optogte gehou en petisies aan die plaaslike landdros oorhandig. Die inisiatief vir die massa-aksie het van die weduwee van gnl Piet Joubert gekom wat toe reeds 85 jaar oud was en ook die vroue by die Uniegebou toegespreek het.
 
Ek wonder nou maar net, waarom het hierdie vroue nie 'n nageslag opgelewer met dieselfde staal in hulle rûe nie. Tans is daar ernstige kommer oor die toekoms van Afrikaanse universiteite en skole en tog hoor mens nie 'n piep van Afrikaanse vroue nie.
 
Rentia Landman

boontoe

Rentia Landman, 31/07/2002:  Asmal oor "settlers",   "mock 'legality'" en "segregationist fantasies."

 

Asmal: die Afrikaanse taaldebat ... laag en vulgêr

Minister Kadar Asmal se verwysing na die Afrikaanse taaldebat as laag en vulgêr sal niemand wat sy boek, "Reconciliation Through Truth: A Reckoning of Apartheid's Criminal Governance" wat deur hom, sy vrou en RS Roberts geskryf is, verbaas nie. Die boek toon dieselfde minagting vir die Afrikaner as Milner wat die Afrikaner as behorende tot die "lesser breed" beskou het.
 
Buiten die ongenuanseerde kyk op die verlede word meer as een snedige insinuasie na die Afrikaner gemaak soos byvoorbeeld dat die argitekte van die Voortrekkermonument ook argitekte vir 'n apartheidsheiligdom was. Die Afrikaner se apartheidsverlede word in taal soos die volgende beskryf: "They killed entirely outside of the law (and outside even of the mock 'legality' offered by their own courts). They tortured and maimed and embarked on a programme of genocide and violent forced resettlements which could in no event be legal." (bl 194).
 
Wat egter eintlik saak maak is die denkrigting wat agter Asmal se woorde sit naamlik dat alles wat deur die "settlers" tot stand gebring is, vrugte van apartheid is en dus besoedeld.  Deur korrektiewe aksies soos die samesmelting van universiteite en technikons en die uiteindelike wegdoen met Afrikaans as taal van onderrig deur stadige verwurging, kan onderwysinstellings gesuiwer word van hulle apartheidsboosheid.  Pogings om die standaard, karakter of onderrigtaal van 'n onderwysinrigting te behou, word gesien as "segregationist fantasies."
 
Afrikaans was die afgelope eeu kort-kort deur arrogante en sommer net dom beleidmakers geknou en mens hoop dat die taal ook hierdie aanslag sal oorleef.
 
Rentia Landman

boontoe

Dan Roodt, 29/03/2002:  Repliek aan Elsa Lamb

Elsa Lamb (Beeld 27 Maart) verkies ons "onderbroekvlag" met sy swart, geel, groen, wit en rooi bo die Prinsevlag omdat dit "geen verlede het nie".  Ek is bevrees geen vlag is ooit neutraal of verledeloos nie, behalwe miskien die wit vlag wat mens hys as jy oorgee aan jou vyand.
 
Op 31 Mei te Brandfort verkies die gemeenskap dat ons die Prinsevlag hys saam met die "nuwe vlag", maar nie langs mekaar nie.  Hiermee het ek my reeds versoen.
 
Die huidige SA vlag is 'n kruis tussen die Union Jack en die ANC-vlag.  Blykbaar het die ANC geweier om enige oranje daarin te aanvaar omdat dit gesien is as die kleur van die Afrikaner en Jan van Riebeeck.  Die ANC is 'n politieke beweging wat vir 'n lang tyd in die vaarwaters van die ou Sowjet-unie verkeer het, die inval in Praag gesteun het in 1968, die Kerkstraatbom gewerp het, ens.  Kan ons as Afrikaners ons volkome met die swart, geel en groen identifiseer?
 
Natuurlik is ons nie net Nederlands van afkoms nie.  Die Prinsevlag is vir my 'n taalvlag, want dit reik terug na ons taalwortels in die Lae Lande, hoewel ons natuurlik deesdae volkome vasgegroei is aan Afrika.  Die oranje-blanje-blou was die eerste nasionale vlag wat die Russiese, Franse, Duitse, Nederlandse en Belgiese driekleurvlae geïnspireer het.  Vele liedere daaroor is in Afrikaans geskryf en word steeds gesing.
 
Tans definieer die staat hom as 'n Engelse staat met sy vertrapping van taalregte in omtrent elke staatsdepartement en munisipaliteit.  Ook val hy ons plekname en ons identiteit aan.  Terwyl ons noodgedwonge die onderbroekvlag - wat boonop lyk soos dié van die Stille-Oseaanse eiland Vanuatu - moet erken as nasionale vlag, het ons 'n eie Afrikaanse vlag nodig wat onsself as taalgroep verteenwoordig soos die Vlaamse Leeu die Vlaminge simboliseer sonder om hul Belgiese nasionaliteit in die gedrang te bring.
 
Suid-Afrika het ook 'n lang binêre vlagtradisie.  Tussen 1928 en 1957 is beide die Union Jack en die gewysigde Prinsevlag, andersins bekend as die "ou vlag" gebruik.  Waarom kan Afrikaanssprekendes nie vandag weer twee vlae hys nie, die een 'n multikulturele Engelse vlag, en die ander 'n enkel Afrikaanse vlag wat ons lang geskiedenis weergee?  Vanaf 1572 voer ons immers 'n stryd om godsdiens- en taalvryheid teen die Spaanse en Britse Ryke, asook die V.O.C. self, wat vandag steeds voortduur teen die Afro-imperialiste in swart, geel en groen.
 
As inisiatief 'n vorm van verwaandheid is, dan pleit ek skuldig daaraan.  Genls. Hertzog en Smuts, asook prof. Eric Walker, het in 1927 die inisiatief geneem in die vlagdebat, en as iemand met beide Walker se boeke en Hertzog se sesbandige toespraakuitgawe op my rak, voel ek histories gekwalifiseerd om dit namens hulle voort te sit.  Boonop kan Afrikanerdom nie sy huidige leiers vertrou om langer as ses maande enige standpunt, party of beginsel te ondersteun voordat hulle weer oorloop of die wit vlag hys (hensop) nie.
 
