wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

Het u 'n brief aan Rapport gerig wat nie geplaas is nie? Stuur dit aan inlig@praag.org en ons plaas dit hier.

Dan Roodt, 13/11/2005:  Totale verbod op "kaffer" totalitêr

Mathatha Tsedu se ontsteltenis in Die k-woord blý beledigend en diskriminerend oor die gebruik van die woord "kaffer" deur 'n werknemer van Ou Mutual is moeilik om te begryp. Dié term het Suid-Afrika via die Arabies "kafir" bereik, wat "heiden" of "ongelowige" beteken.

Oor die algemeen is daar groot waardering vir die Moslem-kultuur onder swart nasionaliste, in die VSA en elders. Deur president Mbeki se toedoen gaan die manuskripte van Timboektoe, wat meesal in Arabies geskryf is, bewaar word. Is daardie manuskripte eers vir die woord "kafir" gefynkam?

Onlangs was daar 'n blitsverkoperboek met die titel "Capitalist nigger". Die swart rubriekskrywer John Matshikiza het voorgestel dat dit in Suid-Afrika "korporatiewe kaffer" behoort te heet, 'n begrip wat die vele bemagtigde swartmense in hul duur motors en ontwerpersklere sou saamvat.

Ons is veronderstel om in 'n demokrasie met vryheid van spraak te woon. Die Arabiese leenwoord "kaffer" wat so eie aan Afrikaans is soos "biltong" en "boerewors", is besig om 'n taalkundige verskuiwing te ondergaan. Terwyl dit voorheen deur konserwatiewes gebruik is, het dit 'n liberale gonswoord geword wat juis toegepas word op die heersersklas met hul spandabele leefwyse, magsmisbruik en betrokkenheid by skandale waaroor elke dag in die pers berig word. As sodanig raak dit aantreklik vir skrywers, veral diegene wat tot satire geneig is.

Tsedu self het jare gelede 'n satiriese kortverhaal "Forced landing" gepubliseer; daarom behoort hy die behoeftes van satirici te verstaan. Die spreekwoord lui, "die hoogste bome vang die meeste wind". Die feit dat die swart elite so magtig, ryk en suksesvol is, veroorsaak dat hulle ook die meeste kritiek en spot moet verduur.

Onder die vorige bedeling het die destydse Publikasieraad 'n bekroonde roman van Etienne Leroux verbied omdat dit die sin "die kaffer in die swembad" bevat. Tsedu wil tog nie hê ons moet terugkeer na apartheidsensuur nie?

Natuurlik moet elke uitspraak binne konteks beoordeel word. Maar om 'n totale verbod op die woord "kaffer" te plaas, sou op totalitêre inmenging in spraakvryheid, veral vir skrywers, neerkom.

boontoe