| wie
is ons?
nuus!
sluit aan by
praag!
donasies
roodt-geskrifte
aanlyn
afrikanerforum
boekwinkel
chronologie
menings
rubrieke
opstelle
resensies
poësie
satire
mediaverklarings
aksies
skrywers
abba
skakels
briewe
uit-BEELD
uit-RAPPORT
out-STAR
KRYT
tuis
|
|
Lees
Beeld, die koerant vir die kruipende geslag! Welkom
by Uit-Beeld, ons bewonderaarsklub vir diegene wat soms die grootste
Afrikaanse dagblad in die Transvaal, pardon, Gauteng, Mpumalanga,
Limpopo en Noordwes, te lese kry.
-
Ongelooflik!
Beeld ondersteun die reg op lewe! 12/4/2006
-
Rassiste
se einde is naby, waarsku Beeld, 11/4/2006
-
Anton
Barnard aan Beeld, 8/12/2005: Standaard-Afrikaans se Ma!
-
Dan
Roodt aan Beeld, 21/11/2005: Solank Lood sy medikasie vir
sielsiekes neem...
-
Dan Roodt aan Peet Kruger van Beeld,
23/08/2005: Pragtig, Peet!
-
Dan
Roodt aan Peet Kruger van Beeld, 29/07/2005: Eerder nie?
-
Wytze
de Boer aan Beeld,2/11/2003: Misleidende Boereworskompetisie
-
PRAAG-Tuks
aan Beeld, 11/08/2002: Studente gee om
-
Rentia
Landman, 02/08/2002: Afrikaanse universiteite en skole en
....... nie 'n piep van Afrikaanse vroue nie
-
Rentia
Landman, 21/07/2002: Asmal oor "settlers",
"mock 'legality'" en "segregationist
fantasies."
-
Dan
Roodt, 29/03/2002: Repliek aan Elsa Lamb
-
Chris
de Lange, 18/03/2002: Afrikaans in die klaskamer
-
Paul
Alberts, 07/03/2002: Geskiedenis bou gemeenskap só
-
Dan
Roodt, 23/02/2002: Repliek aan Willie Burger in Beeld
-
Johan
Kriek, 11/02/2002: Klank, reuk en gevoel van dorpe
-
Johann
Wingard, 09/02/2002: Aan Mathatha Tsedu
-
Dr.
Rentia Landman, 26/10/2001: Pretoriase Sakekamer
-
J.S.
van Rooyen, 25/10/2001: Engels by Onderstepoort, aan Beeld
-
Kobus,
Botes, 12/07/2001: Antwood op Kader Asmal in Beeld
-
Dan
Roodt, 4/07/2001: Brief aan Beeld oor nivellering van
onderwys
-
PRAAG-Tuks
aan Beeld, 17 Junie 2001
-
Dan
Roodt, 15/03/01: Kader Asmal se "Engels über alles"
-
Martjie
Bosman, ontwikkelingskundige, 082-655-2073
Dr. Abraham H. de
Vries, skrywer, 021-424-7931
Mnr. Jannie
Gagiano,
politieke wetenskaplike, US, 021-886-6057
Prof. Danie Goosen,
filosoof, 083-324-6440
Peter Louw, digter,
021-509-5022
Dr. Koos Malan,
publiekreg-dosent, VISTA, 082-372-2045
Johann Lodewyk
Marais, digter, 082-789-9450
Dr. Piet J.
Müller, toekomskundige, 082-574-6168
Fanie Olivier,
digter, 082-469-4339
Rike Olivier,
Afrikaans-dosent, UNIVEN, 082-469-4339
Dr. Dioné
Prinsloo, historikus, UNISA, 082-4646-953
Johann Rossouw,
taalaktivis, 083-459-6364
Marinus Schoeman,
filosoof, UP, 012-420-2697
Prof. Jaap Steyn,
taalsosioloog, UOVS, 041-401-2257
Prof. Christo
Viljoen, akademikus, US, 021-883-3754
, 15/03/01: Beeld oortree alle norme van etiese joernalistieke
praktyk
boontoe
Dan
Roodt aan Peet Kruger van Beeld: Eerder nie?
Beste
Peet,
Omdat
ek weet dat Beeld nie my brief sal publiseer nie, rig ek dié maar
aan die Business Day. Hoe ironies dat ek as Afrikaanse skrywer en
denker nie toegelaat word om in my eie taal in jou koerant te skryf
nie. Maar Broederbondsensuur het nog geen jota of tittel in dertig
jaar verander nie, nie waar nie?
Ek
sien jy skryf in jou gewone onderdanige en selfs kruiperige styl in
vandag se Beeld
dat die ANC "eerder nie" moet begin om plase te
onteien en aan afsnydatums moet torring nie.
My
vraag is nou: waarom op aarde nie? Gegewe jou verwronge
waardestelsel van "elkeen vir homself in 'n globale wêreld"
en die verguising van ons mense en ons geskiedenis wat so dikwels in
jou koerant gepleeg word, kan jy sekerlik nie omgee indien elke boer
sy plaas soos in Zimbabwe aan kunsmatig opgesweepte grondbesetters
moet afstaan nie.
En
gestel nou die ANC gaan voort met onteiening, wat dan? Dan kan ek
nou al jou volgende geteem in die hoofartikel sien: "Dis
besonder jammer dat ons geëerde regering nie op ons smeekbedes ag
geslaan het nie, maar aan die ander kant: gee aan die keiser wat hom
toekom. En natuurlik is dit goed en reg dat ons vir apartheid moet
betaal, bla-bla-bla."
Aan
die ander kant het jou "eerder nie" van vanoggend seker
besonder baie moed geverg. Dalk selfs 'n slapelose nag of twee?
Maar
ek weet sommer jy gaan môre weer - ter wille van balans - 'n
loflied aan ons wonderlike regering aanhef, dus sal jou "eerder
nie" gou-gou in die vergetelheid versink. Sekerlik sal Minister
Thoko Didiza na dese jou nog steeds as haar oogappel en haar
witbroodjie sien.
Tot
volgende keer.
Groete,
Dan
Roodt
The
ANC is about to cross the Rubicon in abandoning the notion that
private property should be sacrosanct under our admittedly flawed
constitution. Farms will be expropriated in the name of "land
reform" whereas the real reason is that many of those farms
belong to Afrikaners, an unwanted ethnic group in a Xhosa-dominated
South Africa.
If
the Stock Exchange or the leafy suburbs of Sandton had to be
"reformed", there would be an outcry. Yet criticism
against so-called land reform remains muted. We are going to rue the
day when the Pandora's box of state intervention in private
ownership patterns was opened.
In
an extraordinary statement on 28 July, President Mbeki declared that
Zimbabwe "delayed its land-reform programme (in the early
nineties) so that negotiations for South Africa's liberation
succeeded". Otherwise the "apartheid government would have
been frightened". So the ANC and ZANU (PF) have been in cahoots
all these years after all.
Fortunately
we do not have an apartheid government to get "frightened"
anymore and we can all just hurtle along the Zimbabwean roller
coaster ride to our merry end! South Africa has already had previous
"land reforms", first under JBM Hertzog's government that
transferred millions of hectares to blacks and secondly under the
homeland consolidation policy which constituted another land bonanza
for blacks.
Foreign
newspapers over the past few days have again been carrying the lie
that "whites own 87% of South African land". The truth is
that, with the exception of the Karoo which is not arable, and
including the ex-homelands and traditional areas, blacks already own
50% of our land. Parts of the Transkei and the former Republic of
Venda contain the best soil in the country. Yet production on such
land is minimal and has been so for years, ever since the apartheid
agricultural specialists departed.
A
recent widely publicised survey showed that only 9% of South African
blacks had any desire for land. The rest preferred a job in the
city. This entire issue has nothing to do with land or agriculture
but with the disastrous African penchant for exhibiting political
muscle. Amin, Mobutu and Mugabe have all done it.
