PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) is 'n nie-partypolitieke beweging wat veg vir die voortbestaan van Afrikaans en die Afrikaner in Suid-Afrika.
Die stryd geskied veral op die volgende gebiede:
1. Taalhandhawing:
Deur taalaksies, publikasies en openbare debat word Afrikaans gehandhaaf en bevorder.
2. Ideologie en kommunikasie
Moderne kommunikasietegnologie en media is besig om die wêreld en die aard van politiek te verander. Die Afrikaner se oorheersing deur ander groepe in Suid-Afrika geskied ook nie openlik militêr nie, maar word deur middel van ideologie, propaganda, die aanblaas van skuldgevoelens en beheer oor die staatsmedia (SAUK), asook skoolleerplanne, ens. toegepas. Daarom is PRAAG aktief in die afbreek van die heersende staatsideologie met sy verguising van die Afrikaanse taal, kultuur, tradisie en geskiedenis. Ons hou ons besig met die skep van 'n nuwe ideologie wat tot ons bevryding sal lei.
3. Gekoördineerde optrede teen geweldsmisdaad
PRAAG is uiters besorg oor die graad van geweldsmisdaad in die land wat besig is om 'n etniese/rasse-aard aan te neem. In samewerking met ander Afrikaanse organisasies is ons aktief besig om gekoördineerde optrede daarteen te organiseer. Ons is ten gunste van 'n landwye netwerk van buurtwagte, plaaswagte en selfs 'n vorm van diensplig sodat ons gemeenskap teen tierende geweldsmisdaad beskerm kan word.
4. Afrikanereenheid
PRAAG is reeds geruime tyd besig met inisiatiewe om bestaande Afrikaanse organisasies in een beweging saam te snoer ten einde gekoördineerd teen geweldsmisdaad, naamsveranderings, taaldiskriminasie en verval in infrastruktuur te kan optree.
Die tyd is nou ryp vir 'n oorkoepelende Afrikanerraad wat namens die Afrikaner kan praat en 'n veilige toekoms vir ons kan beding. Intussen verseker PRAAG dat die stryd op voetsoolvlak voortgesit word.
Raak betrokke en sluit aan!



Wie is ons?