wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

 

Lees Beeld, die koerant vir die kruipende geslag!

Welkom by Uit-Beeld, ons bewonderaarsklub vir diegene wat soms die grootste Afrikaanse dagblad in die Transvaal, pardon, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes, te lese kry.

Haat u ook die kruiperkoerant Beeld en voel u lus om kommentaar te lewer? Alle bydraes word anoniem gepubliseer, dus hoef u nie te vrees dat die vryheidsvegter Peet Kruger met sy AK-47 by u voordeur gaan opdaag nie. Stuur dit aan ons by inlig@praag.org

Rassiste se einde is naby, waarsku Beeld

11 April 2006

Ai, vanmôre se Beeld het twee artikels wat die oog vang: een op die voorblad oor die tragiese moord op Ken Kirsten, die TV-man, en dan 'n rubriek oor onderwys deur daardie genie van Tuks, prof. Jonathan Jansen. 

Die artikel oor die moord word vergesel van 'n foto van die vermoorde se lewensmaat, mnr. Rick Karp, en eersgenoemde se hondjie Watson.

Lees 'n mens verder in die berig, vind jy uit dat Kirsten blykbaar twintig keer vir "destydse Artes-toekennings" benoem is en agt keer een gewen het.

Hier is nou die verborge polities korrekte boodskap wat Peet Kruger en sy span ANC-joernaliste aan ons wil oordra: die Artes-toekenning behoort tot, soos dit in Beeldtaal heet, "die apartheidtyd". Dus het Kirsten verdien om soos 'n hond doodgeskiet te word!

Die vraag is nou: waarom skryf Peet Kruger en sy mede-propagandiste nie reguit wat hulle dink nie: likwideer almal wat in die apartheidtyd toekennings ontvang het en hoera vir transformasie!

Net gister het Beeld 'n roerende pleidooi gelewer dat ons rassisme "moet uitroei".

Wel hier het ons nou in die moord op Ken Kirsten 'n pragtige voorbeeld van hoe rassisme elke dag uitgeroei word. Die man het agt Artes-toekennings van die apartheidstelevisie ontvang. Daarom was hy 'n rassis. Daarom is hy gelikwideer.

Soos Beeld dit insgelyks in gister se hoofartikel stel:

"'Gelykheid' is 'n hoeksteen van 'n gesonde demokrasie. 'Rassisme' is 'n vernietiger daarvan."

Dus, overgezet synde: Vernietig of vermoor al die rassiste en maak almal gelyk. Stalin of Pol Pot sou hiermee kon saamstem.

Vermoedelik plaas Beeld dié soort artikel op sy voorblad as waarskuwing dat nog rassiste of nog mense wat voor 1994 gebore is en dus die apartheidslug ingeasem het binnekort deur onbekende aktiviste teen rassisme gelikwideer gaan word. Daar is vandag sekerlik vrees in baie "rassistiese" huise dat hulle volgende op die lys gaan wees.

Het jou juffrou dalk 'n goue sterretjie in jou boek geplak iewers in die apartheidtyd? Peet Kruger en sy vryheidsvegters gaan binnekort aan jou deur kom klop om jou reg te sien...

Nou beweeg ons van die voorblad na die middelblad waar prof. Jonathan Jansen, nog 'n kranige vegter teen rassisme, Afrikaner-identiteit en alles wat daarmee saamhang so gereeld vir ons preek. Vandag het hy dit oor Afrikaanse skole wat soveel orde en dissipline handhaaf.

Jansen gebruik sarkasme om oor die Hoërskool Kemptonpark uit te wei: "Teen dié tyd weet ek dat ek die verkeerde afdraai geneem het en in 'n vreemde land beland het. Toe dit my beurt is om die leerlingraad toe te spreek, oorweldig my emosies en my vreugde my. As elke Suid-Afrikaanse skool net 50% het van dít wat ek hier aanskou, word ons 'n wennernasie, dink ek."

