wie is ons?

nuus!

sluit aan by praag!

donasies

roodt-geskrifte aanlyn

afrikanerforum

boekwinkel 

chronologie

menings

rubrieke

opstelle

resensies

poësie

satire

mediaverklarings

aksies

skrywers

abba

skakels

briewe

uit-BEELD

uit-RAPPORT

out-STAR

KRYT

tuis

Het u 'n brief aan Rapport gerig wat nie geplaas is nie? Stuur dit aan inlig@praag.org en ons plaas dit hier.

Prof. Kas Landman, 17/01/2001: Willie Esterhuyse se totale onbegrip van demokrasie

Dit is selde dat 'n mens 'n koerantartikel vind waarin 'n totale onbegrip
van demokrasie deur foefies, fiksies en vooroordele so demontreer word soos
in Willie Esterhuyse se "Nederlanders raak skepties oor
Suid-Afrika"(Rapport, 14 Januarie 2001): foefies soos versoenig, vooroordele
teen bepaalde regte en fiksies soos stamlande.  In die internasionele
staatkunde is dit 'n aksioma dat lande en state nie familie en vriende het
nie maar net belange.

As iemand wat voorgee om op die hoogte te wees met die die Nederlandse
politieke en ekonomiese denke, behoort Willie Esterhuyse te weet dat
Nederland al lankal die sogenaamde Afrika-demokrate soos Mugabe, Mobuto,
Kabila, ens. afgeskryf het maar dat die Nederlanders baie nou betrokke is by
die gebeure in plekke soos Kosovo, Serwië, Bosnië, ens. waar dit juis gaan
om regte van individue en groepe. Die Nederlanders het hulle nie net in die
apartheidstyd nie maar al sedert die vroegste tye met verontregtes en
onderdruktes vereenselwig.  So het Nederlanders met die eerste vryheidstryd
van die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR) teen die Britse Ryk met die
Nederland Zuid-Afrikaanse Vereniging (NZAV) in 1881 begin. Hierdie
vereniging is tot vandag toe nog aktief betrokke in Suid-Afrika, veral met
studente-uitwisseling en studiebeurse.

Willie Esterhuyse behoort ook te weet dat die Nederlandse regering sedert
die vroegste tye, anders as die eenpartydiktature  en skyndemokrasieë van
Afrika, nog altyd koalisieregerings gehad het - soos dit egte en ware
demokrasieë betaam.  Daarenteen het Afrika en Suid-Afrika inkluis, nog nooit
'n Franse revolusie, 'n Aufklärung, 'n renaissance, 'n industriële revolusie
en 'n Napoleon (kodifisering van die reg, staatsadminstrasie, privaatbesit,
ens.) beleef nie.   'n Mens kry die indruk dat Esterhuyse dink dat die
voortsetting (én renaissance) van die Afrika-feodale stelsel van kommunale
grondbesit en landhere (kapteins, konings, taxi-, sjebeen-,  sindikaatbase
en ander dergelikes) in 'n (Engelse) nasiestaat op die (Engelse)
imperialistiese model gepaard met 'n eenpartydiktatuur 'n demokrasie is.
Allermins.

In die lig hiervan is Willie Esterhuyse die laaste persoon wat 'n mens na
die Dietse lande sou wou stuur met die opdrag om 'n meningspeiling te gaan
doen oor hoe hulle (wie die hulle ookal mag wees) voel oor "die 'taalstryd'
en minderheidsbelange (sic)" in Suid-Afrika.  Eerstens sal 'n mens kan
aanvaar dat sy informante in Nederland familie en vriende in Nederland sal
wees wat waarskynlik sy werklikheidsoordeel sal reflekteer en tweedens dat
sy verslag soos "Nederlanders raak skepties oor Suid-Afrika" gekenmerk sal
word deur subjektiewe oordele en wille bewerings.

Kas Landman

boontoe