|
Lees
Beeld, die koerant vir die kruipende
geslag! Welkom
by Uit-Beeld, ons bewonderaarsklub vir diegene wat soms die grootste
Afrikaanse dagblad in die Transvaal, pardon, Gauteng, Mpumalanga,
Limpopo en Noordwes, te lese kry. Dan
Roodt aan Peet Kruger, 23 Augustus 2005
Beste
Peet Kruger,
Baie
geluk met vanmôre se hoofartikel waarin "onderbenutte
kundiges" moet help bou aan die nuwe Suid-Afrika. Ek sou egter
bietjie verder gaan en aanbied dat:
1)
sulke onderbenutte kundiges wat reeds uit diens gestel is of weens
hul genetika/ras nie werk kan kry nie, bereid sou wees om teen
verminderde besoldiging te werk;
2)
sulke oortollige kundige burgers bereid sou wees om hul meerderes as
"baas" aan te spreek.
Ja,
baas!
Noudat
ek daaraan dink, het Rapport mos 'n slagspreuk "Ons praat jou
taal" wat iewers onder die mashoof gedruk word. Beeld, die
koerant wat altyd oor 'n positiewe boodskap vir die volk beskik en
hom immer verheug oor alles wat die regerende party vir ons of aan
ons doen, behoort genoemde slagspreuk "Ja, baas!" onder
die mashoof te skryf.
Dit
kan net bydra tot beter gesindhede in die nuwe Suid-Afrika. Dit sal
ook die gemiddelde oortollige, kundige en tans werklose burger in
staat stel om beter aan te pas in ons opwindende nuwe omgewing met
sy héérlike uitdagings.
Groete,
Druk artikel
23/08/2005 02:29 - (SA)
E-pos storie aan 'n vriend
Kundigheid
Die Afrikaanse gemeenskap moet werk maak van 'n aanbod wat van sy
leiers aan die ANC gedoen het om 'n register saam te stel van
werklose of onderbenutte kundiges wat kan help om kritieke poste te
vul wat leeg is weens 'n vaardigheidstekort.
En die ANC kan gerus dié gemeenskap
se goeie trou aanvaar dat sy mense wil help bou aan 'n nierassige
samelewing waarin die toekoms vir almal beter kan wees.
In die proses moenie net afgetredenes
met kundigheid en ervaring betrek word nie. Sleutelsektore kan wyer
oopgestel word sodat jonger mense wat nie vir regstellende aksie
kwalifiseer nie, ook aansoek kan doen om poste wat noodsaaklik vir
goeie dienslewering is, maar wat nog nie met die nodige kundigheid
en ervaring gevul kan word nie.
Daar is baie Suid-Afrikaners wat uit
diens gestel is, maar wat wil bou aan die nuwe Suid-Afrika en kennis
en ervaring het wat aangewend én oorgedra kan word.
boontoe
|