In die woorde van Eitemal:  "Dis die tyd, dis die dag, om te handhaaf en te bou.  Hoog die hart, hoog die vlag, hoog Oranje-blanje-blou!"

 

Chris de Lange, 18 Maart 2002:  Afrikaans in die klaskamer

Ek sê net gister vir Dr Dan Roodt dat Afrikaanssprekendes ons taal se grootste vyand is en wil jy nou meer ...! Lees gisteraand Gefrustreerde Akademikus se brief in Beeld en hy bevestig my stelling met kleur en geur. Gelukkig dat Gerrit Brand hom so bietjie op sy plek gesit het!

Vir agt jaar lank het ek al my lesvoorbereidings en –aanbiedings, werkkaarte, toetse, praktiese eksamens, addisionele notas en eksamenvraestelle in Afrikaans en Engels voorberei. Meestal het albei taalgroepe in een klas voor my gesit en nooit was daar enige klagtes oor my aanbiedings in albei landstale nie.

Dit was vanselfsprekend baie meer werk vir my (om die waarheid te sê, presies dubbeld soveel werk!) as vir onderwysers by suiwer Afrikaanse of Engelse skole. Ek is nog steeds dieselfde patetiese salarissie betaal en moes net eenvoudig maar doen. Dan het sommige Engelssprekende onderwysers nog die vermetelheid gehad om vraestelle en aantekenings by my te bedel en nooit iets in ruil aangebied nie.

Daar is honderde en selfs duisende Afrikaanssprekende onderwysers verbonde aan dubbelmedium en parallelmedium skole in hierdie land wat daagliks presies net dit doen waaroor Gefrustreerde Akademikus so hoog opgee: hulle berei al hulle materiaal in Afrikaans en Engels voor. En hulle getalle het aansienlik toegeneem sedert die invoer van Engels by feitlik alle tradisioneel Afrikaanse skole. Bitter min van hierdie Afrikaanse skole word nog toegelaat om slegs deur medium van Afrikaans te onderrig.

Deesdae is ek betrokke by die onderwys in die hoedanigheid van senior vakadviseur. In die nuwe onderwysbedeling is Afrikaans eenvoudig uitgerangeer om die agterste plek in te neem. In KwaZulu-Natal word alles in Engels voorberei en aan skole voorsien. My vak se provinsiale komitee het einde verlede jaar besluit om die Graad 11-sillabus verbruikersvriendelik te maak. Ek het egter daarop aangedring dat die sillabus ook in Afrikaans beskikbaar moet wees, en ek het dit vertaal. Die Afrikaanssprekende onderwysers in my vak is in die wolke daaroor, want dis een van die min Afrikaanse dokumente wat hulle sedert 1994 ontvang het.

Intussen het ek en my kollega besluit om werkkaarte vir Grade 10, 11 en 12 op te stel asook 'n voorbeeld-portfolio vir elke Graad vir Deurlopende Evaluering. Weer eens is dit in Engels opgestel, maar ek het daarop aangedring dat dit ook in Afrikaans beskikbaar moet wees. En weer eens, die Afrikaanssprekende onderwysers in my vak juig. Dit is so 'n sukses dat my kollegas uit ander streke kopieë van die dokumente in Afrikaans aangevra het om aan hulle Afrikaanssprekende onderwysers beskikbaar te stel.

Ons kan eenvoudig nie toelaat dat ons taal uit eie geledere voos gewurm word nie. Gelukkig is daar diegene soos Dr Dan Roodt en Gerrit Brand wat ook soos ek dink. Ons kan eenvoudig nie bekostig om ons taal willens en wetens te laat afskaal nie! As joiners soos Gefrustreerde Akademikus en andere hulle sin kry, kan ons maar die ligte afskakel, die huis toesluit en die sleutel weggooi.

Ek is nié een vir join nie ...!

Chris de Lange

boontoe

 

Paul Alberts, 07/03/2002:  Geskiedenis bou gemeenskap só

 

Die Redakteur

Beeld

 

Geagte meneer

Die artikel in Beeld-forum van Hermann Gilomee, "Geskiedenis bou gemeenskap so", het betrekking en veral sy verwysing na die hoofherdenking van die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in Oktober 1999 op die plaas Louvain buite Brandfort waar die Brandfort-konsentrasiekamp geleë was. Brandfort se blanke inwoners het daardie herdenking geboikot en ons is gebrandmerk as 'n klomp moeilikheidmakers; Die Volksblad het selfs in 'n hoofartikel Brandforters aangespreek oor ons klaarblyklike onvermoë om aan versoening te werk.

Dit alles was 'n enorme verdraaiing van wat werklik gebeur het. Toe die program vir dié dag se aktiwiteite bekend gemaak is, het die inwoners die regering versoek om ook 'n geleentheid te gee aan 'n spreker wat namens die nasate van die blanke inwoners van die Transvaalse en Vrystaatse Boererepublieke hulde aan die inwoners en veral die Boerekrygers, die vrouens, kinders en bejaardes van die destydse Boererepublieke kon bring, siende dat so 'n geleentheid gegee sou word aan die Duke of Kent om hulde aan die Engelse soldate wat gesterf het te bring, en aan me. Winkie Direko, die Vrystaatse Premier, wat glo hulde aan die swartes gebring het wat in die oorlog gely en gesterf het.

Ons het by herhaling gesê dat die persoon wat genooi moet word, nie 'n politieke figuur moet wees nie, maar juis iemand met 'n kultuur-historiese agtergrond. Omdat ons verneem het dat prof. Fransjohan Pretorius op die President se advieskomitee oor sake rakende die Anglo-Boereoorlog gedien het, het ons voorgestel dat hy genooi word om hierdie toespraak te lewer.

Hierdie versoek is botweg geweier. Die herdenking het vir ons as inwoners toe al hoe meer na 'n feesviering begin lyk. Dit was ook 'n gebeurtenis met 'n dramatiese antiklimaks, want die meeste van die aktiwiteite wat vir die dag beplan was, het nooit plaasgevind nie en omdat daar so met die voorbereidings geknoei is (meer as R4 miljoen is glo op twyfelagtige wyse gespandeer), is daar sedertdien 'n forensiese oudit gelas en kriminele klagtes is by die SAPD gelê. Dat nog niks verder oor die verloop van hierdie sake gehoor is nie, is vir ons Brandforters nie juis vreemd nie.