When
Minister Thoko Didiza bandies about her famous 30%, she is not
talking about arable land, but 30% of white Afrikaner-owned farms.
Being second-class citizens, Afrikaners should not be allowed to own
land, like Jews in nineteenth-century Europe or in Nazi Germany.
Four
years ago I write in my subsequently discontinued column in Rapport
that we were heading for a Zimbabwe. My only surprise is that it is
happening sooner than even my most pessimistic thoughts were willing
to allow.
I
recently drove through the Free State, Northern Cape and Western
Transvaal, past many many well-tended farms with modest dwellings,
each farm attesting to perhaps generations of careful management and
perseverance. My heart aches for our farmers. And of course for our
country, once the last outpost of orderly government in Africa,
"the continent of chaos and entropy" as it was called
in a recent book.
Dan Roodt
Wytze
de Boer aan Beeld: Misleidende Boereworskompetisie
Geagte Mnr Tys Uys
Soos vanoggend telefonies afgespreek stuur ek die brief vir u
briewekolom hier weer.
Omdat u gesê het: "Professor Willy Esterhuyse sal die storie
ook geniet", stuur ek 'n kopie van hierdie epos na hom toe.
Ek het ook geprobeer om Checkers se bestuurder in hande te kry vir
'n antwoord, maar hulle hoofkantoor se telefoon bly aanhoudend
lui.
As u die brief plaas, sal hulle seker (moet) reageer.
Groete,
Wytze de Boer
Die worskoningin, Me Munyambo, wat volgens haarself 'n
"groentjie" is (Beeld, 29 Oktober 2003), het
natuurlik "vriend en vyand" verras.
Dit is egter hoogswaarskynlik dat Checkers met sy Nasionale
Boereworskompetisie na dese minder vriende en meer vyande sal hê.
Lood se juigende opmerking, "daar val nog 'n bolwerk, nê"
en aanhaling "Maria takes the Boer out of boerewors",
sou 'n mens die indruk kan gee dat ons hier met 'n
transformasie-pryswenner te doen het. Indien wel, is dit slegs
gedeeltelik waar.
Shoprite Checkers het met hierdie kompetisie alle perke van
sake-etiek oorskry: Hy het aan sy eie wors die prys
toegeken!! En saam daarmee 'n "groentjie" uit sy eie
personeel die 4 x 4 geskenk.
Enige koerant, bank of ander maatskappy, wat 'n kompetisie of
prysvraag of wat ook maar, vir die publiek organiseer, sal
eksplisiet of by implikasie sy eie personeel deelname ontsê. Nie
Checkers nie.
Dit sal interessant wees om te verneem, wat spesialiste in die
nuwe vakgebied "sake-etiek", soos professor Willy
Esterhuysen, oor hierdie bemarkings-kompetisie te sê het.
Ek het die gevoel, dat in die komende jaar baie mense, as hulle
Checkers se "Championship Boerewors" reeds sien, al 'n
slegte smaak in die mond kry.
Wytze de Boer,
Die Wilgers
PRAAG-Tuks
aan Beeld, 11/08/2002: Studente gee om
Geagte redakteur,
Die indruk wat Eugene Ras skep dat Tukkie-studente nie omgee nie,
en selfs verkies om in Engels klas te loop (Beeld 10 Augustus), is
baie ver van die waarheid af. Ons wil nie net liedjies in
Afrikaans sing nie, maar ook in ons taal studeer en werk.
Die meerderheid Afrikaanse studente op die kampus wil graag hul
taalregte erken sien, en daarom bestaan daar twee organisasies op
kampus, Tuks-Afrikaanse Studente (TAS) en PRAAG-Tuks wat poog om
die toenemende verengelsing van lesings en studiemateriaal teen te
werk.
Eerskomende Woensdag 14 Augustus (G.R.A.-dag) om 12:00 hou ons 'n
optog vir Afrikaans op die kampus om protes aan te teken teen
taaldiskriminasie.
Afrikaans is ook jongmense se erns, en die konstante geteem in die
pers om die teendeel te bewys, is blote propaganda teen die
taalstryd deur 'n paar politiek korrekte joernaliste.
Op voetsoolvlak is ons reg vir die stryd.
Wimpie Weideman, Voorsitter Tuks-Afrikaanse Studente (TAS)
Henko van den Bergh, Voorsitter PRAAG-Tuks
Asteria
Pretoriusstraat 629
Arcadia 0080
boontoe
Rentia
Landman, 02/08/2002: Afrikaanse universiteite en skole en
....... nie 'n piep van Afrikaanse vroue nie
Met ontroering lees ek weer onlangs
hoe 4000 Afrikaner vroue in 1915 teen die tronkstraf van gnl De
Wet en sy mede-rebelle, betoog het. Van oor die hele land het
hulle per trein Pretoria toe gekom, twee afgevaardiges per dorp
plus vroue van Pretoria en Johannesburg, om in doodse stilte met
swart klere vanaf Kerkplein na die Uniegebou te stap om 'n petisie
aan die
Goewerneur-Generaal, Lord Buxton te oorhandig. In byna elke dorp
of stad is vroue optogte gehou en petisies aan die plaaslike
landdros oorhandig. Die inisiatief vir die massa-aksie het van die
weduwee van gnl Piet Joubert gekom wat toe reeds 85 jaar oud was
en ook die vroue by die Uniegebou toegespreek het.
Ek wonder nou maar net, waarom het
hierdie vroue nie 'n nageslag opgelewer met dieselfde staal in
hulle rûe nie. Tans is daar ernstige kommer oor die toekoms van
Afrikaanse universiteite en skole en tog hoor mens nie 'n piep van
Afrikaanse vroue nie.
Rentia Landman
boontoe
Rentia
Landman, 31/07/2002: Asmal oor "settlers",
"mock 'legality'" en "segregationist fantasies."
Asmal: die Afrikaanse taaldebat ...
laag en vulgêr
Minister Kadar Asmal se verwysing na
die Afrikaanse taaldebat as laag en vulgêr sal niemand wat sy boek,
"Reconciliation Through Truth: A Reckoning of Apartheid's
Criminal Governance" wat deur hom, sy vrou en RS Roberts
geskryf is, verbaas nie. Die boek toon dieselfde minagting vir die
Afrikaner as Milner wat die Afrikaner as behorende tot die
"lesser breed" beskou het.
Buiten die ongenuanseerde kyk op die
verlede word meer as een snedige insinuasie na die Afrikaner gemaak
soos byvoorbeeld dat die argitekte van die Voortrekkermonument ook
argitekte vir 'n apartheidsheiligdom was. Die Afrikaner se
apartheidsverlede word in taal soos die volgende beskryf: "They
killed entirely outside of the law (and outside even of the mock
'legality' offered by their own courts). They tortured and maimed
and embarked on a programme of genocide and violent forced
resettlements which could in no event be legal." (bl 194).
Wat egter eintlik saak maak is die
denkrigting wat agter Asmal se woorde sit naamlik dat alles wat deur
die "settlers" tot stand gebring is, vrugte van apartheid
is en dus besoedeld. Deur korrektiewe aksies soos die
samesmelting van universiteite en technikons en die uiteindelike
wegdoen met Afrikaans as taal van onderrig deur stadige verwurging,
kan onderwysinstellings gesuiwer word van hulle apartheidsboosheid.
Pogings om die standaard, karakter of onderrigtaal van 'n
onderwysinrigting te behou, word gesien as "segregationist
fantasies."
Afrikaans was die afgelope eeu
kort-kort deur arrogante en sommer net dom beleidmakers geknou en
mens hoop dat die taal ook hierdie aanslag sal oorleef.
Dan
Roodt, 29/03/2002: Repliek aan Elsa Lamb
Elsa Lamb (Beeld 27 Maart) verkies ons
"onderbroekvlag" met sy swart, geel, groen, wit en rooi
bo die Prinsevlag omdat dit "geen verlede het nie".
