Loodvergiftiging is
weer met ons as Beeld se humorlose poltieke rubriekskrywer my van
"naïewe goedgelowigheid" beskuldig oor ek 'n valse
persverklaring aangaande die vertoon van vlae op Potchefstroom geglo
het.
Die rede waarom die
fiktiewe persverklaring so oortuigend was, is omdat dit so naby aan
die werklikheid was. Weliswaar is Afrikanervlae nie op die
Potch-kampus verbied nie; dit word slegs "ontmoedig".
Die leier van die
ANC-jeugbeweging op die kampus, Jaghuide Heyman, vertoon blykbaar 'n
ANC-vlag oop en bloot in sy koshuisvenster. Nie lank gelede nie, het
die heer Heyman Beeld se briewekolom geheel en al oorheers met sy
politiek korrekte menings oor Suid-Afrikaanse vlae.
Oranje, wit en blou
gee glo aanstoot, terwyl groen, geel en swart aanvaarbaar is. 'n
Mens vermoed lankal dat Lood/Beeld en die geklike ANC-jeugbeweging
kop in een mus is as dit by die bevordering van die ANC-vlag kom!
Maar soos ek 'n
week of wat gelede op die internet geskryf het n.a.v. kwotas vir
rugbyspelers én -toeskouers: elke dag is 1 April in die nuwe
Suid-Afrika. Op die einste PUK het die ANC-gesinde raad van die
universiteit Afrikaans in sy vergaderings verbied, al is daar
tolkdienste beskikbaar. 'n Verbod op Afrikaans word
"meertaligheid" genoem, of so iets.
Nie dat
Gekkedaggrappe van ons universiteite af iets snaaks is nie: Maties
gee vir Bram Fischer 'n eredoktorsgraad en Tukkies weier om die pas
afgelope demokratiese studenteverkiesing te erken omdat blanke
studente nie vir swart kandidate gestem het nie. Terwyl swartes
natuurlik nie vir blanke kandidate hoef te stem nie.
Hulle sê as jy mal
voel in 'n malhuis, is jy dalk die enigste persoon wat nog al jou
varkies het. Vir Lood is alles natuurlik heel normaal, hetsy op die
rugbyveld, hetsy op die kampus. Solank as wat Lood sy medikasie
gereeld neem en dit roerend eens is met Jaghuide Heyman, is alles
dooddollies.
Dan Roodt