Op 31 Mei 2002 gaan Brandfort en sy afstammelinge van die destydse Boererepublieke op gepaste wyse hulde bring aan die vrouens en kinders wat in die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf het. In die Brandfort-Konsentrasiekamp op die plaas Louvain, skaars 2 km buite die dorp, het byna 2000 vrouens en kinders gesterf. Hierdie konsentrasiekamp was die laaste om deur die Engelse magte opgebreek te word, en wel in Maart 1903, byna 'n jaar na die beëindiging van die oorlog.

Ons wil geen politieke kleur of geur aan die gebeurtenis gee nie. Daarom staan die verrigtinge onder die leiding van die plaaslike kommando. Omdat die Vrede van Vereniging 'n vrede was wat die blanke burgers van die twee Boererepublieke moes onderteken, is almal welkom wat hulle vereenselwig met die lot en lyding van die Boerekrygers, hul vrouens en kinders en familie wat in daardie verskriklike oorlog so 'n enorme prys vir Brittanje se magsug moes betaal.

Die program gaan die oggend om 10:00 begin wanneer ‘n optog van kinders en hul ouers na die konsentrasiekamp sal stap, waar daar om 11:00 ‘n kransleggingseremonie gehou sal word. Afgesien van die kranse wat deur afgevaardigdes van spesifieke genooide instansies neergelê gaan word, gaan elkeen van die sowat vier honderd kinders wat die seremonie gaan bywoon, ook ‘n blom by die herdenkingsnaald in die begraafplaas neerlê. ‘n Kinderkoor van die plaaslike Hoërskool Staatspresident Swart, asook ‘n dameskoor wat uit bejaardes sal bestaan, sal ook optree.

Die spreker by hierdie geleentheid sal die dramaturg, mnr. Pieter Fourie, wees. Mnr. Fourie is ook bekend as die persoon wat die Klein Karoo Nasionale Kunsfees begin het, wat jaarliks op Oudtshoorn gehou word.

Na mnr. Fourie se toespraak, wat sal gaan oor die vrouens en kinders wat in Brandfortse konsentrasiekamp gesterf het, sal die plaaslike Kommando ‘n eresaluut vuur.

Die teenwoordigheid van lede van die Suid-Afrikaanse Boerperd-telersvereniging, wat spesiaal saam met hul Boerperde die seremonie gaan bywoon, sal ‘n treffende gesig wees.

Die middag en aand sal daar op Louvain ‘n verskeidenheid van aktiwiteite aangebied word. Dit sal insluit tradisionele Boeresport en vermaaklikheid, waaronder volkspele, ‘n reuse kampvuur en skuifievertonings van foto’s wat in die konsentrasiekampe geneem is. Opvoerings van gebeurtenisse wat hulle in die Brandfort-konsentrasiekamp afgespeel het, sal aangebied word.

Die verrigtinge sal afgesluit word met die doodmaak van ‘n liggie vir elke vrou en kind wat in die Brandfortkonsentrasiekamp gesterf het.

Hierdie herdenking is uiteraard ook bedoel om nou reg te laat geskied aan ‘n herdenking wat drie jaar gelede erg verbrou is en wat mense verdeel het. Dit het ook veroorsaak dat baie van ons met reg gevra het of die herdenking van die Anglo-Boereoorlog werklik 'n herdenking is van die ongeloofklike lyding van derduisende onskuldige mense (en dan verwys ons na blankes en swartes) en of dit 'n feesviering is wat die oorwinning van die Boererepublieke herdenk.

Daar is drie jaar gelede baie oor versoening gepraat wat die Anglo-Boereoorlogherdenking veronderstel was om te bewerkstellig. Ons wonder steeds: Versoening tussen wie? Brit en Boer? Swartes en Britte, siende dat die swartes so verloën is? Of swartes en Boere, siende dat sowat 100 000 swartes die wapen teen die Boere opgeneem het?

Om te wil versoen, moet daar eers erkenning wees van watter onregte ook al deur die rolspelers gepleeg is. Dit is 'n eeu later en die afstammelinge van die inwoners van die destydse Boererepublieke - wit en swart - wag steeds op 'n erkenning van die Britte dat hulle ons 'n onreg aangedoen het. Totdat dit gebeur voorsien ek nie dat daar veel sprake van versoening kan wees nie.

Paul Alberts

Publisiteitskomitee: 31 Mei 2002-Herdenking

Voortrekkerstraat 36, Brandfort 9400 Tel: (051) 8211783

boontoe

Dan Roodt, 23/02/2002:  Repliek aan Willie Burger in Beeld

Dit verbaas my dat Willie Burger, wat professor in Afrikaans is, Afrikaners se goeie reg om Engels teenoor mekaar te besig, verdedig.  Daarenteen het ek hom byvoorbeeld nog nooit gesien briewe skryf oor die toename in Engels aan Afrikaanse universiteite, of Minister Kader Asmal se voorneme om sulke instellings nog verder te verengels nie.  Ek vra my af of C.M. van den Heever, Van Wyk Louw of Opperman ooit gesien is waar hulle die gebruik van Engels ten koste van Afrikaans voorgestaan het?  Dat ons Afrikaanse professore nou so anglofiel geraak het!  O tempora, o mores!

 

Benewens ad hominem-opmerkings waaraan ek my nie gaan steur nie, bevat Burger se brief 'n hele paar wanvoorstellings.  In die eerste plaas is dit nooit in die uitnodiging na die gespreksaand gemeld dat dit in Engels sou plaasvind nie.  Hierdie uitnodiging is volledig in Afrikaans uitgestuur, en ook die titel van die lesing was in Afrikaans.  Vandaar dan my ligte verbasing dat daar skielik, soos ek dit gestel het, op't Ingels weggeval is voor 'n uitsluitlik Afrikaanse gehoor, op 'n enkele tweetalige uitsondering na.  Indien dit 'n kosmopolitiese gespreksgroep was wat al om die beurt in 'n ander taal vergader, met bydraes in Portugees, Grieks, Zoeloe of Duits, dan moes dit seker vooraf so aangekondig gewees het?