Ek is bevrees geen vlag is ooit neutraal of verledeloos nie,
behalwe miskien die wit vlag wat mens hys as jy oorgee aan jou
vyand.
Op 31 Mei te Brandfort verkies
die gemeenskap dat ons die Prinsevlag hys saam met die
"nuwe vlag", maar nie langs mekaar nie. Hiermee
het ek my reeds versoen.
Die huidige SA vlag is 'n kruis tussen
die Union Jack en die ANC-vlag. Blykbaar het die ANC geweier
om enige oranje daarin te aanvaar omdat dit gesien is as die kleur
van die Afrikaner en Jan van Riebeeck. Die ANC is 'n
politieke beweging wat vir 'n lang tyd in die vaarwaters van die
ou Sowjet-unie verkeer het, die inval in Praag gesteun het in
1968, die Kerkstraatbom gewerp het, ens. Kan ons as
Afrikaners ons volkome met die swart, geel en groen identifiseer?
Natuurlik is ons nie net Nederlands
van afkoms nie. Die Prinsevlag is vir my 'n taalvlag, want
dit reik terug na ons taalwortels in die Lae Lande, hoewel ons
natuurlik deesdae volkome vasgegroei is aan Afrika. Die
oranje-blanje-blou was die eerste nasionale vlag wat die Russiese,
Franse, Duitse, Nederlandse en Belgiese driekleurvlae geïnspireer
het. Vele liedere daaroor is in Afrikaans geskryf en word
steeds gesing.
Tans definieer die staat hom as 'n
Engelse staat met sy vertrapping van taalregte in omtrent elke
staatsdepartement en munisipaliteit. Ook val hy ons plekname
en ons identiteit aan. Terwyl ons noodgedwonge die
onderbroekvlag - wat boonop lyk soos dié van die Stille-Oseaanse
eiland Vanuatu - moet erken as nasionale vlag, het ons 'n eie
Afrikaanse vlag nodig wat onsself as taalgroep verteenwoordig soos
die Vlaamse Leeu die Vlaminge simboliseer sonder om hul Belgiese
nasionaliteit in die gedrang te bring.
Suid-Afrika het ook 'n lang binêre
vlagtradisie. Tussen 1928 en 1957 is beide die Union Jack en
die gewysigde Prinsevlag, andersins bekend as die "ou
vlag" gebruik. Waarom kan Afrikaanssprekendes nie
vandag weer twee vlae hys nie, die een 'n multikulturele Engelse
vlag, en die ander 'n enkel Afrikaanse vlag wat ons lang
geskiedenis weergee? Vanaf 1572 voer ons immers 'n
stryd om godsdiens- en taalvryheid teen die Spaanse en Britse
Ryke, asook die V.O.C. self, wat vandag steeds voortduur teen die
Afro-imperialiste in swart, geel en groen.
As inisiatief 'n vorm van verwaandheid
is, dan pleit ek skuldig daaraan. Genls. Hertzog en Smuts,
asook prof. Eric Walker, het in 1927 die inisiatief geneem in die
vlagdebat, en as iemand met beide Walker se boeke en Hertzog se
sesbandige toespraakuitgawe op my rak, voel ek histories
gekwalifiseerd om dit namens hulle voort te sit. Boonop
kan Afrikanerdom nie sy huidige leiers vertrou om langer as ses
maande enige standpunt, party of beginsel te ondersteun voordat
hulle weer oorloop of die wit vlag hys (hensop) nie.
In die woorde van Eitemal:
"Dis die tyd, dis die dag, om te handhaaf en te bou.
Hoog die hart, hoog die vlag, hoog Oranje-blanje-blou!"
Chris
de Lange, 18 Maart 2002: Afrikaans in die klaskamer
Ek
sê net gister vir Dr Dan Roodt dat Afrikaanssprekendes ons taal se
grootste vyand is en wil jy nou meer ...! Lees gisteraand Gefrustreerde
Akademikus se brief in Beeld
en hy bevestig my stelling met kleur en geur. Gelukkig dat Gerrit
Brand hom so bietjie op sy plek gesit het!
Vir
agt jaar lank het ek al my lesvoorbereidings en –aanbiedings,
werkkaarte, toetse, praktiese eksamens, addisionele notas en
eksamenvraestelle in Afrikaans en Engels voorberei. Meestal het albei
taalgroepe in een klas voor my gesit en nooit was daar enige klagtes
oor my aanbiedings in albei landstale nie.
Dit
was vanselfsprekend baie meer werk vir my (om die waarheid te sê,
presies dubbeld soveel
werk!) as vir onderwysers by suiwer Afrikaanse of Engelse skole. Ek is
nog steeds dieselfde patetiese salarissie betaal en moes net eenvoudig
maar doen. Dan het sommige Engelssprekende onderwysers nog die
vermetelheid gehad om vraestelle en aantekenings by my te bedel en
nooit iets in ruil aangebied nie.
Daar
is honderde en selfs duisende Afrikaanssprekende onderwysers verbonde
aan dubbelmedium en parallelmedium skole in hierdie land wat daagliks
presies net dit doen waaroor Gefrustreerde Akademikus so hoog opgee:
hulle berei al hulle materiaal in Afrikaans en Engels voor. En hulle
getalle het aansienlik toegeneem sedert die invoer van Engels by
feitlik alle tradisioneel Afrikaanse skole. Bitter min van hierdie
Afrikaanse skole word nog toegelaat om slegs deur medium van Afrikaans
te onderrig.
Deesdae
is ek betrokke by die onderwys in die hoedanigheid van senior
vakadviseur. In die nuwe onderwysbedeling is Afrikaans eenvoudig
uitgerangeer om die agterste plek in te neem. In KwaZulu-Natal word
alles in Engels voorberei en aan skole voorsien. My vak se provinsiale
komitee het einde verlede jaar besluit om die Graad 11-sillabus
verbruikersvriendelik te maak. Ek het egter daarop aangedring dat die
sillabus ook in Afrikaans beskikbaar moet wees, en ek het dit vertaal.
Die Afrikaanssprekende onderwysers in my vak is in die wolke daaroor,
want dis een van die min Afrikaanse dokumente wat hulle sedert 1994
ontvang het.
Intussen
het ek en my kollega besluit om werkkaarte vir Grade 10, 11 en 12 op
te stel asook 'n voorbeeld-portfolio vir elke Graad vir Deurlopende
Evaluering. Weer eens is dit in Engels opgestel, maar ek het daarop
aangedring dat dit ook in Afrikaans beskikbaar moet wees. En weer
eens, die Afrikaanssprekende onderwysers in my vak juig. Dit is so 'n
sukses dat my kollegas uit ander streke kopieë van die dokumente in
Afrikaans aangevra het om aan hulle Afrikaanssprekende onderwysers
beskikbaar te stel.
Ons
kan eenvoudig nie toelaat dat ons taal uit eie geledere voos gewurm
word nie. Gelukkig is daar diegene soos Dr Dan Roodt en Gerrit Brand
wat ook soos ek dink. Ons kan eenvoudig nie bekostig om ons taal
willens en wetens te laat afskaal nie! As joiners
soos Gefrustreerde Akademikus en andere hulle sin kry, kan ons maar die
ligte afskakel, die huis toesluit en die sleutel weggooi.
Ek
is nié een vir join nie
...!
Chris
de Lange
boontoe
Paul
Alberts, 07/03/2002: Geskiedenis bou gemeenskap só
Die
Redakteur
Beeld
Geagte
meneer
Die
artikel in Beeld-forum van Hermann Gilomee, "Geskiedenis
bou gemeenskap so", het betrekking en veral sy verwysing na
die hoofherdenking van die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in
Oktober 1999 op die plaas Louvain buite Brandfort waar die
Brandfort-konsentrasiekamp geleë was. Brandfort se blanke
inwoners het daardie herdenking geboikot en ons is gebrandmerk
as 'n klomp moeilikheidmakers; Die Volksblad het selfs in
'n hoofartikel Brandforters aangespreek oor ons klaarblyklike
onvermoë om aan versoening te werk.