Soos ons weet, is dissipline en orde op skool, leerlinge wat in rye staan, uniforms wat gedra word (Jansen kan die skool se uniforms nie veel nie), hoflikheid teenoor onderwysers, ens., ens. alles tekens van apartheidsbreinspoeling en 'n Nazistiese ingesteldheid!

Jansen en elkeen wat in Beeld skryf lees die verslag van die Waarheids- en versoeningskommissie, oftewel Biskop Toetoe se Lieg- en biegkommissie soos die Bybel. Wel, toegegee, Peet Kruger van Beeld sukkel om te besluit of Marx se Das Kapital of die WVK-verslag sy Bybel moet wees; nogtans lees hy albei geskrifte met toewyding en drink die inhoud met gretige teue in.

In die WVK-verslag staan daar mos geskryf dat, verwysende spesifiek na Afrikaners: "Outoritêres as 'n tipe toon ook 'n besondere patroon van sosiale houdings: etnosentrisme (of begunstiging van hul eie groep), vooroordeel teenoor buitegroeplede, anti-demokratiese sienings en 'n geneigdheid tot konserwatisme en fascistiese ideologie."

Lesers kan dit gaan naslaan in die WVK-verslag, band 5, op bl. 286.

Gelukkig skrik Jonathan Jansen in sy rubriek uit sy nagmerrie wakker waar hy 'n fascistiese, Nazistiese Afrikanerskool met 'n outoritêre, konserwatiewe kultuur ervaar het en word hy gelaaf deur die vryheid van 'n township-skool in Pretoria-Oos. Weliswaar ly die skool nog so effens aan die babelaas van die heerlike "16 Junie-opstande uit 1976 wat vanuit Soweto dwarsoor die land gespoel het. Daardie voorval was 'n keerpunt in die stryd teen apartheid en ons is baie dank verskuldig aan die destydse jeug vir die opofferings wat hulle gemaak het ter wille van alle Suid-Afrikaners se vryheid."

Janee, ons is almal dankbaar en elke jaar op 16 Junie kry ons lus om nog Joodse dokters soos dr. Melville Edelstein te gaan stenig. Terloops, Beeld het gister berig dat twee vroue in die Limpopo-provinsie so pas gestenig is. Sekerlik krul Peet Kruger en Jonathan Jansen se demokratiese tone om van lekkerkry om te weet dat die "gees van 1976" nog onder die burgers van die DRS (Demokratiese Republiek van Suid-Afrika), sustersrepubliek van die DRK (Demokratiese Republiek van die Kongo), vaardig is.

Boonop het Jonathan Jansen sy eerste jaar op universiteit gedruip omdat die apartheidsregiem hom gedwing het om in Afrikaans klas te loop. Kan jy nou meer.

Gelukkig dwing die ANC-regiem ons deesdae om in Engels klas te loop en kom almal deur, selfs diegene wat nie kan lees of skryf nie.

Baie van hulle word agterna koerantredakteurs en rubriekskrywers by Beeld, moet mens byvoeg.

Die enigste geheimsinnige element in vandag se Beeld is egter die opskrif op die voorblad: "Wie moet nog sterf?" Dit kan as 'n retoriese vraag gelees word, of as 'n dreigement.

Myns insiens is dit 'n dreigement. Ek dink wat Peet Kruger en sy ANC-propagandamasjien vir ons sê wil sê, is: dink soos ons, óf ons gaan julle in die naam van demokrasie en anti-rassisme "gelyk maak" met die res van die 300 000 wat reeds sedert 1994 gesterf het...

Dus neem hulle 'n blaadjie uit daardie vermaarde Afrika-demokraat, Charles Taylor van Liberië, se boek. Sy verkiesingslagspreuk was mos: "I killed your Pa, I killed you Ma, vote for me if you want peace."

Lees Beeld en stem ANC. In ons DRS wag 'n blink toekoms op jou!

boontoe