 

Trouens, een van my besware teen sekere Afrikaanse akademici se "Engels, alles Engels"-houding, is juis dat hulle eng, stiksienig en koloniaal is.  Die trotse tradisie van veeltaligheid en kosmopolitisme van vorige Afrikanergeslagte wat Duits, Frans, Nederlands, Spaans en ander tale gelees het, daaruit aangehaal en vertaal het, is besig om verlore te gaan ter wille van 'n armoedige anglosentrisme.  Die luiheid en fasiliteit om uit Amerikaanse of Britse kommentators aan te haal, eerder as om tekste in die oorspronklike taal te gaan lees, het oorgeneem en die studie van Europese tale het in ons land 'n laagtepunt bereik.

 

Om dus soos Burger te beweer dat ek een of ander Afrikaanse narcisme voorstaan, is eenvoudig vergesog.  Feit is dat mnr. Hattingh hom volledig skuldig gemaak het aan hierdie armoedige anglosentrisme, en ek staan by my punt dat sy voordrag gewemel het van fonetiese en ander foute.  Miskien het taalstandaarde aan die Rand Afrikaans University al so ver gedaal dat mense nie meer agterkom watter vrot Engels hulle met mekaar praat nie, maar as iemand wat in die goeie ou dae aan Wits gestudeer het, kan ek Burger verseker dat dit vir 'n spreker van standaard-Engels 'n lagwekkende en onegte vertoning was.  Mnr. Hattingh behoort vir Engelse lesse te gaan, en as hy werklik Foucault en die tradisie waaruit hy skryf, wil verstaan, behoort hy eweneens in te skryf vir Voorbereidende Frans.

 

Mense ken my as 'n hoflike en beskaafde mens.  Mnr. Hattingh het my agterna om verskoning gevra vir sy eie reaksie wat veel heftiger was as my eie.  Nietemin verstaan ek dat Burger meen dat 'n aandrang op Afrikaans op sigself onbeleefd en "arrogant" is, en dit is eintlik waarvoor hy en Cecile Cilliers my verkwalik.  Hy is korrek as hy vermoed dat Afrikaans besig is om uit te sterf vanweë Afrikanerhoflikheid, maar daarby kan hy ook voeg Afrikanerlamsakkigheid, -jellievisagtigheid, -papbroekigheid, -jansalieagtigheid en 'n fietarige bewondering vir alles wat Engels is.

 

Dan Roodt

Posbus 3103

Dainfern

 

boontoe

Johan Kriek, 11/02/2002:  Klank, reuk en gevoel van dorpe

 
Brief aan Beeld.  Sal seker nie gepubliseer word nie.
 
Geagte Redakteur
 
Mathatha Tsedu se uitbarsting in die artikel oor die naamsveranderings wat oorspronklik in die Star en daarna in Beeld van 9 Februarie verskyn het, gee my 'n kramp op 'n plek waar ek nie een wil hê nie, synde dat daar so baie dinge is wat vir Tsedu siek en briesend maak. Hy is aanvallend en beledigend teenoor die Afrikaner se voorouers, daardie mense wat Suid-Afrika 'n plek gemaak het wat die moeite werd was om in te leef, altans tot in 1994.
 
Hy maak 'n hele paar aanvegbare stellings in sy artikel soos onder andere om te beweer dat sy voorvaders uitgewis is in wat so te sê 'n volksmoord was.  Kan hy stawing gee van hierdie snert wat hy kwytraak?  Uit die geskiedenisbronne blyk dat daar talle meer swartes deur swartes doodgemaak is as deur blankes - soos vandag nog die geval is.
 
Hy het sy mond vol oor dinge wat nog Europees is en oor kolonialisme.  Hy sê onder andere dat 'die klank, reuk en gevoel van ons dorpe en stede net so Europees gebly (het) onder Mandela en Mbeki as onder John Vorster'.  Ek het egter 'n verrassing vir Tsedu.  Al verander daardie dorpe se name, hulle gaan nog net so 'Europees' bly, om sy terminologie te gebruik, as wat dit tans is, want dit is deur 'Europeërs' beplan, gebou en ontwikkel.  Die boumetodes is 'Europees' die boustyle is 'Europees', die kundigheid is 'Europees' ens.  Het Tsedu daaraan gedink dat indien die 'Europeers' nie Afrika ingetrek het nie, sou hy en sy vriende nog net soos vyfhonderd jaar gelewe het?  Indien hy van my verskil, moet hy vir my sê waar in Afrika het Afrikane 'n stad soos Pietersburg of 'n dorp soos Tzaneen tot stand gebring? Nêrens!  Waar in Afrika het die Afrikane iets tot stand gebring wat die moeite werd was om vernoem te word? Nêrens nie.
 
Indien Tsedu dan nou so teen dit wat 'koloniaal' of "Europees' is gekant is, moet hy dan nie sy luukse 'Europese' motor verruil vir 'n os nie?  (Ek kan nie sê  donkiekar nie, want voor die blanke na Suid-Afrika gekom het, was die wiel nog nie hier ontdek nie.)  Moet hy dan nie sy luukse huis verruil vir 'n stroois nie?  (Ek kan nie sê 'n plakkershut nie, want die materiaal waarvan 'n plakkershut gebou word, sou vreemd gewees het aan Afrika indien die blanke nie hierheen gekom het nie.)  Indien hy ernstig siek word, moet hy nie een van die moderne 'Europese' klinieke besoek nie, mar moet hy maar met sy os of te voet na die naaste sangoma gaan.  (Nie met 'n ambulans nie, want as die blanke nie na Suid-Afrika gekom het nie, sou daar nie iets soos 'n ambulans gewees het nie.)  Hy moet ook sy pos as adjunkhoof: nuus by die SAUK bedank, want as die blanke nie na Suid-Afrika gekom het nie, sou hy sy nuus met tromme moes uitdra.
 
Sien u nou waaroor gee mense soos Tsedu my 'n kramp op 'n plek waar ek nie een wil hê nie?
 
Johan Kriek
Alcadestraat 73
Lynnwood Glen
Pretoria
 

boontoe

Johann Wingard, 09/02/2002:  Aan Mathatha Tsedu

Die Redakteur,

Beeld.