Dit
alles was 'n enorme verdraaiing van wat werklik gebeur het. Toe
die program vir dié dag se aktiwiteite bekend gemaak is, het
die inwoners die regering versoek om ook 'n geleentheid te gee
aan 'n spreker wat namens die nasate van die blanke inwoners van
die Transvaalse en Vrystaatse Boererepublieke hulde aan die
inwoners en veral die Boerekrygers, die vrouens, kinders en
bejaardes van die destydse Boererepublieke kon bring, siende dat
so 'n geleentheid gegee sou word aan die Duke of Kent om hulde
aan die Engelse soldate wat gesterf het te bring, en aan me.
Winkie Direko, die Vrystaatse Premier, wat glo hulde aan die
swartes gebring het wat in die oorlog gely en gesterf het.
Ons
het by herhaling gesê dat die persoon wat genooi moet
word, nie 'n politieke figuur moet wees nie, maar juis iemand
met 'n kultuur-historiese agtergrond. Omdat ons verneem het
dat prof. Fransjohan Pretorius op die President se advieskomitee
oor sake rakende die Anglo-Boereoorlog gedien het, het ons
voorgestel dat hy genooi word om hierdie toespraak te lewer.
Hierdie
versoek is botweg geweier. Die herdenking het vir ons as
inwoners toe al hoe meer na 'n feesviering begin lyk. Dit
was ook 'n gebeurtenis met 'n dramatiese antiklimaks, want die
meeste van die aktiwiteite wat vir die dag beplan was, het nooit
plaasgevind nie en omdat daar so met die voorbereidings
geknoei is (meer as R4 miljoen is glo op twyfelagtige wyse
gespandeer), is daar sedertdien 'n forensiese oudit gelas en
kriminele klagtes is by die SAPD gelê. Dat nog niks verder oor
die verloop van hierdie sake gehoor is nie, is vir ons
Brandforters nie juis vreemd nie.
Op
31 Mei 2002 gaan Brandfort en sy afstammelinge van die destydse
Boererepublieke op gepaste wyse hulde bring aan die vrouens en
kinders wat in die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe
gesterf het. In die Brandfort-Konsentrasiekamp op die plaas
Louvain, skaars 2 km buite die dorp, het byna 2000 vrouens en
kinders gesterf. Hierdie konsentrasiekamp was die laaste om deur
die Engelse magte opgebreek te word, en wel in Maart 1903, byna 'n
jaar na die beëindiging van die oorlog.
Ons
wil geen politieke kleur of geur aan die gebeurtenis gee nie.
Daarom staan die verrigtinge onder die leiding van die plaaslike
kommando. Omdat die Vrede van Vereniging 'n vrede was wat die
blanke burgers van die twee Boererepublieke moes onderteken, is
almal welkom wat hulle vereenselwig met die lot en lyding van
die Boerekrygers, hul vrouens en kinders en familie wat in
daardie verskriklike oorlog so 'n enorme prys vir Brittanje se
magsug moes betaal.
Die
program gaan die oggend om
10:00
begin wanneer ‘n optog van kinders en hul ouers na die
konsentrasiekamp sal stap, waar daar om
11:00
‘n kransleggingseremonie gehou sal word. Afgesien van die
kranse wat deur afgevaardigdes van spesifieke genooide
instansies neergelê gaan word, gaan elkeen van die sowat vier
honderd kinders wat die seremonie gaan bywoon, ook ‘n blom by
die herdenkingsnaald in die begraafplaas neerlê. ‘n
Kinderkoor van die plaaslike Hoërskool Staatspresident Swart,
asook ‘n dameskoor wat uit bejaardes sal bestaan, sal ook
optree.
Die
spreker by hierdie geleentheid sal die dramaturg, mnr. Pieter
Fourie, wees. Mnr. Fourie is ook bekend as die persoon wat die
Klein Karoo Nasionale Kunsfees begin het, wat jaarliks op
Oudtshoorn gehou word.
Na
mnr. Fourie se toespraak, wat sal gaan oor die vrouens en
kinders wat in Brandfortse konsentrasiekamp gesterf het, sal die
plaaslike Kommando ‘n eresaluut vuur.
Die
teenwoordigheid van lede van die Suid-Afrikaanse
Boerperd-telersvereniging, wat spesiaal saam met hul Boerperde
die seremonie gaan bywoon, sal ‘n treffende gesig wees.
Die
middag en aand sal daar op Louvain ‘n verskeidenheid van
aktiwiteite aangebied word. Dit sal insluit tradisionele
Boeresport en vermaaklikheid, waaronder volkspele, ‘n reuse
kampvuur en skuifievertonings van foto’s wat in die
konsentrasiekampe geneem is. Opvoerings van gebeurtenisse
wat hulle in die Brandfort-konsentrasiekamp afgespeel het, sal
aangebied word.
Die
verrigtinge sal afgesluit word met die doodmaak van ‘n liggie
vir elke vrou en kind wat in die Brandfortkonsentrasiekamp
gesterf het.
Hierdie
herdenking is uiteraard ook bedoel om nou reg te laat geskied
aan ‘n herdenking wat drie jaar gelede erg verbrou is en wat
mense verdeel het. Dit het ook veroorsaak dat baie van ons met
reg gevra het of die herdenking van die Anglo-Boereoorlog
werklik 'n herdenking is van die ongeloofklike lyding van
derduisende onskuldige mense (en dan verwys ons na blankes en
swartes) en of dit 'n feesviering is wat die oorwinning van die
Boererepublieke herdenk.
Daar
is drie jaar gelede baie oor versoening gepraat wat die
Anglo-Boereoorlogherdenking veronderstel was om te
bewerkstellig. Ons wonder steeds: Versoening tussen wie? Brit en
Boer? Swartes en Britte, siende dat die swartes so verloën is?
Of swartes en Boere, siende dat sowat 100 000 swartes die wapen
teen die Boere opgeneem het?
Om
te wil versoen, moet daar eers erkenning wees van watter
onregte ook al deur die rolspelers gepleeg is. Dit is 'n eeu
later en die afstammelinge van die inwoners van die
destydse Boererepublieke - wit en swart - wag steeds op 'n
erkenning van die Britte dat hulle ons 'n onreg aangedoen het.
Totdat dit gebeur voorsien ek nie dat daar veel sprake van
versoening
kan
wees nie.
Paul
Alberts
Publisiteitskomitee: 31 Mei 2002-Herdenking
Voortrekkerstraat 36, Brandfort 9400 Tel: (051) 8211783
boontoe
Dan
Roodt, 23/02/2002: Repliek aan Willie Burger in Beeld
Dit verbaas my dat Willie Burger,
wat professor in Afrikaans is, Afrikaners se goeie reg om Engels
teenoor mekaar te besig, verdedig. Daarenteen het ek hom
byvoorbeeld nog nooit gesien briewe skryf oor die toename in
Engels aan Afrikaanse universiteite, of Minister Kader Asmal se
voorneme om sulke instellings nog verder te verengels nie.
Ek vra my af of C.M. van den Heever, Van Wyk Louw of Opperman ooit
gesien is waar hulle die gebruik van Engels ten koste van
Afrikaans voorgestaan het? Dat ons Afrikaanse
professore nou so anglofiel geraak het! O tempora, o mores!
Benewens ad hominem-opmerkings waaraan
ek my nie gaan steur nie, bevat Burger se brief 'n hele paar
wanvoorstellings. In die eerste plaas is dit nooit in
die uitnodiging na die gespreksaand gemeld dat dit in Engels sou
plaasvind nie. Hierdie uitnodiging is volledig in Afrikaans
uitgestuur, en ook die titel van die lesing was in Afrikaans.
