Vanmôre val ek
amper van my stoel voor my rekenaar af toe ek sien dat Beeld die reg
op lewe in 'n hoofartikel ondersteun. Sowaar!
Wie sou kon dink
dat dié propagandablad wat gewoonlik transformasie, die stryd teen
rassisme en veral die reg van die Xhosa-beheerde ANC om ons te
onderdruk propageer, hom oor menselewens sou kon kwel?
Is die idee van reg
op lewe nie 'n vorm van "regse" ideologie nie? Immers word
daar in revolusies heelwat mense doodgemaak en vir 'n progressiewe,
linkse en revolusionêre mondstuk soos Beeld behoort die reg op lewe
nie met die vooruitgang van die geskiedenis in te meng nie.
In elk geval, daar
staan dit swart op wit:"...lewe is tog nog die waardevolste grondwetlik beskermde reg."
Weliswaar
verteenwoordig die toevoeging van "tog nog" 'n taamlike
kwalifikasie (ander regte soos teregstellende aksie, gelykheid,
grondhervorming, ens. weeg darem steeds baie swaar by Beeld), maar
die koerant heg waarde aan menselewens.
Logika is egter nie
'n sterk punt by Beeld nie. Want die pleidooi dat "die regering
moet ingryp" om die haglike toestande in hospitale waar
menselewens in gevaar gestel word ontken dat dieselfde regering juis
vir sodanige toestande verantwoordelik is. Wolf is lankal reeds
skaapwagter gemaak.
Minagting vir
menselewens is 'n beginsel van die DSA (Demokratiese Republiek van
Suid-Afrika), net soos wat dit is van die DRK en die voormalige DDR
(Duitse Demokratiese Republiek) waar muurskieters oor die bevolking
waggehou het.
Die sosialistiese
of Afro-sosialistiese opvatting van demokrasie het min erg aan
menselewens.
Ek voel egter aan
my bas dat Beeld ná al dié negatiewe kommentaar op ons goddelike
regering binnekort 'n lang artikel of ten minste 'n hoofartikel aan
ons wonderlike grondwet gaan wy.
Die grondwet sal
jou lewe beskerm. Hou maar dop, die grondwetters van Beeld brand om
dit te sê.