Meneer,

Mathatha Tsedu se artikel in Saterdag se Beeld het betrekking. Tsedu kla dat die land nog vol monumente van indringers op perde is na agt jaar van swart heerskappy. Hy kla ook dat sekere landsburgers aan die verlede klou, terwyl die ANC regering hulle ‘n nuwe Afrika-toekoms belowe. Dan kla hy oor die on-Afrika omgewing waarin die parlement geleë is en wat nie die Afrika karakter van die land weërspieël nie, die on-Afrika karakter van die land se naam ens.


Mnr Tsedu se stellings dui op die tipiese eendimensionele beeld wat baie van die swart elite van ons land het. Volgens hul mening is slegs die negroïde –Afrikane, wie se voorouers ‘n klompie eeue gelede uit Sentraal Afrika hier aangeland het, ware Afrikane. Die feit is egter dat byna sewe miljoen nie-negroïde Afrikane, oftewel, Afrikane uit Oosterse lande, Arabië en uit Europa in dieselfde tydperk hulle hier kom vestig het en wat net so inheems is as die ander soort. 

Name van plekke en dorpe wat deur Afrikaner, Sotho, Venda en ander volke gegee is, verskaf etnografiese en linguïstiese bewyse van ‘n kontrei se historiese ontwikkeling, afgesien van hoe dit in die huidige politieke klimaat vertolk mag word. ‘n Ongevoeligheid oor hierdie saak dui op ‘n valse persepsie dat amptenary hul mag onbeperk kan uitbrei deur ongemagtigde uitbuiting, ekploitering en dominansie van minderheidsgroepe. Dit dui ook op ‘n demonstrasie van uiterste kulturele chauvisme en magsmisbruik wat wettiglik teëgestaan mag word.


Dit is nie minderhede wat aan die verlede verknog is nie, maar die swart elite, wat behep is met die verlede en dit wil verander. Die res hou hulle met vandag en more besig om liggaam en siel vir nog ‘n maand aanmekaar te hou. Die noodlot van hierdie land se mense sluit al sy burgers in, almal se waardes, se kultuur en geskiedenis. Afrikaners, byvoorbeeld maak ongeveer die helfde van die groep uit wat van ander lande afkomstig is en is net so inheems as Tsedu-hulle. Miskien het hy sy geskiedenis vergeet; daardie ruiters oor wie hy so kla, is die land se eerste vryheidsvegters wat Britse imperialime teengestaan het. Hy behoort trots te wees op hulle en om hulle ook te eer!

Mag ek in alle ordentlikheid vir Mathata ‘n praktiese wenk deurgee: as jy werklik ‘n tradisionele Afrikaan wil wees, wat slegs Afrika goedere wil gebruik of respekteer, en om nie soos burgers van westerse oorsprong te vertoon nie, verkoop jou BMW en koop ‘n donkiekar. Moenie jou selfoon gebruik om ‘n ete afspraak in ‘n westerse resaurant te maak nie, gebruik ‘n hardloper en gaan eet in die sjebeen. Waarom drink jy nie liewer egte Afrika-sorghumbier as daardie aaklige Kaaps-Afrikaanse wyne nie. Los jou rekenaar, jou stofsuier en elektriese waaier. Gebruik liewer ander toestelle van egte Afrika oorsprong daarvoor. 

Waarom beywer Tsedu hom nie dat die parlement na ‘n tipiese Afrika omgewing soos Bisho, Mafikeng of Ulundi verskuif word nie? Waarom behou hulle die parlement, erfgenaam van apartheid, in ‘n stad met die langste on-Afrika geskiedenis op die vasteland van Afrika? 

Hamba kahle, Mathatha, jy loop in ‘n mynveld!

Johann Wingard

Posbus 1406,

Warmbad

boontoe

Dr Rentia Landman van Centurion skryf:

Beeld (25 en 26 Oktober 2001) berig dat die Pretoria Sakekamer onder voorsitterskap van Tersius Zitske weggebreek het van die Afrikaanse Handelsinstituut.

Is dit dieselfde T Zitske, van die "Pretoria Business Chamber" wat op 13 Augustus 2001 die volgende gesê het by die Tshwane Rassisme-konferensie?

"Unfortunately, my childhood education and environment was based on a racist foundation. I can remember being in Sentrale Volkskool in Kroonstad, all boys receiving medical examinations to confirm that our reproduction parts were in a good working order, in order to ensure the future of Die Volk."

Die mediese ondersoeke deur die skooldokter/-suster is tog gewone standaard-ondersoeke waar gekyk word na algemene gesondheid, sig en gehoor, gebit, ruggraatontwikkeling, ens. Deur die hele wêreld word kinders in skole medies ondersoek waarna ouers aangeraai word om hulle kind wat ʼn probleem het, na ʼn privaatarts of kliniek te neem.

As dit dieselfde heer Zitske is, is dit duidelik dat sy kindertydskok en vrees vir die "reproduction of Die Volk" nou op die vlak van die Afrikaanse Handelsinstituut manifesteer.

boontoe

Meneer,

Engelse Eksamens by Veeartsenykundige Fakulteit

Ek verwys na die brief van die Direkteur van Bemarking en
Kommunikasie van Tukkies, wat op 3 Oktober geplaas was.

 As trotse oud-Tukkie, sluk ek moeilik aan sy lamsakkige
verduideliking, waarom Afrikaans glad nie by die fakulteit van
Veeartsenykunde gebruik mag word nie. Dit is nou werklik 'n
geval van die stert wat die hond swaai. Medunsa het in sy
geskiedenis as 'n veeartsenykundige fakulteit skaars 'n
handvol gegradueerdes opgelewer, terwyl Onderstepoort 
wêreldbekend is vir sy fakulteit.