Vandaar dan my ligte verbasing dat daar skielik, soos ek dit
gestel het, op't Ingels weggeval is voor 'n uitsluitlik Afrikaanse
gehoor, op 'n enkele tweetalige uitsondering na. Indien dit
'n kosmopolitiese gespreksgroep was wat al om die beurt in 'n
ander taal vergader, met bydraes in Portugees, Grieks, Zoeloe of
Duits, dan moes dit seker vooraf so aangekondig gewees het?
Trouens, een van my besware teen
sekere Afrikaanse akademici se "Engels, alles
Engels"-houding, is juis dat hulle eng, stiksienig en
koloniaal is. Die trotse tradisie van veeltaligheid en
kosmopolitisme van vorige Afrikanergeslagte wat Duits, Frans,
Nederlands, Spaans en ander tale gelees het, daaruit aangehaal en
vertaal het, is besig om verlore te gaan ter wille van 'n
armoedige anglosentrisme. Die luiheid en fasiliteit om uit
Amerikaanse of Britse kommentators aan te haal, eerder as om
tekste in die oorspronklike taal te gaan lees, het oorgeneem en
die studie van Europese tale het in ons land 'n laagtepunt bereik.
Om dus soos Burger te beweer dat ek
een of ander Afrikaanse narcisme voorstaan, is eenvoudig vergesog.
Feit is dat mnr. Hattingh hom volledig skuldig gemaak het aan
hierdie armoedige anglosentrisme, en ek staan by my punt dat sy
voordrag gewemel het van fonetiese en ander foute. Miskien
het taalstandaarde aan die Rand Afrikaans University al so ver
gedaal dat mense nie meer agterkom watter vrot Engels hulle met
mekaar praat nie, maar as iemand wat in die goeie ou dae aan Wits
gestudeer het, kan ek Burger verseker dat dit vir 'n spreker van
standaard-Engels 'n lagwekkende en onegte vertoning was.
Mnr. Hattingh behoort vir Engelse lesse te gaan, en as hy werklik
Foucault en die tradisie waaruit hy skryf, wil verstaan, behoort
hy eweneens in te skryf vir Voorbereidende Frans.
Mense ken my as 'n hoflike en
beskaafde mens. Mnr. Hattingh het my agterna om verskoning
gevra vir sy eie reaksie wat veel heftiger was as my eie.
Nietemin verstaan ek dat Burger meen dat 'n aandrang op Afrikaans
op sigself onbeleefd en "arrogant" is, en dit is eintlik
waarvoor hy en Cecile Cilliers my verkwalik. Hy is
korrek as hy vermoed dat Afrikaans besig is om uit te sterf
vanweë Afrikanerhoflikheid, maar daarby kan hy ook voeg
Afrikanerlamsakkigheid, -jellievisagtigheid, -papbroekigheid,
-jansalieagtigheid en 'n fietarige bewondering vir alles wat
Engels is.
boontoe
Johan
Kriek, 11/02/2002: Klank, reuk en gevoel van dorpe
Brief aan Beeld. Sal seker nie gepubliseer word nie.
Geagte Redakteur
Mathatha Tsedu se uitbarsting in die
artikel oor die naamsveranderings wat oorspronklik in die Star en
daarna in Beeld van 9 Februarie verskyn het, gee my 'n kramp op 'n
plek waar ek nie een wil hê nie, synde dat daar so baie dinge is
wat vir Tsedu siek en briesend maak. Hy is aanvallend en beledigend
teenoor die Afrikaner se voorouers, daardie mense wat Suid-Afrika 'n
plek gemaak het wat die moeite werd was om in te leef, altans tot in
1994.
Hy maak 'n hele paar aanvegbare
stellings in sy artikel soos onder andere om te beweer dat sy
voorvaders uitgewis is in wat so te sê 'n volksmoord was. Kan
hy stawing gee van hierdie snert wat hy kwytraak? Uit die
geskiedenisbronne blyk dat daar talle meer swartes deur swartes
doodgemaak is as deur blankes - soos vandag nog die geval is.
Hy het sy mond vol oor dinge wat nog
Europees is en oor kolonialisme. Hy sê onder andere dat 'die
klank, reuk en gevoel van ons dorpe en stede net so Europees gebly
(het) onder Mandela en Mbeki as onder John Vorster'. Ek
het egter 'n verrassing vir Tsedu. Al verander daardie dorpe
se name, hulle gaan nog net so 'Europees' bly, om sy terminologie te
gebruik, as wat dit tans is, want dit is deur 'Europeërs' beplan,
gebou en ontwikkel. Die boumetodes is 'Europees' die boustyle
is 'Europees', die kundigheid is 'Europees' ens. Het Tsedu
daaraan gedink dat indien die 'Europeers' nie Afrika ingetrek het
nie, sou hy en sy vriende nog net soos vyfhonderd jaar gelewe het?
Indien hy van my verskil, moet hy vir my sê waar in Afrika het
Afrikane 'n stad soos Pietersburg of 'n dorp soos Tzaneen tot stand
gebring? Nêrens! Waar in Afrika het die Afrikane iets tot
stand gebring wat die moeite werd was om vernoem te word? Nêrens
nie.
Indien Tsedu dan nou so teen dit wat
'koloniaal' of "Europees' is gekant is, moet hy dan nie sy
luukse 'Europese' motor verruil vir 'n os nie? (Ek kan nie sê
donkiekar nie, want voor die blanke na Suid-Afrika gekom het, was
die wiel nog nie hier ontdek nie.) Moet hy dan nie sy luukse
huis verruil vir 'n stroois nie? (Ek kan nie sê 'n
plakkershut nie, want die materiaal waarvan 'n plakkershut gebou
word, sou vreemd gewees het aan Afrika indien die blanke nie
hierheen gekom het nie.) Indien hy ernstig siek word, moet hy
nie een van die moderne 'Europese' klinieke besoek nie, mar moet hy
maar met sy os of te voet na die naaste sangoma gaan. (Nie met
'n ambulans nie, want as die blanke nie na Suid-Afrika gekom het
nie, sou daar nie iets soos 'n ambulans gewees het nie.) Hy
moet ook sy pos as adjunkhoof: nuus by die SAUK bedank, want as die
blanke nie na Suid-Afrika gekom het nie, sou hy sy nuus met tromme
moes uitdra.
Sien u nou waaroor gee mense soos Tsedu
my 'n kramp op 'n plek waar ek nie een wil hê nie?
Johan Kriek
Alcadestraat 73
Lynnwood Glen
Pretoria
boontoe
Johann
Wingard, 09/02/2002: Aan Mathatha Tsedu
Die Redakteur,
Beeld.
Meneer,
Mathatha Tsedu se artikel in Saterdag se Beeld het betrekking. Tsedu kla dat die land nog vol monumente van indringers op perde is na agt jaar van swart heerskappy. Hy kla ook dat sekere landsburgers aan die verlede klou, terwyl die ANC regering hulle ‘n nuwe Afrika-toekoms belowe. Dan kla hy oor die on-Afrika omgewing waarin die parlement geleë is en wat nie die Afrika karakter van die land weërspieël nie, die on-Afrika karakter van die land se naam ens.
Mnr Tsedu se stellings dui op die tipiese eendimensionele beeld wat baie van die swart elite van ons land het. Volgens hul mening is slegs die negroïde –Afrikane, wie se voorouers ‘n klompie eeue gelede uit Sentraal Afrika hier aangeland het, ware Afrikane. Die feit is egter dat byna sewe miljoen nie-negroïde Afrikane, oftewel, Afrikane uit Oosterse lande, Arabië en uit Europa in dieselfde tydperk hulle hier kom vestig het en wat net so inheems is as die ander soort.
