wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

Het u 'n brief aan Rapport gerig wat nie geplaas is nie? Stuur dit aan inlig@praag.org en ons plaas dit hier.

Jan Coetzee, 08/02/2002:  ANC se kant van terreur

(Brief oorspronklik gerig aan Rapport op 30 September 2001.)

 
Na aanleiding van "Historikus, Durbanville" se skrywe, "Wys ook ANC se kant van terreur" in Rapport van 30 September 2001, kan ek nie nalaat om die lesers daarop te wys, dat ons in Suid-Afrika ook ons "World Trade Centres" in die kleine beleef het nie.  In dié verband noem ek 'n paar terreuraanvalle in die tagtigerjare net om die geheue te verfris nl.:
 
Voortrekkerhoogte
Sasol
Magoo's Bar, Durban
Motorbom, Witbank
Motorbom, Kerstraat, Pretoria
Motorbom, Krugersdorpse Landdroshof
Motorbom, Johannesburgse Landdroshof
Motorbom, Drilsaal, Johannesburg
Motorbom, Ellispark Sportstadion
Kleefmynontploffing in 'n vullishouer, geplaas voor Standardbank in Van Wykstraat, Roodepoort.
Afmaai van kerkgangers tydens 'n erediens in die Oos-Kaap.
Opblaas van vroue en kinders deur middel van landmyne in die Noord- en Oos-Transvaal.
 
In die ontploffing by Ellispark is daar gassilinders bo-op die demolisieladings geplaas ten einde die brand te verhoog.  Die foto's van die lyke in hierdie voorval toon duidelik watse effek die gassilinders gehad het.  In Van Wykstraat, Roodepoort, is een van die vroue-slagoffers se ledemate bo van 'n verkeersligpaal verwyder.  In al bostaande terreurvoorvalle is daar sonder huiwering amnestie deur die Waarheids- en Versoeningskommissie aan die betrokkenes verleen, op grond daarvan dat hulle dan Vryheidsvegters was wat teen apartheid geveg het.  die aansoeke om amnestie vir die sewe-en-dertig ANC-hooggeplaastes, wat deur die hof tersyde gestel is, is duidelik onder die tafel ingevee.
 
Volgens 'n berig in Rapport het Helène Pastoors sommer deur die pos amnestie ontvang vir haar aandeel aan die Kerkstraatbom, sonder dat sy haar en Klaas de Jonge se plasing van ANC-wapenstapelpunte in die R.S.A. hoef te ontbloot het.  In teenstelling met bostaande feite, is aansoeke om amnestie aan somminge lede van die Veiligheidsmagte, wat voor die W.V.K. getuig het, geweier, en teen ander is verdeelde uitspraak gelewer, op grond daarvan dat die geweld wat deur sommige lede gebruis is buitensporig was in verhouding met die doel wat bereik wou word.  Die verdeelde uitsprake spruit voort uit twee van die Voorsittende Beamptes wat teen amnestie beslis het en die derde beampte daarvoor, op grond daarvan dat die aansoekers aan die wetlike vereistes voldoen het.  En om die kersie op die koek te plaas, verklaar mnr. Wentzel Potgieter van die W.V.K. aan Ruda Landman op Carte Blanche ('n TV-program) dat die kommissie 'n "groot sukses" was omrede nie een van die seweduisend aansoekers om amnestie gekla het dat hulle nie billik deur die W.V.K. behandel is nie.  Verder laat ek dit oor aan die lesers om hul eie gevolgtrekkings te maak.

Jan Coetzee

Posbus 385, Ramsgate

4285

boontoe