Hy maak die bewering dat die regering gedreig het om
Onderstepoort te sluit en te verskuif na die Universiteit van
die Noorde, en dit is waarskynlik waar. Die slim mense wat
hierdie dreigement gemaak het, dink seker dat 'n mens 'n
paar vragmotors kry, al die toerusting van Onderstepoort
oplaai, dit anderkant Pietersburg aflaai en skielik is daar 'n
nuwe Fakulteit van Veeartsenykunde. Kon Tukkies werklik
nie eers uit 'n posisie van krag praat nie, en darem iets
beter vir sy studente beding het nie? Die volgende
dreigement wat seker gemaak sal word, sal wees om die
die fakulteit van Ingenieurswese oor te plaas na die
Universiteit van Venda, tensy die voertaal onmiddelik na
Engels verander word. Die lys is lank, want daar is nog
heelwat departemente wat so afgepers kan word, om die
hele universiteit te verengels.

Dit is duidelik dat daar baie druk uitgeoefen word op Tukkies
om te verengels, maar word die menings van dosente,
studente, ouers en donateurs glad nie meer in ag geneem
nie? Alle toegewings word gemaak in die naam van
"Transformasie", terwyl die Afrikaanse student se
konstitusionele taalregte sonder slag of stoot vertrap word.
Het ons oud- en huidige Tukkies ook nou al aanvaar dat ons
enige snert soos dié van dr. Hendrikz vir soetkoek moet
opeet? Hy is nou wel net die boodskapper, maar 'n mens
kan aanvaar dat hy die Universiteit se amptelike mondstuk
is.

Die uwe.


J S van Rooyen

Lynburnweg 72
Lynnwood Manor
PRETORIA
0081

boontoe

Kobus Botes, 12/07/2001:  Antwood op Kader Asmal in Beeld

My onderstaande brief aan Beeld is nie geplaas nie. Ek stuur dit aan PRAAG aangesien die skolekwessie besig is om hande uit te ruk.

12 Julie 2001

Dit is baie verblydend dat 'n minister van ons land die moeite doen om briefskrywers in die Beeld te antwoord op hulle kritiek.

Dit kan 'n aanduiding wees dat Prof. Kader Asmal, Minister van Onderwys een van die min ministers is wat moontlik omgee wat in Suid Afrika gebeur en wat die impak van sy besluite is.

Dit is egter 'n jammerte dat sy beste verweer (Beeld 12 Julie) op R.B. de Vos se brief (Beeld 29 Junie) is om de Vos se mentaliteit te analiseer eerder as om die kruks van die saak aan te spreek.  Asmal se flou repliek bevestig net my persepsie dat hy maar net nog 'n pion in die hande van sy mede-kaders is om sy skommelende pos in die regering te behou.

Die minister is gou om te beweer dat die tradisie en kultuur van swartmense niemand toelaat om inisiasieskole te besoek nie. Asmal se uitspraak impliseer inderdaad dat die swart kultuur bo die wet (of sy mag as 'n nie-te-swart-persoon) verhewe is!

Kan die minister se opinie ook gesien word as die rede vir die westerse siening van wetteloosheid in hierdie land waar die tradisionele Afrikakultuur van sosialisme inwoners wettig om hulle medeburgers se eiendom en lewens toe te eien?

As dit die geval is, is daar nie plek vir blankes met 'n Westerse lewensuitkyk en 'n eurosentriese kultuur in Suid Afrika nie. Volg ons a.g.v. kultuur dieselfde destruktiewe pad as Zimbabwe?

Asmal is baie vinnig om die swart meerderheidskultuur bo die reg te verdedig, maar hy probeer op elke denkbare wyse die suksesvolle tradisionele Afrikanerskole kritiseer en laat degenereer tot 'n vlak waar onderwys 'n bespotting is.

Asmal se nuutste uitspraak dat indien blanke skole nie swart onderwysers aanstel nie (om sodoende meer verteenwoordigend te wees), gaan hy dit d.m.v. wetgewing doen, dui op 'n eensydige haatsprakige ANC-mentaliteit. Het die minister geen respek vir die Afrikaanssprekende kultuur nie?  Lê Asmal se prioriteit by sy vryheidstrydmakkers se afbrekende boodskap dat daar nie plek vir die blanke setlaars is nie eerder as by die suksesvolle implementering van die land se opvoedingstelsel?

In 'n vroeëre Beeld-uitgawe is berig dat baie swart ouers selfs verkies dat hulle kinders deur blanke onderwysers onderrig word omdat die vlak van onderrig en toegewydheid beter is. Maar die minister probeer steeds ander kulture se onderwysers op ons afdwing. 

Sedert die ANC die mag verkry het, het nie net Blanke skole nie, maar nog meer swart skole agteruitgegaan. Indien my naam Kader Asmal was, sou ek nie kon slaap a.g.v. my swak prestasie as Minister van Onderwys nie.

Ekself is nie 'n luisteraar van Radio Pretoria nie, maar ek lees in die Beeld van 12 Julie 2001 dat Radio Pretoria sy senders moet afskakel omdat hy by implikasie die blanke tradisie te veel ondersteun. Tradisie is heel duidelik slegs onder beskerming indien dit swart tradisie is.  Volgens die regering se beleid behoort hulle eintlik blankes te dwing om met swartes te trou om sodoende gelykheid te bewerkstellig en die gemiddelde familie ook "verteenwoordigend" te maak soos die klaskamers.

Dié land se regeerders maak my naar.

Kobus Botes, Centurion

 

boontoe

Dan Roodt, 4/07/2001:  Brief aan Beeld oor nivellering van onderwys

Prof. Hein Willemse se standpunt (Beeld 3 Julie) oor die komende nivellering van onderwys in die naam van transformasie kan net van iemand kom wat nie self kinders het nie.  Het hy enige idee hoe moeilik dit is om aan ‘n kind sy moedertaal oor te dra, asook enkele gesonde waardes te midde van ‘n wêreldkultuur wat deur Disney, McDonald’s en ‘n geweldophemelende Hollywood oorheers word?

Die gedagte dat onderwysers wat nie moedertaalsprekers van Afrikaans is nie, en wat boonop swak opgelei is, die huidige leerkragte in Afrikaanse skole moet vervang, is absurd.  In geen ander meertalige land sou daar selfs gedink word daaraan om onderwysers en kinders vanuit verskillende taalgemeenskappe te meng nie, tensy dit in taalklasse is waar die teikentaal aangeleer moet word, wat nog te sê om dit te oorweeg as amptelike beleid.