Name van plekke en dorpe wat deur Afrikaner, Sotho, Venda en ander volke gegee is, verskaf etnografiese en linguïstiese bewyse van ‘n kontrei se historiese ontwikkeling, afgesien van hoe dit in die huidige politieke klimaat vertolk mag word. ‘n Ongevoeligheid oor hierdie saak dui op ‘n valse persepsie dat amptenary hul mag onbeperk kan uitbrei deur ongemagtigde uitbuiting, ekploitering en dominansie van minderheidsgroepe. Dit dui ook op ‘n demonstrasie van uiterste kulturele chauvisme en magsmisbruik wat wettiglik teëgestaan mag word.
Dit is nie minderhede wat aan die verlede verknog is nie, maar die swart elite, wat behep is met die verlede en dit wil verander. Die res hou hulle met vandag en more besig om liggaam en siel vir nog ‘n maand aanmekaar te hou. Die noodlot van hierdie land se mense sluit al sy burgers in, almal se waardes, se kultuur en geskiedenis. Afrikaners, byvoorbeeld maak ongeveer die helfde van die groep uit wat van ander lande afkomstig is en is net so inheems as Tsedu-hulle. Miskien het hy sy geskiedenis vergeet; daardie ruiters oor wie hy so kla, is die land se eerste vryheidsvegters wat Britse imperialime teengestaan het. Hy behoort trots te wees op hulle en om hulle ook te eer!
Mag ek in alle ordentlikheid vir Mathata ‘n praktiese wenk deurgee: as jy werklik ‘n tradisionele Afrikaan wil wees, wat slegs Afrika goedere wil gebruik of respekteer, en om nie soos burgers van westerse oorsprong te vertoon nie, verkoop jou BMW en koop ‘n donkiekar. Moenie jou selfoon gebruik om ‘n ete afspraak in ‘n westerse resaurant te maak nie, gebruik ‘n hardloper en gaan eet in die sjebeen. Waarom drink jy nie liewer egte Afrika-sorghumbier as daardie aaklige Kaaps-Afrikaanse wyne nie. Los jou rekenaar, jou stofsuier en elektriese waaier. Gebruik liewer ander toestelle van egte Afrika oorsprong daarvoor.
Waarom beywer Tsedu hom nie dat die parlement na ‘n tipiese Afrika omgewing soos Bisho, Mafikeng of Ulundi verskuif word nie? Waarom behou hulle die parlement, erfgenaam van apartheid, in ‘n stad met die langste on-Afrika geskiedenis op die vasteland van Afrika?
Hamba kahle, Mathatha, jy loop in ‘n mynveld!
Johann Wingard
Posbus 1406,
Warmbad
boontoe
Dr Rentia
Landman van Centurion skryf:
Beeld (25 en 26 Oktober 2001) berig
dat die Pretoria Sakekamer onder voorsitterskap van Tersius Zitske
weggebreek het van die Afrikaanse Handelsinstituut.
Is dit dieselfde T Zitske, van die
"Pretoria Business Chamber" wat op 13 Augustus 2001 die
volgende gesê het by die Tshwane Rassisme-konferensie?
"Unfortunately, my childhood
education and environment was based on a racist foundation. I can
remember being in Sentrale Volkskool in Kroonstad, all boys
receiving medical examinations to confirm that our reproduction
parts were in a good working order, in order to ensure the future
of Die Volk."
Die mediese ondersoeke deur die
skooldokter/-suster is tog gewone standaard-ondersoeke waar gekyk
word na algemene gesondheid, sig en gehoor, gebit,
ruggraatontwikkeling, ens. Deur die hele wêreld word kinders in
skole medies ondersoek waarna ouers aangeraai word om hulle kind
wat ʼn probleem het, na ʼn privaatarts of kliniek te neem.
As dit dieselfde heer Zitske is, is
dit duidelik dat sy kindertydskok en vrees vir die
"reproduction of Die Volk" nou op die vlak van die
Afrikaanse Handelsinstituut manifesteer.
boontoe
Meneer,
Engelse Eksamens by Veeartsenykundige Fakulteit
Ek verwys na die brief van die Direkteur van Bemarking en
Kommunikasie van Tukkies, wat op 3 Oktober geplaas was.
As trotse oud-Tukkie, sluk ek moeilik aan sy lamsakkige
verduideliking, waarom Afrikaans glad nie by die fakulteit van
Veeartsenykunde gebruik mag word nie. Dit is nou werklik 'n
geval van die stert wat die hond swaai. Medunsa het in sy
geskiedenis as 'n veeartsenykundige fakulteit skaars 'n
handvol gegradueerdes opgelewer, terwyl Onderstepoort
wêreldbekend is vir sy fakulteit.
Hy maak die bewering dat die regering gedreig het om
Onderstepoort te sluit en te verskuif na die Universiteit van
die Noorde, en dit is waarskynlik waar. Die slim mense wat
hierdie dreigement gemaak het, dink seker dat 'n mens 'n
paar vragmotors kry, al die toerusting van Onderstepoort
oplaai, dit anderkant Pietersburg aflaai en skielik is daar 'n
nuwe Fakulteit van Veeartsenykunde. Kon Tukkies werklik
nie eers uit 'n posisie van krag praat nie, en darem iets
beter vir sy studente beding het nie? Die volgende
dreigement wat seker gemaak sal word, sal wees om die
die fakulteit van Ingenieurswese oor te plaas na die
Universiteit van Venda, tensy die voertaal onmiddelik na
Engels verander word. Die lys is lank, want daar is nog
heelwat departemente wat so afgepers kan word, om die
hele universiteit te verengels.
Dit is duidelik dat daar baie druk uitgeoefen word op Tukkies
om te verengels, maar word die menings van dosente,
studente, ouers en donateurs glad nie meer in ag geneem
nie? Alle toegewings word gemaak in die naam van
"Transformasie", terwyl die Afrikaanse student se
konstitusionele taalregte sonder slag of stoot vertrap word.
Het ons oud- en huidige Tukkies ook nou al aanvaar dat ons
enige snert soos dié van dr. Hendrikz vir soetkoek moet
opeet? Hy is nou wel net die boodskapper, maar 'n mens
kan aanvaar dat hy die Universiteit se amptelike mondstuk
is.
Die uwe.
J S van Rooyen
Lynburnweg 72
Lynnwood Manor
PRETORIA
0081
boontoe
Kobus
Botes, 12/07/2001: Antwood op Kader Asmal in Beeld
My
onderstaande brief aan Beeld is nie geplaas nie. Ek stuur dit aan
PRAAG aangesien die skolekwessie besig is om hande uit te ruk.
Dit is baie verblydend dat 'n
minister van ons land die moeite doen om briefskrywers in die
Beeld te antwoord op hulle kritiek.
Dit kan 'n aanduiding
wees dat Prof. Kader Asmal, Minister van Onderwys een van
die min ministers is wat moontlik omgee wat in Suid Afrika
gebeur en wat die impak van sy besluite is.
Dit is egter 'n jammerte dat sy
beste verweer (Beeld 12 Julie) op R.B. de Vos se brief (Beeld 29
Junie) is om de Vos se mentaliteit te analiseer eerder as
om die kruks van die saak aan te spreek.
Asmal
se flou repliek bevestig net my persepsie dat hy maar net nog 'n
pion in die hande van sy mede-kaders
is om sy skommelende pos in die regering te behou.
Die minister is gou om te
beweer dat die tradisie en kultuur van swartmense niemand
toelaat om inisiasieskole te besoek nie. Asmal
se uitspraak impliseer inderdaad dat die swart kultuur bo die wet
(of sy mag as 'n nie-te-swart-persoon) verhewe is!
Kan die minister se opinie ook
gesien word as die rede vir die westerse siening van
wetteloosheid in hierdie land waar die tradisionele
Afrikakultuur van sosialisme inwoners wettig om hulle
medeburgers se eiendom en lewens toe te eien?
As dit die geval is, is daar
nie plek vir blankes met 'n Westerse
lewensuitkyk en 'n eurosentriese kultuur in Suid Afrika nie. Volg
ons a.g.v.
kultuur dieselfde destruktiewe pad as Zimbabwe?