So ‘n stap kan die onderwys in Suid-Afrika, wat reeds sedert 1976 om politieke en ideologiese doeleindes misbruik word, finaal destabiliseer en bestaande model C-skole tot niet maak omdat ouers en beheerrade eenvoudig sal weier om hul kinders bloot te stel aan die tweederangse onderwys wat in ander skole verantwoordelik is vir ‘n 40% slaagsyfer en waar onderwysers blykbaar gereeld seksuele omgang het met minderjarige leerlinge.

Om te argumenteer dat die voortreflike onderwys in veral Afrikaanse model-C skole enigiets met apartheid te make het, is om te vergeet dat elke kind se opvoeding tuis begin en dat die leerkultuur onder Afrikaners, soortgelyk aan dié onder Jode, oor geslagte opgebou is.  Uit ‘n bevolking van 40 miljoen, lewer die klein minderheid Afrikaners 43% van die nagraads gekwalifiseerdes op.

Die gedagte dat leerlinge deur blootstelling aan onderwysers uit ander kultuurgroepe “nuwe gesigspunte gaan verneem”, is so absurd as om te dink dat ek uit ‘n gesprek met ‘n Rus baie dinge kan leer as ek nie Russies kan praat nie, en hy nie Afrikaans nie.  Omdat kinders steeds besig is om hul taalkodes te verwerf, durf hulle nie onderwysers hê wat self nie die taal behoorlik magtig is nie.

Vele opvoedkundiges skryf die probleme in skole in die swart woonbuurtes toe aan ‘n gebrek aan moedertaalonderrig en kommunikasieprobleme tussen leerlinge en onderwysers omdat nie een van die twee groepe Engels behoorlik magtig is nie.  Moet hierdie soort probleme nou uit weerwraak ook op ons losgelaat word?

Selfs al neem die Onderwysdepartement in sy maniese nivelleringspoging môre alle skoolgeboue van ons af weg, sal ons steeds deur tuisonderrig in klein groepies kan verseker dat ons kinders die wêreld ewe toegerus binnegaan as wat ons dit kon binnegaan.

Dit sê iets aangaande die fanatisme van amptelike beleid dat die mees fantastiese sosiale eksperimente wat selfs ‘n Mao of ‘n Stalin kwalik aan sou kon dink, tans met vrome praatjies van “arbeidsbillikheid” voorgestel word.  Prof. Willemse en die Onderwysdepartement gaan verbaas wees oor die reaksie in die voorstede as hierdie plan in werking gestel sou word.

Dan Roodt

boontoe

PRAAG-Tuks aan Beeld, 17 Junie 2001

Martin Labuschagne nms. PRAAG-Tuks skryf:

Die Jeugdagviering op 16 Junie 2001het hier verwysing.
Graag wil ek net namens PRAAG-TUKS 'n paar menings  oor Jeugdagviering op skrif stel.
Die feit dat Jeugdagviering op 'n datum val wat van betekenis is vir die eertydse struggle-bewegings, maak dat dit nie relevansie het vir die Afrikaanse jeug nie. Hoe kan ons die dag vier as dit 'n dag is waar mense hulle aggressie teen Afrikaans en sy mense uitgedruk het? Dit is soos om vir Palestyne te vra dat hulle die Sesdaagse oorlog in die veertiger jare moet vier.
Die ANC-Jeugliga se standpunt dat die wit jeug nie ekspesie moet as rassisme in hul geledere gekritiseer te word nie is 'n toonbeeld van eie-geregtigheid. Hoe kan verwag word dat die Afrikaanse jeug hulle monde moet hou as swart rassiste kritiek het teen blankes,? Ten minste moet diesulke kritiek gebalanseer word met kritiek teen die eie gemeenskap.
Die Afrikaanse jeug voel glad nie welkom in die nwue Suid-Afrika nie. Daar word in detail vertel hoe ons geskiedenis die geskiedenis van onderdrukking was. Alles wat Afrikaners gedoen het sedert hul aankoms aan die Kaap was een vlaag van rassitiese onderdrukking van die 'inheemse'(let wel die insunuasies van die woord) mense van Afrika. Dan daarna draai hulle om en se: toe maar, julle is oukei, hoor! Dit is soos 'n man wat sy vrou slaan en dan agterna se dat hy haar lief het.
Solank as wat Afrikaners en die Afrikaanse jeug se geskiednis in Suid-Afrika misken word, word Afrikaners hul regmatige plek in Suid-Afrika ontken.
Ek stel voor dat die Afrikaanse jeug hul eie Jeugdag vier en dit wel op 'n datum van struggle-slagoffer se dood sodat ons altyd die struggle se aggressie sal onthou.

Martin Labuschuschagne, nms. PRAAG-Tuks

boontoe

In antwoord op u hoofartikel van 15 Maart 2001 waarin u die "uitgesproke Praag en die Groep van 63" kritiseer vir ons verklaring n.a.v. Minister Kader Asmal se "Engels über alles"-uitsprake oor tersiêre onderwys, asook ons oproep tot 'n boikot van die Gerwel-komitee, reageer Praag soos volg.

Prof. Jakes Gerwel het die Universiteit van Wes-Kaapland, wat eens 'n gesiene Afrikaanstalige universiteit was, laat verengels terwyl hy aan die hoof daarvan was as rektor.  UWK het op 'n stadium die grootste Afrikaanse departement in die land gehad.  Sommige opvoedkundiges meen dat armer Afrikaanssprekendes in die Kaap wat dié universiteit in groot getalle besoek het in die sewentiger- en tagtigerjare, nou sonder 'n heenkome is en nie meer daar tuis voel nie omdat dit kultureel oorheers word deur Xhosa-sprekers.  Ook die taalmedium benadeel hulle, omdat veral studente vanaf die platteland nie Engels na behore magtig is nie.

Onder prof. Gerwel is die universiteit telkemale ontwrig deur Xhosa-sprekers wie se pro-ANC politieke aktivisme in diens gestaan het van die slagspreuk "Liberation before education".  Blykbaar het prof. Gerwel geweier om hierteen op te tree omdat hy hom beroep het op die Freedom Charter wat "nasionale eenheid" en "solidariteit in die vryheidstryd" bepleit.

Tydens die Rassismekonferensie verlede jaar het prof. Gerwel 'n radikaal Afrikanistiese toespraak gelewer wat die Westerse intellektuele tradisie grondig verwerp.  In sy gevleuelde woorde was "apartheid die uiteinde van die Westerse Renaissance"

Weens sy geskiedenis as die "verengelser van UWK", asook sy klaarblyklike verbintenis tot fundamentalisties-Afrikanistiese ideë, behalwe nog sy assosiasie met die ANC, is prof. Gerwel nie gekwalifiseerd om die huidige krisis rondom tersiêre onderrigtaal te hanteer nie.  'n Politiek en ideologies neutrale persoon sou meer geskik wees.

Totdat Asmal egter afsien van en om verskoning vra vir sy heerssugtige en inderdaad Milneriaanse uitsprake oor Afrikaans, behoort Afrikaanse universiteite nie saam te werk met die Gerwel-komitee nie.  Sy aanstelling is bloot 'n deursigtige truuk om die oplaaiende misnoeë van die Afrikaanse bevolking oor die vertrapping van hul taalregte te probeer paai.

Intussen stoom die "Engels über alles"-beleid voort soos 'n stoomroller.

Dan Roodt
nms. PRAAG
Posbus 3103

boontoe

 Meneer,

 Ons, die ondergetekende lede en adviseurs van die Groep van 63, maak ten
 sterkste beswaar teen Beeld se hoofartikel van 15/3/2001 waarin ons,
 weens ons reaksie op Minister Kader Asmal se opmerkings oor  taal en
 transformasie aan universiteite, van kortsigtigheid en onkonstruktiewe
 optrede beskuldig word:
 1. Anders as Beeld het Die Burger reeds in sy hoofartikel van 9/3/2001
gewys op die groot moeite wat bestaande Afrikaanse universiteite doen om
 nie-Afrikaanssprekende en swart studente te akkommodeer en gesê "Asmal
 se verwysing  na  tersiêre instellings 'wat steeds die ongelykhede van
 die verlede in stand hou' lyk egter onbillik in die lig van
 transformasie wat reeds plaasgevind het." Die gerespekteerde
 regsgeleerde en rektor van Stellenbosch, prof. Andreas van Wyk, het ook
 gewys op die ongrondwetlikheid van Asmal se dreigement van die
 instelling van kwota's aan universiteite waar "taal
 transformasie ondermyn" in die lig van die grondwet se bepalings oor
 veeltaligheid.
 2. Minister Asmal is net die soveelste voorbeeld van die huidige
 regering se minagting vir die bevordering van veeltaligheid. Ander
 voorbeelde is: Asmal se eie parlementêre uitspraak van meer as 18 maande
 gelede dat moedertaalonderig "etnosentries" is; dr. Blade Nzimande se
 parlementêre verwysing na Afrikaanse skole as "mini-volkstate"; Minister
 Penuell Maduna se arrogansie teenoor billike versoeke om Afrikaans nie
 as verslagtaal van die hof te skrap nie; die feit dat PANSAT se
 uitsprake steeds geïgnoreer word en die  regering PANSAT geen tande gee
 nie; en, les bes, president Mbeki wat steeds nie sy parlementêre belofte
van bykans twee jaar gelede nakom om 'n taalmeganisme in sy kantoor in
 te stel nie. Dit hoef ons dus  geensins te verbaas dat die
 verengelsingsproses aan Afrikaanse universiteite voortstoom nie.
 3. Minister Asmal het verlede week verklaar dat hy teen die middel van
 vanjaar deur 'n taakgroep van die Raad op Hoër Onderwys oor taalbeleid
 geadviseer sal word. In die lig hiervan begryp ons glad nie waarom hy
 nou skielik 'n "informele werkgroep" onder prof. Jakes Gerwel saamgestel
 het nie. Uiteraard verwelkom ons enige inisiatiewe wat veeltaligheid
 aanhelp, en sal ons met hierdie groep saamwerk as ons  kan, maar dit lyk
 na 'n bekookte oorreaksie van die minister se kant. Ons is verder uiters
 skepties oor die
 persoon van prof. Gerwel, nie net omdat hy in die jare tagtig versium
 het om die verengelsing van UWK teen te staan nie en so meegedoen het om
 duisende histories benadeelde Afrikaanse moedertaalsprekers ontmagtig
 het nie, maar ook omdat hy die afgelope naweek in 'n rubriek met groot
 snedigheid na minderheidsgroepe verwys het en so sy volslae onbegrip van
 liberaal-demokratiese state se akkommodasie van minderhede vertoon het.
 4. Beeld het talle mediaverklarings deur die Groep van 63 oor die laaste
 paar maande geïgnoreer, en dit terwyl Beeld hom daarop roem dat hy
 "graag die feite aan sy lesers gee". Hierdie patroon het 'n nuwe
 laagtepunt bereik toe Beeld in gister se hoofartikel gekies het om te
 reageer op twee mediaverklarings wat deur die Groep op 7 Maart en 14
 Maart uitgereik is en nooit deur Beeld gepubliseer is nie. Dit oortree
 alle norme van etiese joernalistieke praktyk en ons sal graag wil weet
 hoe Beeld hierdie optrede regverdig.

 Ondertekenaars:
 Martjie Bosman, ontwikkelingskundige, 082-655-2073
 Dr. Abraham H. de Vries, skrywer, 021-424-7931
 Mnr. Jannie Gagiano, politieke wetenskaplike, US, 021-886-6057
 Prof. Danie Goosen, filosoof, 083-324-6440
 Peter Louw, digter, 021-509-5022
 Dr. Koos Malan, publiekreg-dosent, VISTA, 082-372-2045
 Johann  Lodewyk Marais, digter, 082-789-9450
 Dr. Piet J. Müller, toekomskundige, 082-574-6168
 Fanie Olivier, digter, 082-469-4339
 Rike Olivier, Afrikaans-dosent, UNIVEN, 082-469-4339
 Dr. Dioné Prinsloo, historikus, UNISA, 082-4646-953
 Johann Rossouw, taalaktivis, 083-459-6364
 Marinus Schoeman, filosoof, UP, 012-420-2697
 Prof. Jaap Steyn, taalsosioloog, UOVS, 041-401-2257
 Prof. Christo Viljoen, akademikus, US, 021-883-3754


boontoe