Asmal is baie vinnig om die
swart meerderheidskultuur bo die reg te verdedig, maar hy
probeer op elke denkbare wyse die suksesvolle tradisionele
Afrikanerskole kritiseer en laat
degenereer
tot 'n vlak waar onderwys 'n bespotting is.
Asmal se nuutste uitspraak
dat indien blanke skole nie swart onderwysers aanstel nie (om
sodoende meer verteenwoordigend te wees), gaan hy dit d.m.v.
wetgewing doen, dui op 'n eensydige haatsprakige ANC-mentaliteit.
Het die minister geen respek vir die Afrikaanssprekende kultuur
nie? Lê Asmal
se prioriteit by sy vryheidstrydmakkers se afbrekende boodskap dat
daar nie plek vir die blanke setlaars is nie
eerder as by die suksesvolle implementering
van die land se opvoedingstelsel?
In 'n vroeëre
Beeld-uitgawe
is berig dat baie swart ouers selfs verkies dat hulle kinders deur
blanke onderwysers onderrig word omdat die vlak van onderrig en
toegewydheid beter is. Maar die minister probeer steeds ander
kulture se onderwysers op ons afdwing.
Sedert
die ANC die mag verkry
het, het nie net Blanke skole nie, maar nog meer swart skole
agteruitgegaan. Indien my naam Kader Asmal was,
sou ek nie kon slaap a.g.v.
my swak prestasie as Minister van Onderwys nie.
Ekself is nie 'n luisteraar van
Radio Pretoria
nie, maar ek lees in die Beeld
van 12 Julie 2001 dat Radio Pretoria sy senders moet afskakel
omdat hy by implikasie die blanke tradisie te veel ondersteun.
Tradisie is heel duidelik slegs onder beskerming indien dit swart
tradisie is. Volgens
die regering se beleid behoort hulle eintlik blankes te dwing om
met swartes te trou om sodoende gelykheid te bewerkstellig
en die gemiddelde familie ook "verteenwoordigend" te
maak soos die klaskamers.
Dié
land se regeerders maak my naar.
boontoe
Dan
Roodt, 4/07/2001: Brief aan Beeld oor nivellering van onderwys
Prof.
Hein Willemse se standpunt (Beeld 3 Julie) oor die komende
nivellering van onderwys in die naam van transformasie kan net van
iemand kom wat nie self kinders het nie.
Het hy enige idee hoe moeilik dit is om aan ‘n kind sy
moedertaal oor te dra, asook enkele gesonde waardes te midde van
‘n wêreldkultuur wat deur Disney, McDonald’s en ‘n
geweldophemelende Hollywood oorheers word?
Die
gedagte dat onderwysers wat nie moedertaalsprekers van Afrikaans
is nie, en wat boonop swak opgelei is, die huidige leerkragte in
Afrikaanse skole moet vervang, is absurd.
In geen ander meertalige land sou daar selfs gedink word
daaraan om onderwysers en kinders vanuit verskillende
taalgemeenskappe te meng nie, tensy dit in taalklasse is waar die
teikentaal aangeleer moet word, wat nog te sê om dit te oorweeg
as amptelike beleid.
So
‘n stap kan die onderwys in Suid-Afrika, wat reeds sedert 1976
om politieke en ideologiese doeleindes misbruik word, finaal
destabiliseer en bestaande model C-skole tot niet maak omdat ouers
en beheerrade eenvoudig sal weier om hul kinders bloot te stel aan
die tweederangse onderwys wat in ander skole verantwoordelik is
vir ‘n 40% slaagsyfer en waar onderwysers blykbaar gereeld
seksuele omgang het met minderjarige leerlinge.
Om te
argumenteer dat die voortreflike onderwys in veral Afrikaanse
model-C skole enigiets met apartheid te make het, is om te vergeet
dat elke kind se opvoeding tuis begin en dat die leerkultuur onder
Afrikaners, soortgelyk aan dié onder Jode, oor geslagte opgebou
is. Uit ‘n
bevolking van 40 miljoen, lewer die klein minderheid Afrikaners
43% van die nagraads gekwalifiseerdes op.
Die
gedagte dat leerlinge deur blootstelling aan onderwysers uit ander
kultuurgroepe “nuwe gesigspunte gaan verneem”, is so absurd as
om te dink dat ek uit ‘n gesprek met ‘n Rus baie dinge kan
leer as ek nie Russies kan praat nie, en hy nie Afrikaans nie.
Omdat kinders steeds besig is om hul taalkodes te verwerf,
durf hulle nie onderwysers hê wat self nie die taal behoorlik
magtig is nie.
Vele
opvoedkundiges skryf die probleme in skole in die swart
woonbuurtes toe aan ‘n gebrek aan moedertaalonderrig en
kommunikasieprobleme tussen leerlinge en onderwysers omdat nie een
van die twee groepe Engels behoorlik magtig is nie.
Moet hierdie soort probleme nou uit weerwraak ook op ons
losgelaat word?
Selfs
al neem die Onderwysdepartement in sy maniese nivelleringspoging môre
alle skoolgeboue van ons af weg, sal ons steeds deur tuisonderrig
in klein groepies kan verseker dat ons kinders die wêreld ewe
toegerus binnegaan as wat ons dit kon binnegaan.
Dit sê
iets aangaande die fanatisme van amptelike beleid dat die mees
fantastiese sosiale eksperimente wat selfs ‘n Mao of ‘n Stalin
kwalik aan sou kon dink, tans met vrome praatjies van
“arbeidsbillikheid” voorgestel word.
Prof. Willemse en die Onderwysdepartement gaan verbaas wees
oor die reaksie in die voorstede as hierdie plan in werking gestel
sou word.
Dan Roodt
boontoe
PRAAG-Tuks
aan Beeld, 17 Junie 2001
Martin
Labuschagne nms. PRAAG-Tuks skryf:
Die
Jeugdagviering op 16 Junie 2001het hier verwysing.
Graag wil ek net namens PRAAG-TUKS 'n paar menings oor
Jeugdagviering op skrif stel.
Die feit dat Jeugdagviering op 'n datum val wat van betekenis is vir
die eertydse struggle-bewegings, maak dat dit nie relevansie het vir
die Afrikaanse jeug nie. Hoe kan ons die dag vier as dit 'n dag is
waar mense hulle aggressie teen Afrikaans en sy mense uitgedruk het?
Dit is soos om vir Palestyne te vra dat hulle die Sesdaagse oorlog
in die veertiger jare moet vier.
Die ANC-Jeugliga se standpunt dat die wit jeug nie ekspesie moet as
rassisme in hul geledere gekritiseer te word nie is 'n toonbeeld van
eie-geregtigheid. Hoe kan verwag word dat die Afrikaanse jeug hulle
monde moet hou as swart rassiste kritiek het teen blankes,? Ten
minste moet diesulke kritiek gebalanseer word met kritiek teen die
eie gemeenskap.
Die Afrikaanse jeug voel glad nie welkom in die nwue Suid-Afrika nie.
Daar word in detail vertel hoe ons geskiedenis die geskiedenis van
onderdrukking was. Alles wat Afrikaners gedoen het sedert hul
aankoms aan die Kaap was een vlaag van rassitiese onderdrukking van
die 'inheemse'(let wel die insunuasies van die woord) mense van
Afrika. Dan daarna draai hulle om en se: toe maar, julle is oukei,
hoor! Dit is soos 'n man wat sy vrou slaan en dan agterna se dat hy
haar lief het.
Solank as wat Afrikaners en die Afrikaanse jeug se geskiednis in
Suid-Afrika misken word, word Afrikaners hul regmatige plek in
Suid-Afrika ontken.
Ek stel voor dat die Afrikaanse jeug hul eie Jeugdag vier en dit wel
op 'n datum van struggle-slagoffer se dood sodat ons altyd die
struggle se aggressie sal onthou.
Martin
Labuschuschagne, nms. PRAAG-Tuks
boontoe
In
antwoord op u hoofartikel van 15 Maart 2001
waarin u die "uitgesproke
Praag en die Groep van 63" kritiseer vir ons verklaring n.a.v.
Minister Kader Asmal se "Engels über alles"-uitsprake oor
tersiêre onderwys, asook ons oproep tot 'n boikot van die
Gerwel-komitee, reageer Praag soos volg.
Prof.
Jakes Gerwel het die Universiteit van Wes-Kaapland, wat eens 'n
gesiene Afrikaanstalige universiteit was, laat verengels terwyl hy
aan die hoof daarvan was as rektor. UWK het op 'n stadium die
grootste Afrikaanse departement in die land gehad. Sommige
opvoedkundiges meen dat armer Afrikaanssprekendes in die Kaap wat dié
universiteit in groot getalle besoek het in die sewentiger- en
tagtigerjare, nou sonder 'n heenkome is en nie meer daar tuis voel
nie omdat dit kultureel oorheers word deur Xhosa-sprekers. Ook
die taalmedium benadeel hulle, omdat veral studente vanaf die
platteland nie Engels na behore magtig is nie.
Onder
prof. Gerwel is die universiteit telkemale ontwrig deur Xhosa-sprekers
wie se pro-ANC politieke aktivisme in diens gestaan het van die
slagspreuk "Liberation before education". Blykbaar
het prof. Gerwel geweier om hierteen op te tree omdat hy hom beroep
het op die Freedom Charter wat "nasionale eenheid" en
"solidariteit in die vryheidstryd" bepleit.
Tydens
die Rassismekonferensie verlede jaar het prof. Gerwel 'n radikaal
Afrikanistiese toespraak gelewer wat die Westerse intellektuele
tradisie grondig verwerp. In sy gevleuelde woorde was
"apartheid die uiteinde van die Westerse Renaissance"
Weens
sy geskiedenis as die "verengelser van UWK", asook sy
klaarblyklike verbintenis tot fundamentalisties-Afrikanistiese ideë,
behalwe nog sy assosiasie met die ANC, is prof. Gerwel nie
gekwalifiseerd om die huidige krisis rondom tersiêre onderrigtaal
te hanteer nie. 'n Politiek en ideologies neutrale persoon sou
meer geskik wees.
Totdat
Asmal egter afsien van en om verskoning vra vir sy heerssugtige en
inderdaad Milneriaanse uitsprake oor Afrikaans, behoort Afrikaanse
universiteite nie saam te werk met die Gerwel-komitee nie. Sy
aanstelling is bloot 'n deursigtige truuk om die oplaaiende misnoeë
van die Afrikaanse bevolking oor die vertrapping van hul taalregte
te probeer paai.
Intussen
stoom die "Engels über alles"-beleid voort soos 'n
stoomroller.
Dan Roodt
nms. PRAAG
Posbus 3103
boontoe
Meneer,
Ons,
die ondergetekende lede en adviseurs van die Groep van 63, maak ten
sterkste
beswaar teen Beeld se hoofartikel van 15/3/2001 waarin ons,
weens
ons reaksie op Minister Kader Asmal se opmerkings oor taal en
transformasie
aan universiteite, van kortsigtigheid en onkonstruktiewe
optrede
beskuldig word:
1.
Anders as Beeld het Die Burger reeds in sy hoofartikel van 9/3/2001
gewys op die groot moeite wat bestaande Afrikaanse universiteite doen
om
nie-Afrikaanssprekende
en swart studente te akkommodeer en gesê "Asmal
se
verwysing na tersiêre instellings 'wat steeds die
ongelykhede van
die
verlede in stand hou' lyk egter onbillik in die lig van
transformasie
wat reeds plaasgevind het." Die gerespekteerde
regsgeleerde
en rektor van Stellenbosch, prof. Andreas van Wyk, het ook
gewys
op die ongrondwetlikheid van Asmal se dreigement van die
instelling
van kwota's aan universiteite waar "taal
transformasie
ondermyn" in die lig van die grondwet se bepalings oor
veeltaligheid.
2.
Minister Asmal is net die soveelste voorbeeld van die huidige
regering
se minagting vir die bevordering van veeltaligheid. Ander
voorbeelde
is: Asmal se eie parlementêre uitspraak van meer as 18 maande
gelede
dat moedertaalonderig "etnosentries" is; dr. Blade Nzimande
se
parlementêre
verwysing na Afrikaanse skole as "mini-volkstate"; Minister
Penuell
Maduna se arrogansie teenoor billike versoeke om Afrikaans nie
as
verslagtaal van die hof te skrap nie; die feit dat PANSAT se
uitsprake
steeds geïgnoreer word en die regering PANSAT geen tande gee
nie;
en, les bes, president Mbeki wat steeds nie sy parlementêre belofte
van bykans twee jaar gelede nakom om 'n taalmeganisme in sy kantoor in
te
stel nie. Dit hoef ons dus geensins te verbaas dat die
verengelsingsproses
aan Afrikaanse universiteite voortstoom nie.
3.
Minister Asmal het verlede week verklaar dat hy teen die middel van
vanjaar
deur 'n taakgroep van die Raad op Hoër Onderwys oor taalbeleid
geadviseer
sal word. In die lig hiervan begryp ons glad nie waarom hy
nou
skielik 'n "informele werkgroep" onder prof. Jakes Gerwel
saamgestel
het
nie. Uiteraard verwelkom ons enige inisiatiewe wat veeltaligheid
aanhelp,
en sal ons met hierdie groep saamwerk as ons kan, maar dit lyk
na 'n
bekookte oorreaksie van die minister se kant. Ons is verder uiters
skepties
oor die
persoon
van prof. Gerwel, nie net omdat hy in die jare tagtig versium
het
om die verengelsing van UWK teen te staan nie en so meegedoen het om
duisende
histories benadeelde Afrikaanse moedertaalsprekers ontmagtig
het
nie, maar ook omdat hy die afgelope naweek in 'n rubriek met groot
snedigheid
na minderheidsgroepe verwys het en so sy volslae onbegrip van
liberaal-demokratiese
state se akkommodasie van minderhede vertoon het.
4.
Beeld het talle mediaverklarings deur die Groep van 63 oor die laaste
paar
maande geïgnoreer, en dit terwyl Beeld hom daarop roem dat hy
"graag
die feite aan sy lesers gee". Hierdie patroon het 'n nuwe
laagtepunt
bereik toe Beeld in gister se hoofartikel gekies het om te
reageer
op twee mediaverklarings wat deur die Groep op 7 Maart en 14
Maart
uitgereik is en nooit deur Beeld gepubliseer is nie. Dit oortree
alle
norme van etiese joernalistieke praktyk en ons sal graag wil weet
hoe
Beeld hierdie optrede regverdig.
Ondertekenaars:
Martjie
Bosman, ontwikkelingskundige, 082-655-2073
Dr.
Abraham H. de Vries, skrywer, 021-424-7931
Mnr.
Jannie Gagiano, politieke wetenskaplike, US, 021-886-6057
Prof.
Danie Goosen, filosoof, 083-324-6440
Peter
Louw, digter, 021-509-5022
Dr.
Koos Malan, publiekreg-dosent, VISTA, 082-372-2045
Johann
Lodewyk Marais, digter, 082-789-9450
Dr.
Piet J. Müller, toekomskundige, 082-574-6168
Fanie
Olivier, digter, 082-469-4339
Rike
Olivier, Afrikaans-dosent, UNIVEN, 082-469-4339
Dr.
Dioné Prinsloo, historikus, UNISA, 082-4646-953
Johann
Rossouw, taalaktivis, 083-459-6364
Marinus
Schoeman, filosoof, UP, 012-420-2697
Prof.
Jaap Steyn, taalsosioloog, UOVS, 041-401-2257
Prof.
Christo Viljoen, akademikus, US, 021-883-3754
boontoe
|